Gelukkige einde

Januarie 21, 2013 in Uncategorized

Toe ek gister Kwaaitjie Koekoek se nes besoek,was hy weg en daar is geen spoor van sy uitgemergelde Janfrederik-ouers nie!Aanvanklik was ek baie hartseer,want ek het gedink die bure se kat het hom dalk bygekom.’n Rukkie later hoor ek egter die Janfrederikke se kenmerkende roep en ek sien hulle het nog wurmpies in die bek! Toe weet ek,klein Kwaaiste is nog hier iewers!Na ‘n rukkie se gesoek,sien ek hom taamlik hoog in ‘n boom en my kamera kliek vir oulaas.

Vanoggend het hy iewers anders heen geskuif,want ek hoor nog steeds die Janfrederikke se geroep.Kwaaitjie is daarby nog skelm ook..met sy gestreepte lyfie,is hy ‘n uitstekende kamoefleerder.Dis hoekom hy gaan oorleef.

Ek het ‘n lekker pad saam met hom gestap en hopelik wanneer die Piet-my-vrou volgende somer roep…wie weet,dalk is dit Kwaaitjie!

Oorlewing is ‘n sterk drang.Laaste foto,voor Piet-my-vrou die wrede wêreld aandurf!

 

12 antwoorde op Gelukkige einde

  1. Kom ons kyk dalk kom bou hy nog ‘n nes in daai einste boom 🙂

  2. tina10 het gesê op Januarie 21, 2013

    Baie dankie dat jy met ons gedeel het. Ek het dit nou baie geniet. Ek hoop nog steeds dis ‘n hy en dat sy vroutjie haar eier in ‘n ander nessie sal lê!

  3. adage het gesê op Januarie 21, 2013

    Ek is so bly
    🙂

  4. Ek kan verstaand dat jy jou hart op die dingetjie verloor het. Hoe groot is hy omtrent?

    • @losbek
      Op hierdie stadium is hy omtrent so groot soos een en ‘n halwe mossie.Ek het hom gister weer gesien,hoog in ‘n digte bos met mammie en pappie wat hom voer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.