Lewenspad

Januarie 28, 2013 in Uncategorized

 

Frankie

Dis tog interessant om te sien hoe lewe homself herhaal.Toe ek en Manlief getroud is,het ons eers ‘n hond gekry.Al ons liefde en energie is aan hom gegee.Later toe die eerste pienkvoet sy opwagting maak,moes hondekind maar aan die agterspeen suig.Soos die tyd aanstap en nog drie pienkvoete later,is hondekind se gô uit en moes ons hom laat uitsit.

Mettertyd word nog twee diere aangeskaf…vir die kinders natuurlik! Dis ‘n wonderlike leerskool om verantwoordelikheid, respek en liefde vir diere,by ‘n kind te kweek.Na almal uit die huis is,was hierdie hondekinders ook gedaan en weereens is hulle uit hul ouderdomsellende verlos.

‘n Jaar op ons eie en die verlange na nog asempies in die huis,word heeltemal te groot.Ek het alreeds geblog oor die nuwe tweetjies se aankoms.Ons klassifiseer ook nou onder die honnemense wat tot vervelens toe oor hul honne se geite kan praat! Ek konsentreer daarop om dit nie te doen nie,maar die versoeking is maar groot.

Die geskiedenis herhaal homself oral..kinders trou,kry hond,kry pienkvoet,kry leë

Tienkie

nes,kry hond…die sirkel is voltooi!

8 antwoorde op Lewenspad

  1. tina10 het gesê op Januarie 28, 2013

    Oooo ek moet my sus vra om hier te kom kyk – hulle is pragtig

  2. Jis maar dis twee lelike gedoentes!

    Dissie honde nie – ‘n hond is ‘n ding soos ‘n doberman of ‘n rifrug of ‘n boerboel – nie ‘n skootkakkerkie nie!

    🙂

  3. Dierbaar!

    Ons twee oorblywende gediertetjies is al lekker bejaard. Daarom wil ek nie nou te ver vooruit dink nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.