Vrek gesukkel

Oktober 20, 2012 in Uncategorized

Ek het nou skoon ‘n spasma in my nek.Ek het al die verkeerde knoppe gedruk en op die end geëindig met ‘n vis bo-aan my blad.Hopelik gaan dit nie ‘n stink vis wees nie,maar hier is ek nou!

Verder is dit ‘n pienk spulletjie,maar dit moet nou maar vireers so bly.

24 antwoorde op Vrek gesukkel

  1. Lekker lag ek nou, want ek sukkel my ok vrek om my liewe ou kat-avatar aan- en ingepas te kry :0) Maar ons is hierso!

  2. Jy is verder as ek Ek kry nie eers die geskryfde deel verander nie … *fluister * dis die vreemdste perdeby wat ek nog ooit gesien het. 🙂 *koes*

    • Haha!Hy lyk en ruik na vis!Ons gaan seker nog ‘n rukkie kleitrap.Tans wys my nuwe inskrywing nie eers op my blad nie.Ek moet elke keer kliek by my “onlangse inskrywings”.Dalk het ek iets verkeerd gedoen.

  3. Dis ‘n dem gesukkel !

  4. Neander het gesê op Oktober 21, 2012

    Aanhouer wen

  5. Sal ‘n tydjie neem om konfyt te raak met al die nuwe funksies en knoppies…

    Daai koi vis het die perdeby geeet

  6. Kwaai koi daai!

  7. twaksak het gesê op Oktober 21, 2012

    Ja, ek voel ook maar rond. Eisj.

  8. geitjie1 het gesê op Oktober 21, 2012

    Dit voel of ek in die buitenste duisternis is en nie my pad terug kan vind nie!

  9. Ek het net so lekker gesukkel maar as jy op jou eie blog se webwerf is kyk links bo is die “links” webwerf en dan jou naam kliek op jou username en dan op agtergrond of opskrif en gaan maak laai jou foto of prentjie en maak dit reg.Hoop julle kom reg…dit is maar baie vreemd…:-))

  10. Dankie,Tinkerbell

  11. lora2me het gesê op Oktober 21, 2012

    Hallo! Ek kom sê net haai en baai om te “oefen” hoe alles werk. Ongelukkig kan ek nie vriendskapsaansoeke aanvaar nie, want die skerm gee my ‘n rooi boodskap. Sal later teruggaan en probeer. Welkom, welkom. Sit, dan drink ons gou “koffie”.

  12. Aangesien jy net so sukkel soos ek vertel eers wat is die verskil tussen Byskrywing en Inskrywing.
    Bly jy’s hier!

    • Inskrywing is seker ‘n nuwe skryfsel en byskrywing is dalk as mens nog iets by jou inskrywing wil voeg!Ai tog,ek weet nie,maar ek is bly jy is hier!

  13. ek weet nie waar om te begin om my blad te verpersoonlik nie
    🙁

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.