Groot Droogte

Augustus 19, 2013 in Uncategorized

Uiteindelik is ek terug op die virtuele plein!Ek lei aan totale breinverswakking,onttrekkingssimptome,polskouende neigings en alle soorte disfunksies wat saamgaan met ‘n gebrek aan internet.Drie weke,ja ‘n volle drie weke,was ons sonder telefoon en internet!Die oorsaak…reggerraai..regstellende koperdraad inkopies!

Ek gaan niks verder hieroor sê nie,behalwe dat ek skielik besef het ek is net so verknog aan my virtuele vriende en al die boggies waarmee die mens met sy gekonnekteerdheid homself vasgeknoop het.Ek beskou myself nie as erg nie,maar ‘n groot stukkie FOMO (Fear Of Missing Out) het na twee weke skielik ingeskop en my gesondheid ‘n virtuele knou gegee.

Nouja,ek is terug en het nou baie opvangwerk!

23 antwoorde op Groot Droogte

  1. *grin*

    Welkom terug!

  2. @kompethenry Ek het regtig jou kort,kragtige kommentare gemis hoor!

  3. Ah lekker om jou weer te sien!

    Ja ek sterf ook tien dode as ons van lyn af is!

    Lekker lees en opvang!

  4. WELKOM TERUG!!!!!!!!

    Ek het verseker ook FOMO

  5. @cbl1979 Aan die eenkant het dit my goed gedoen en het ek bietjie meer tyd gehad vir ander lekker dinge.

  6. @ek-myself FOMO is ‘n slegte moderne virtuele virus!

  7. Het gewonder waarmee jy besig is en toe is dit al die tyd met FOMO.
    Bly jy’s terug!

  8. tina10 het gesê op Augustus 19, 2013

    Aha … ek het juis die naweek gewonder waar jy is. Ek lees jou altyd baie graag

  9. Ag dis lekker om jou te sien! Het gedink julle is dalk weer land-uit.

  10. Twaksak het gesê op Augustus 19, 2013

    Hehe. Hallo daar!

  11. maryna het gesê op Augustus 19, 2013

    Regstellende koperdraad inkopies…:lol: dalk shoplifting? Bly jy is terug, soos jy kan sien het almal verlang! @perdebytjie

  12. vega het gesê op Augustus 20, 2013

    Sjoe amper gedog jy’t verskuif 🙂

  13. @monicahaddad Mens raak regtig verknog aan die mense hier

  14. @vega Dit sal ‘n span osse kos om my te verskuif!

  15. @avega Dit sal ‘n span osse kos om my te skuif!

  16. @marynam Dis altyd lekker om te hoor iemand het jou gemis..hehe!

  17. @frandr Darem nog hier.Dankie vir die inloer!

  18. @twaksak Bly om jou te sien!

  19. @tina10 Ek het jou lekker grapfoto’s baie gemis!

  20. Ek kry ook swaar sonder my internet en rekenaar!

  21. @losbek Dis skrikwekkend hoe verslaaf mens daaraan raak!

  22. Daarshy bly jy is terug

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.