Troeteldiere kan soms…..

November 26, 2013 in Uncategorized

eienaardige vorms aanneem! Ek het juis so ‘n paar vreemde siele op my troetellysie.Dit val natuurlik nie in almal se smaak nie en sommige mense gooi maar ‘n wye draai om hierdie “gunstelinge”!

370

Ek is mal oor streepmuisies.

IMG_6311a

Spinnekoppe is van my gunsteling troetelspesies.Ek het al hierdie een geplaas,maar dis vir die wat dit nie gesien het nie.Lieflike reenspinnekop woonagtig in my agterplaas.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dan is daar die meer aanvaarbare troeteldiere,wat diep onder mens se vel inkruip!

_MG_4645

Dexter,my kinders se Airedaleterrier

_MG_2979

Carma,my seun se Bokser

_MG_2993

Vasco,lyk altyd of die honde sy kos afgevat het!

25 antwoorde op Troeteldiere kan soms…..

  1. tina10 het gesê op November 26, 2013

    Sjoe maar dis pragtige foto’s! Sug… eendag gaan myne ook so lyk!

  2. vega het gesê op November 26, 2013

    Vrek nee, ek en daai spinnekoppe is nie maats nie. Ons kry hulle altyd in my sus se vakansiehuis as ons daar aankom en Wyseman moet hulle maar vang en uit die huis uit vat. Maar hulle spring!

  3. Ek hou net so baie van reenspinnekoppe! Maar ek is bevrees streepmuisies word hier sommer al gevang by geboorte 😉

  4. Dirkie het gesê op November 27, 2013

    Ek hou baie van die honde en hulle name..te pragtig. Dankbaar tussen my en die streepmuise en spinnekop is daar ‘n rekenaarskerm.. gun elke diertjie sy plesiertjie.

  5. Spinnekoppe is goed vir die ekologie, maar ek slaap nie saam met hom in die bed nie. Hierdie tyd van die jaar kom hulle graag binne, sal hulle nooit doodmaak nie want hulle eet die muskiete.
    Lief die honde.
    Daar is net een ding wat ek nooit sal aanhou as troeteldier nie en dis ‘n rot. Ek het ‘n ingeboude grillerigheid.

  6. Godiva het gesê op November 27, 2013

    Awww..daardie muise is te dierbaar.
    Die honde fotos is pragtig, alhoewel ek moet sê ek is banger vir daardie groot boele as vir die spinnekop..en dit wil gedoen wees! 🙂

  7. lora2me het gesê op November 27, 2013

    ‘n Tuin en huis vol verrassings. Ek is maar bly die spinnie is in die tuin. Is daardie muise nou nie te pragtig nie. Die manier waarop ‘n bokserhond sy gesiggie trek en sy uitdrukkings laat my altyd aan ‘n seuntjie dink. Dis asof hy net wag vir iets om te gebeur terwyl hy so halfverveeld op sy “arms” lê. Hulle kort nog net die sproete oor die neus.

  8. Mal oor die muisies, te kostelik!

    Maar ek hou die meeste van julle honde! Daardie gesiggies is so oulik!

  9. Mooi foto’s. Ek hou van die boksergevreetjies!

  10. maryna het gesê op Desember 1, 2013

    Die streepmuisies is pragtig! Ek het self ‘n vet klein kalant wat die suikerbekkies en sonvoëltjies se suikerwater steel. ‘n Regte klein sirkus-akrobaat. Die foto van Dexter is my absolute gunsteling van hierdie hele uitdaging. @perdebytjie

  11. Glad nie vriende met muise en spinnekoppe nie. Ek vat die pad en hardloop dat jy net stof sien! Maar ek is mal oor jou honde. Pragtige karaktervolle gesigte! En mooi fotos

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.