My oudste en nuutste speelding

November 21, 2013 in Uncategorized

Herman Beertjie is een van my paar kosbaarste besittings en hy word vandag nog soos ‘n kleinnood opgepas! Soos ek reeds in my vorige pos genoem het,het ek ‘n Nederlandse ouma gehad,wat ek nooit ontmoet het nie.Sy het hierdie beertjie as ‘n geskenk gestuur toe ek gebore is.Saam met ‘n gegrafeerde mes,vurk en lepelstelletjie, is dit die enigste geskenke wat ek ooit van haar ontvang het.

Die knapie lyk effens motgevreet,maar is verder in ‘n redelike goeie toestand.Die kleertjies wat hy aanhet,het ek in standerd drie gebrei,toe skoolkinders nog geleer is om handwerk te doen.Ek onthou nog hoe die juffrou baie keer al die harde werk van die breipenne afgepluk het en ek weer van vooraf moes begin!Dit was maar nodig,want ek het so baie steke laat val,dat die ding soos ‘n sif gelyk het.Daardie tyd het ek lang trane gehuil,maar vandag is ek nie spyt dat ons geleer is om met net die beste tevrede te wees nie.Nodeloos om te sê,tot vandag toe haat ek dit om te brei..nou ja,dis ‘n ander storie daai!

Ons bure se dogters het ook beertjies gehad en een van hulle s’n se naam was Herman.Kinders volg mekaar altyd na,dis hoekom Herman Beertjie vandag nog Herman Beertjie is,al haat ek die naam.Ek hoop nie ek vat nou iemand in die gesig nie!

IMG_0549a

Herman Beertjie,’n volle sestig jaar oud!

 

 

 

 

 

 

 

My nuutste speelding is………taraaaaa!………..tromme…….verspotte ouma!!

IMG_0516

Vandag elf wekies oud

IMG_0474

Begin nou mens word!

 

28 antwoorde op My oudste en nuutste speelding

  1. Ek het ook nog my teddiebeer. Julle kleinding is ‘n pragtige kind! Sjoe!

  2. tina10 het gesê op November 21, 2013

    Ag kyk net ! Altwee die speelgoed is te pragtig.
    Vir ‘n 11wekeis Ouma is jy al te pragtig

  3. En (skuus Lou! Waar is jy en Therina tog) vir so ´n huiwerige ouma, aanvanklik, klink dit asof jy nou baie in jou skik is.

  4. Jinne, skattige beertjie en meer skattige kleinkind! Te pragtig!

    Ek sal so bekkie mos opsoen!

  5. vega het gesê op November 21, 2013

    Dit is ‘n pragtige babatjie, sjoe. En cute verby!

  6. Twaksak het gesê op November 22, 2013

    Mooi. Hermann Poerieng en Cuticle…

  7. Hoe ouer ‘n mens word hoe meer waarde kry die goed.
    En dis ‘n pragtige baba daardie!

  8. lora2me het gesê op November 22, 2013

    Daardie beertjie lyk beter as die meeste mense na 60 jaar se “verbruik”. Wat ‘n pragtige kleinkind het jy nie daar nie! Sjoe, jy is geseënd.

  9. Herman Beertjie dra Bloomers!

    🙂

  10. Ek ken van, ek het op n jong ouderdom die Onse Vader met kruissteek uitgewerk, my ma het alles uitgetrek – al my steke aan die agterkant moes in dieselfde rigting le. Voor en agter moes ewe oordentlik wees. Ek hou ook so van my ou speelgoed, ai sooooo sentimenteel.
    Kleinkind is OPVREETBAAR

  11. Dirkie het gesê op November 22, 2013

    Daai breiwerk lyk vir my wonderlik..ek regs en aweregs nou eers op 60!! Ouma Perdebytjie mag jy elke oomblik geniet. Ek ruik amper die poeier reukie…

  12. @perdebytjie Jou nuutste speeding oortref die oue by verre! Dit is dié pragtigste ou gevreetjie – ek sal hom mos steel!!!

  13. Die speelding vir die nuwe baba?

  14. Elk het ook nog my teddy wat net so lyk. Helaas het ek hom baie bespeel, en hoewel hy gehawend was, was hy nog heel tot jaloerse worshond hom beknibbel het so 2 jaar gelede.
    Bambino is aller ouliks en regtig ‘n mooie ou dingetjie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.