Die wye wêreld wink

Januarie 19, 2013 in Uncategorized

Uitendelik is Kwaaitjie Koekoek gereed om die wêreld aan te durf! Vanoggend sit hy buite die nes op die varingblare en die twee Janfrederikke gaan vreeslik tekere soos hulle hom aanmoedig.Vanmiddag sak daar ‘n reënbui uit en ek was verniet bekommerd,want toe ek gaan kyk,sit hy slaggereed om sy vlieglesse te hervat!

Uit die nes en reg vir die wye wêreld!

Nog bietjie skrikkerig!

Balanseer nog bietjie bewerig.

Kyk ma, ek gaan vlieg!

Kopskoot..kyk my mooi ogies.

Bang,maar ek moet maar!

20 antwoorde op Die wye wêreld wink

  1. tina10 het gesê op Januarie 19, 2013

    hehehehe… ek vertel vir l wat leef en beef van jou wonderlike foto’s en koekoek Ek het dit nog nooit so naby beleef nie

    • @tina10 Ek geniet dit so om sy vordering dop te hou.My senuwees is effens klaar,want hy is nou op sy kwesbaarste.Dis koud en nat en ek hoop die bure se kat hou ook nie van reën nie!

  2. vega het gesê op Januarie 19, 2013

    Ag jinne dis ‘n cute dingetjie.

  3. Hallo, Bytjie! Het jy ook die einde van die wêreld oorleef?

  4. Dit was nou ‘n lekker storie! nou lê die vrou-soek stukkie voor. Ek het ook nog nooit ‘n koek koek van so naby gesien nie. Wonder of hy daar in die omgewing gaan bly……

  5. Moenie kommer nie, hy lyk vir my na ‘n survivor 😉

  6. lekker om hulle so dop te hou al is hy indringertjie gewees – dis sy ma se skuld

  7. Die dingetjie is te dierbaar!!!

  8. Pragtige fotos….:-))

  9. adage het gesê op Januarie 21, 2013

    Ek het gou kom kyk hoe gaan dit met die baba, hy is eintlik net te pragtig.
    Voorspoed Kwaaitjie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.