Lekker verrassing!

Januarie 29, 2013 in Uncategorized

Tuinier kom roep my netnou en wie sit daar in die boom..?Kwaatjie Koekoek! Hy lyk te pragtig en toe ek nader kom,vlieg hy met sterk vlerke na ‘n volgende boom.Hy sit so pragtig oop en bloot,dat ek storm vir my kamera en vinnig nog ‘n paar foto’s neem!Die Janfrederikke voer die klein skelmpie nog steeds en ek wonder wanneer gaan hy self begin kos soek!

Ai,ek voel so verheug dat hierdie sover ‘n suksesstorie is!

Kyk sy mooie veredos!

Nog steeds afhanklik van twee ooreisde Janfrederikke,maar definitief oppad na wasdom!

18 antwoorde op Lekker verrassing!

  1. adage het gesê op Januarie 29, 2013

    Hy is regtig pragtig.
    Of maybe is dit nog ‘n sy!

  2. Jip hy lyk vet gevreet…

  3. tina10 het gesê op Januarie 29, 2013

    Ag hoe mooi! Hy/sy is darem vinnig gegroei!

  4. vega het gesê op Januarie 29, 2013

    pragtig. Lyn na ‘n groterige klein parasiet.

  5. vega het gesê op Januarie 29, 2013

    Was veronderstel om “Lyk” te wees 🙂

  6. pragtige gevogelte!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.