Verrassings in die gras

Oktober 12, 2012 in Sonder kategorie

Groot was ons vreugde toe ons onverwags op hierdie lieflike kat afkom.Die luiperd bly maar een van die mooiste diere op aarde.Elke keer wanneer ek een sien,snak ek na my asem en kry koue rillings van aandoening.

Nog ‘n bonus,was die uiters skaars en bedreigde Bastergemsbokke.Hulle is verskriklik sku en neem omtrent ‘n lang tyd om genoeg moed bymekaar te skraap vir ‘n lekseltjie water.Hulle kyk eers die kat goed uit die boom uit en hardloop omtrent drie of vier keer weg,voordat hulle uiteindelik water drink!

Hier was dit weer sulke tyd en die senuweeagtige kalfie skrik sommer vir sy eie skaduwee.Let op na die groot donkie-ore en die gemsbokagtige horings,wat heelwat korter is as dié van die gemsbok.

Naas die Eland is die Bastergemsbok die grootste boksoort in Afrika met ‘n gemiddelde massa van 270kg.

12 antwoorde op Verrassings in die gras

  1. bloukaap het gesê op Oktober 12, 2012

    weereens great fotos. jaaa, daai katte is te wonderlik

  2. Stunning!

  3. pasella het gesê op Oktober 12, 2012

    Dankie vir die trip!

  4. Nice!

  5. TS het gesê op Oktober 12, 2012

    Lyk soos ‘n skildery!

  6. Dankie!

  7. Dankie Lou!

  8. Diere en plante bly maar die goed wat die lekkerste afneem

  9. Ek is bly jy het dit geniet.

  10. Daardie bokke was so sku,dat dit eintlik geluk was om hulle afgeneem te kry.

  11. Ja,eintlik makliker ook,as om mense af te neem.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.