Wonderlike naweek
April 15, 2013 in Uncategorized
Uiteindelik het die groot dag toe Saterdag aangebreek!
Ek het vroegoggend vir Bruidjie by die haarkapper gaan aflaai en manlief moes worstel met sy tante en niggie wat van Bloemfontein af gekom het…hulle geneem vir ontbyt en heeltyd geselskap gehou.Ek het my totaal onttrek van alle familieverpligtinge en net op Bruidjie gekonsentreer.Dit was ons oggend en ons ander meisiekind wat amper twee jaar in Moskou woon,was ook hier.Saam is ons drie toe in ‘n helse storm hier uit Benoni,Pretoria toe.Bruidjie se senuwees was klaar,want sy het juis ‘n Apriltroue gereel om in ‘n pragtige tuin te trou.
Dit het mooipraat en paai gekos om haar te kalmeer en positief te hou…twakstories van geseënde huwelike wat in kwaai reën plaasvind het haar nie juis laat beter voel nie! Aangekom by haar mooi tuin,was die weer darem minder dreigend,maar dik wolke het bly saampak.Teen twaalfuur moes ons besluit of dit binne of buite moet wees en BUITE het die oorhand gekry,na vele foonoproepe tussen Bruidjie en aanstaande manlief en nare ou skoonma (dis nou ekke) se onwelkome raad om dit maar binne te hou.
Dit was die regte roep,want teen vieruur was dit pragtig oopgetrek en onder lieflike blou lug en met die son wat deur die herfsblare loer,kon die seremonie begin.Bokant ons koppe het duiwe gekoer en daar was selfs wilde parkiete in die blaredak,wat saam gekwetter het om die atmosfeer verder besonders te maak.
Ek en manlief het ons meisiekind weerskante ingehaak en saam die paadjie afgestap en haar aan ons nuwe seun oorhandig.Die oumas en ouer tantes het blykbaar tissues volgehuil,omdat dit so aandoenlik was.Ek moes self konsentreer om nie in trane uit te bars nie!Wat dit verder besonders gemaak het,is dat ‘n vriendin van Bruidjie die seremonie waargeneem het.Dit was nou werklik besonders om na hierdie mooi jong dame se pragtige boodskap te luister!
Die onthaal,die kos,die blomme,die geselskap…alles was net perfek.Ons kinders het dit ontsettend geniet en ek het ‘n pragtige seun bygekry.Ek wens net seun se ouers kon hierdie wonderlike dag saam met ons beleef en sien hoe gelukkig hul pragkind was!
exionperfexi het gesê op April 15, 2013
ek kan baie bloggers saam hoor handeklap . baie geluk ! 🙂
perdebytjie het gesê op April 15, 2013
@exionperfeksie-Dankie dit was ‘n besonderse belewenis!
danie coetzee het gesê op April 15, 2013
@perdebytjie Van die kant af baie harde applous, soos exion sê. Baie bly dat alles so goed afgeloop het en baie geluk met die skoonseun. Nou kort ons nog net die foto’s.
perdebytjie het gesê op April 16, 2013
@daniec-Baie dankie!Die foto’s kom!
Twakkies het gesê op April 16, 2013
Klink pragtig!
tina10 het gesê op April 16, 2013
Baie geluk Ek is bly alles het goed en mooi afgeloop
*fluister* nie ‘n woordjie van die haartjies laat my aanneem dat jy ook pragtig gelyk het
perdebytjie het gesê op April 16, 2013
@tina10-Ek het nie ‘n enkele warmgloed gekry nie en die haartjies het toe mooi op hul plekke gebly!
vega het gesê op April 16, 2013
Sjoe ek is bly die weer het saamgespeel. Die lug is altyd so helderskoon en mooi na ‘n donderstorm. Het aan julle gedink Saterdag en is bly alles was perfek.
perdebytjie het gesê op April 16, 2013
@vega-Dankie dat jy aan ons gedink het!
blikskottel het gesê op April 16, 2013
Wys asb die fotos en baie baie BAIE geluk.
perdebytjie het gesê op April 16, 2013
@blikskottel-Baie dankie..die foto’s kom!
Net Ek @ cbl1979 het gesê op April 16, 2013
Baie geluk! Dit klink of dit wonderlik was!
Ek kan nie wag om die foto’s te sien nie!
perdebytjie het gesê op April 16, 2013
@cbl1979-Baie dankie.Ek sal foto’s plaas,maar soos ek vir monica getik het,ek het vergeet om haar af te neem in haar rok!Kan mens dit oorvertel?
monicahaddad het gesê op April 16, 2013
Dis lekker as dinge so mooi uitwerk, bly saam met jou. Nou sal jy moet vir ons foto’s opsit, jy kan ons nie net lus maak nie nê
perdebytjie het gesê op April 16, 2013
@monicahaddad-Jy sal nie glo nie,ek het foto’s geneem van die rok,skoene,juwele,grimeerproses,vriendinne wat strooimeisies was,maar nie ‘n enkele foto van haar met die rok aan nie!Julle sal maar moet wag vir die fotograaf se foto’s!Ek was redelik deur die mis.
rosiemetdorings het gesê op April 16, 2013
Baie geluk.
Kan sommer hoor alles het goed afgeloop.
Wonder ek nou waar hoekom sy ouers nie teenwoordig was (kon wees)
perdebytjie het gesê op April 16, 2013
@rosiemetdorings-Sy pa is oorlede in ‘n motorongeluk toe hy sewe jaar oud was.Sy ma is oorlede aan kanker toe hy in sy eerste jaar was.Die arme kind het baie swaar gekry,maar nou gaan ons probeer om vir hom soos ouers te wees.
Zeppie - @zephur het gesê op April 16, 2013
Wonderlik…Geluk
Jip ons soek bietjie fotos
perdebytjie het gesê op April 17, 2013
@zephur-Jip die foto’s kom
ek-myself het gesê op April 16, 2013
Sjoe, raak ek sommer tranerig…! Klink heerlik, baie bly alles het goed afgeloop!!!! Kani wag vir die foto’s nie!
perdebytjie het gesê op April 17, 2013
@ek-myself-Hulle sê dis ‘n teken van ouderdom as mens tranerig raak by ‘n troue…Haha!
Tannie Frannie het gesê op April 16, 2013
Ek’s so bly die weer het saamgespeel. En ja, ek kan goed verstaan dat jy ‘redelik deur die mis’ was. Die romantiek van ‘n troue maak maar so met ons.
perdebytjie het gesê op April 17, 2013
@frandr-Gelukkig was dit ‘n lekker deur die mis!
berwick het gesê op April 17, 2013
In Moskou woon? Interessant!