Nog steeds hier!

Februarie 27, 2013 in Uncategorized

Kwaaitjie Koekoek is nog steeds hier.Hy skreeu heeldag in die blaredak by ons kombuis.Die Janfrederikke se stertvere hang,so moeg is hulle.Ek sien hulle probeer hom nou wys hoe om sy eie kos te vind.Hulle sit bokant die vrugtetafel waar ek soms vir die voëls lekkernye uitsit.Hulle roep en roep en smeek,maar hy sit net stil en skreeu.

Dit sal volgende week twee maande wees,sedert ek die gevooltetjie begin afneem het.Volgens al my voëlgeskrifte moet hy ten minste volgende week “gespeen” of is dit nou “geveer”? wees.Ek het seker al tweehonderd foto’s van hom..neem elke dag ‘n paar.Hy het al verskeie storms oorleef,die wrede buurkat ontwyk en verskeie lawaaierige prosedures soos grassnyery, brullende motorfietse en skreeuende motorbande gewoond geraak.

Ek kan taamlik naby aan hom kom,maar sy “ouers”is steeds vreeslik sku en versigtig..asof dit help,want hy is so groot en skreeu so hard,dat die hele buurt weet waar hy is! Ek weet net ek gaan hom vreeslik mis as hy vertrek.

Ek sal probeer om ‘n foto te plaas,maar as dit nie werk nie,moet julle maar terugkyk op my vorige blogs.

Dit werk toe nou NIE!!

 

13 antwoorde op Nog steeds hier!

  1. adage het gesê op Februarie 27, 2013

    Die klein houtkappertjies hier maak my sommer nou al senuweeagtig want laas keer is ‘n kleintjie mos dood. Maar ek dink ek hoor iets in die nes, miskien moet jou Janfrederikies kom handjie bysit.
    As Kwaaitjie my menskind was het hy ‘n lekker oorveeg gekry
    🙂

  2. Ek sou dink dat hy al self moes begin pik-pik het.

  3. tina10 het gesê op Februarie 27, 2013

    Is jou blog vol?

    Kyk bietjie of Pertonell se raad werk.

    Jy moet bietjie hier gaan kyk as jy ‘n tydjie het. http://fotoskool.co.za/

    • perdebytjie het gesê op Maart 2, 2013

      @tina10
      Ek het nou maar ‘n nuwe blog begin en hoop hy is nie so gou vol nie.Waar kry ek Petronell se raad?Dankie ek sal kyk op die link wat jy gestuur het

      • tina10 het gesê op Maart 2, 2013

        Ek sukkel met my rekenaar. Ek sal more vir jou haar blog soek Dis moontlik om te spaar en jou foto’s op ‘n ander plek te bêre en dan hier te plak. Ek het dit met FB reggekry maar wil nie my goed op FB stoor nie

  4. Net hello se:)

  5. Die klein opportunistiese gevoolte! Met jou foto’s sal jy kan sien hoe vinnig die klein goedjies groei. Hier was ‘n verdwaalde babaduif in my tuin wat so drie dae lank rondgehang het en nie kon vlieg nie en toe, skielik, het hy sommer langer vlerke. Dis ongelooflik.

  6. Het verlede jaar dieselfde koekoek gehad maar met vink ouers. Mensig maar hy het hulle besig gehou.

  7. Aag dis nou jammer dat jy nie nog ‘n foto geplaas kry nie. Sou graag die nuutste wou sien.

Los ’n antwoord vir lora2me. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.