Sommer naby

Januarie 23, 2013 in Uncategorized

‘n Mens is geneig om te dink dat mooi en interessante dinge altyd vêrweg moet wees.Soms hunker jy om weg te gaan na ander plekke en stem dit jou ongelukkig as dit nie kan gebeur nie.Die ou Engelse spreekwoord,”familiarity breeds contempt”,is só waar,wanneer ons alledaagse bestaan saai en vervelig raak en ons nie meer die mooi om ons raaksien nie!

Ek het ‘n draai in my vervelige,Gautengtuin gaan maak en besef skoonheid is slegs ‘n paar millimeters weg!Ek deel dit graag met julle.

Wilde Irisse blom hierdie jaar besonder mooi.

Klein,maar pragtig.

Wie kon dink dat ‘n Gautengsonsondergang so mooi kan wees?

12 antwoorde op Sommer naby

  1. PIXIE het gesê op Januarie 23, 2013

    Wow, dis baie mooi!

  2. Die foto’s herinner my net weer om gereeld ‘n kopskuif te maak. Dankie

  3. adage het gesê op Januarie 23, 2013

    Ek sien tog die barbette maak beurte om op die nessie te sit. En dis wat ek om my raaksien.

  4. tina10 het gesê op Januarie 23, 2013

    Oor twee weke sal ek weer uitgaan en die klein dingetjies ondersoek
    Mooi foto’s

  5. celia het gesê op Januarie 23, 2013

    Jy is heeltemal korrek, baie mooi fotos ook.

  6. Ek het die mal perd opgesaal om ‘n klomp vertrekke in die huis te verf, het so met die verblyery myself egter voorgeneem om elke dag iets besonders in my onmiddellike nabyheid te soek om af te neem.
    Hier wys jy nou wat gedoen kan word

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.