Sielige skat

Oktober 13, 2012 in Sonder kategorie

Hierdie ou dierasie is my “kleinkind” en ek moes hom verlede naweek oppas.Ek het sy kombers gewas en oor die tuinstoele gegooi om droog te word.Toe ek weer kyk,sit ta daar met die mismoedigste uitdrukking op sy gesig.Hy wil mens die heeltyd sien en toe ons hom ignoreer en rugby in die sitkamer kyk,het hy daar opgeklim,seker “om beter te kan sien my kind”(alla Rooikappie se ouma).

Die ou het ‘n hele uur daar deurgebring en net al treuriger en treuriger begin lyk.Hy is ‘n regte ou skattebol en wie se hart sal nou nie week word by aanskoue van so ‘n hanggevreet nie?

Die foto’s is bietjie greinerig,want ek het dit met my selfoon geneem.

21 antwoorde op Sielige skat

  1. Eintlik kan mens nie anders as om hom baie jammer te kry nie.

  2. Hy hol heeldag om die huis soos wat ons binne rond beweeg.Saans mag hy inkom en dan klim hy met daardie grote lyf op manlief se skoot.Dis nou lagwekkend om te sien!

  3. Ag shamepies toggie!
    Hy kort ‘n dieplike drukkie.

  4. TS het gesê op Oktober 13, 2012

    Ag hy is die allerliefste ding. Mens sal hom opvreet van liefde . Hy mis seker maar sy mense

  5. postatdo het gesê op Oktober 13, 2012

    Such a sweetie!

  6. pasella het gesê op Oktober 14, 2012

    Die kêrel voel hy is in die steek gelaat.

  7. O toggie, so beswaard, my hart ween vir hom…

  8. Botter gaan verseker in in sy bek smelt nie.

  9. sirpsa het gesê op Oktober 14, 2012

    Die perfekte gevreet om op mense se gevoel te speel 🙂

  10. avega het gesê op Oktober 14, 2012

    Hulle is die cute’ste goed op aarde. Grootste dierasie met die kleinste harkie 🙂

  11. Carol460 het gesê op Oktober 14, 2012

    Ag my moeder ! Is hy nie opvreetbaar nie ! Gee hom ‘n vet soen op sy slobberbek !

  12. daai geplooide frons tussen daardie hartseer oge breek my hart !

  13. Bytjie jy moet gou daar by Klarisabet gaan loer, hoor!

  14. Dierbare foto’s!

  15. http://blogs.litnet.co.za/heartliving/n-soortvan-uitnodiging-aan-blogland-vriendinne

    Gaan lees bietjie by klarisabet – jy het mos die ander dag gepraat van jou se “gloede”

  16. AG dierbaar!!!!!

  17. Dankie,ek gaan nou dadelik loer!Ek waardeer dit dat jy aan my en hierdie aaklige warm antie gedink het!

  18. lora2me het gesê op Oktober 16, 2012

    Dis nou ‘n gesig wat net ‘n “ouma” kan soen. Hy is te dierbaar, “pretty ugly” soos mense altyd van sy ras sê.

  19. ek dink, daarom is ek

    maar CM sal seker op jou vraag oor die definisie van dink iets wou se^ wat min of meer neerkom op ” ek dink, daarom bestaan jy nie om ook te dink nie “

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.