Besondere ervaring

Mei 15, 2013 in Uncategorized

Ek het vir twee weke van die radarskerms af verdwyn.Die rede hiervoor,was ‘n skielike besoek aan my dogter in Moskou.Dit was ‘n wonderlike ervaring en baie van my persepsies oor die “agterlike Russe” het in die stof gebyt!Ek het groot geword in die tyd van Kommunisme en Rooi Gevaar en nooit gedink dat ek my voete op daardie einste Rooiplein sou sit,waar Stalin op 1Mei jaarliks,met aansienlike fanfare die magtige Russiese weermag ten toon gestel het nie!

Nog meer ironies,is dat ek toevallig op 1Mei daar was en dat die eintlike feesvieringe op 9Mei plaasgevind het en bekend staan as Oorwinningsdag.Ek het ook langs die straat gestaan en die verbyvlug van besondere vliegtuie en die parade van magtige wapentuig  gadegeslaan!Ek het soveel gemengde gevoelens gehad en was weereens verstom hoe vining die geskiedenis kan verander.

Drie-en-twintig jaar gelede het Kommunisme geval en die ontwaking van ‘n moderne Russiese staat is oral sigbaar.In my volgende blogs sal ek bietjie meer vertel en foto’s plaas.

25 antwoorde op Besondere ervaring

  1. jade het gesê op Mei 15, 2013

    I am green with envy!!!! Glad you enjoyed it.

  2. tina10 het gesê op Mei 15, 2013

    Ek het nogal gewonder wat van jou geword het. WElkom terug. Kan nie wag vir al jou vertellings nie

  3. monicahaddad het gesê op Mei 15, 2013

    Wat ‘n heerlike ervaring!

  4. ek-myself het gesê op Mei 15, 2013

    Sjoe jy beweeg behoorlik vinnig ons het nog nie eers foto’s van die toue nie en was jy alweer “oor die water”

  5. ek-myself het gesê op Mei 15, 2013

    Sorry sorry sorry!!! Ek het vergeet jy het reeds foto’s van die stunning troue en die pienk kouse geplaas!!! Hiehie, kan sien die dag moet nou einde kry!

  6. Sien sommer baie uit na jou volgende vertellings en foto’s.

  7. Ek hoop daar is baie, baie foto´s. Die ongeluk van sulke dinge is dat die tyd vinniger as normaal vlieg en mens het skaars aangeland, dan is die tyd om.

  8. Wat ‘n ervaring! Lucky fish!

  9. vega het gesê op Mei 15, 2013

    Wonderlik! Kon jy bietjie reis? Ons het ‘n vriend wat in Moskou bly, Alexander Zaichenko, wil SO GRAAG gaan kuier. Maar dan moet mens St Petersburg toe gaan. Vriende van ons het dit per boot gedoen, blykbaar fantasties.

    • perdebytjie het gesê op Mei 16, 2013

      @vega ja,ons was st Petersburg toe ook,met ‘n sneltrein wat 200kmpu ry.Ons het nie genoeg tyd en natuurlik geld gehad om in die rivier soontoe te vaar nie.Dis ‘n pragtige stad en ons het die hele plek te voet deurkruis!

  10. celia het gesê op Mei 15, 2013

    Ek is net so jaloers, dit moes fantasties gewees het, ek is so bly jy het die geleentheid gekry!

  11. klink na wonderlike ervaring. ek is uit my diepte as ek nie die mense om my verstaan nie

  12. klink na ‘n lekker wegbreek!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.