Besondere uitstappie deel 1

Februarie 22, 2013 in Uncategorized

Min besoekers aan Namibië weet van hierdie interessante roete naby Swakopmund.Plaaslike inwoners en toergidse besoek wel dikwels die area.
Desembermaand het ons die familie uitgeneem op hierdie heerlike daguitstappie.Met ‘n viertrekvoertuig (beslis nodig),genoeg water en hope piekniekkos,het ons vroegoggend uit Swakop vertrek op die pad oos in die rigting van Usakos.Iewers draai mens regs van die pad af en ry dan ‘n hele ent langs die oorblyfsels van ‘n ou treinspoor.Die opvullings,deurgrawings en klipbakens is nog duidelik sigbaar.Dis verstommend dat mense so ‘n spoor met hande-arbeid gebou het.

Onderstaande foto’s wys duidelik die uitgrawing en die opvulling van die ou spoor.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die omgewing is hier taamlik plat met interessante woestynplante en koppies.Soos mens egter verder ry,begin die pad heelwat daal en bevind mens jou binnekort tussen geweldige rotskranse in die rivierbedding van die Houtrivier.Dis droog en geweldig warm in die somer en die beste is om maar vroeg te begin.(Vervolg)

 

 

 

10 antwoorde op Besondere uitstappie deel 1

  1. Dis regtig ‘n plek wat ek graag sal besoek eendag. Hy is op my lysie!

  2. tina10 het gesê op Februarie 22, 2013

    Ek hou van verlatenheid, maar die is darem vir my te erg.

  3. Nice!

    Mens moet die mense respekteer wat daai PT gedoen het innie warm son…

  4. adage het gesê op Februarie 22, 2013

    As ek sulke foto’s sien dan laat dit my dink aan skedels, miskien is dit die assosiasie wat my afskrik sodat ek nie die skoonheid kan raaksien nie?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.