Perdeby is die bliksem in!

Mei 23, 2013 in Uncategorized

Manlief bel my gisteraand laat van Dullstroom af,waar hy en ‘n kollega sou oornag.Gisteroggend het hulle ‘n myn in Rustenburg besoek en vandag sou hulle na nog twee ander myne gaan.Hulle het blykbaar iewers aandete geëet en toe hulle by die motor terugkom,is manlief se tas gesteel!

Daar is nie ingebreek nie. Nee,hulle was slagoffers van die skelm truuk wat nou al ‘n ruk lank ingespan word.Jy dink jy sluit jou motor,maar ta staan op ‘n afstand en de-aktiveer jou sluitsisteem met ‘n ander elektroniese aktiveerder..sommer net ‘n doodgewone hek- of garagedeuroopmaker! Dan maak ta die motor oop en verkas liefies waarmee hy wil!

Ek het self manlief se tas gepak (doen dit nie gewoonlik nie,hoor..maar hy was effe laat).Die verlies..twee splinternuwe onderbroeke,twee pragtige strepieshemde,sy toiletsakkie met alles in,denimbroek en kouse,sy Kindle en ergste..sy I-pad waarvoor hy so lank gespaar het!

Die aakligste is dat een of ander BLIXXXEMMM nou toegang het tot sy persoonlike foto’s,e-pos en alles wat mens op ‘n I-Pad het.Vandag moes manlief natuurlik ook met gister se klere en ongeborselde tande sy kliënte gaan sien!

Verskoon dat Perdeby so vloek,maar ek hoop die dr&& kry ‘n M@#%se kramp iewers!!

17 antwoorde op Perdeby is die bliksem in!

  1. tina10 het gesê op Mei 23, 2013

    Ag nee dis slegter as sleg!!!!!! Ek kyk in die laaste keer twee keer om en sluit dan weer en weer.

  2. ek-myself het gesê op Mei 23, 2013

    Dis nou om van behoorlik de *&^%$#@! in te wees….

  3. Bruggie het gesê op Mei 23, 2013

    Jammer oor julle onnodige verlies. Terloops, betaal verskering uit as daar nie gebreekte glas is nie ?

  4. monicahaddad het gesê op Mei 23, 2013

    Wel as genoeg van ons so wens is dit wat gaan gebeur 😉

    ekwensekwens…………………….

  5. vega het gesê op Mei 23, 2013

    Ai dis aaklig!!! As sy i-pad ‘n password het, sal hulle sy persoonlike inligting kan oopmaak?

    • perdebytjie het gesê op Mei 24, 2013

      @vega Jong ek weet nie,maar ons het al sy inligting laat blok.Dis ‘n moeilike storie,maar gelukkig kon my skoonseun dit doen,want rekenaars is sy werk.

  6. Hierdie is ‘n aaklige nuwe ding wat nou ingespan word!
    Ek sou ook in tale spreek as ek in jou skoene was

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.