Koekoek-nuus!

Januarie 31, 2013 in Uncategorized

Vanmiddag sit die knapie oop en bloot op ‘n lae tak en ek gebruik my 100 tot 400 lens om hom te skiet. ‘n Rukkie later vlieg hy hoër op en Moedertjie en Vadertjie Janfrederik voer die skrouende geveerte! My nek was amper in ‘n spasma met die sware lens en kop agteroor om doerbo by te kom,maar dis die beste wat ek kon doen:

Hier wag hy geduldig,al piepende op kos!

Het hom!Die Janfrederikke is ontsettend sku en ek moes lank wag om die voerstorie vas te lê!Kyk hoe groot is hy teenoor die voerdertjie!

18 antwoorde op Koekoek-nuus!

  1. Dit laat my in pure verwondering 🙂

  2. vega het gesê op Januarie 31, 2013

    So ‘n boelie!

  3. tina10 het gesê op Januarie 31, 2013

    Regte ou bullebak… maar dan as mens/voël wil dom wees…

  4. adage het gesê op Februarie 1, 2013

    Liewe land hy is omtrent ‘n reus en die aangenome ouers sien hom nog steeds as hulle eie. Dis baie interessant – die oorlewing van die spesies.

  5. dis kosbare foto’s!
    Die klein swerkater is al dubbel sy pappa se grootte 🙂

  6. Pragtige voëls. Ek verwonder my altyd aan die spesifieke kleure van die vere en hoe elke kleur presies is waar dit moet wees.

  7. Jitte, maar die ou dingetjie is te oulik ! Pa Jan – Frederik verdink seker vir Ma omdat die kind nie soos hulle lyk nie! 😉

  8. Laat my dink aan ‘n lummel van ‘n tienerseun wat heeltyd honger is. Jy’s bevoorreg om dit alles so te kan aanskou.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.