Asemrowende gesig!

Oktober 11, 2012 in Sonder kategorie

Een oggend vroeg word ons deur hierdie asemrowende gesig begroet.In die verte sien ons net ‘n stofstreep en soos dit naderkom,verskyn Afrika se grootste,gevaarlikste diere uit die stofnewels!Seker maklik sewehonderd buffels was op ‘n drafstap,agter mekaar oppad water toe.

Die eerstes bereik die water en steek dorstige snoete in die koel lafenis in.

Die voorstes drink al en nog steeds kom hulle aangestreep!

Nadat gedrink is,is daar tyd vir bad en rol in die modder!

Niks kom by die atmosfeer van sagte gebulk,die geswoesj van water en die ongelooflike interaksie van buffels in ‘n trop nie!

20 antwoorde op Asemrowende gesig!

  1. Dit moes ‘n ongelooflike gesig gewees het. Laaste foto is uitsonderlik

  2. Dis nou n blog wat gons

  3. lieflike gesig

  4. dis asof mens hulle kan “hoor” as jy na die fotos kyk!

  5. As mens so sit en kyk,bring dit trane in die oë!

  6. Hulle is nes beeste,bulk dieselfde en ruik dieselfde!

  7. Hoendervleiservaring!

  8. Dankie,Bruggie!

  9. postatdo het gesê op Oktober 11, 2012

    Gorgeous!!!!!!!!!!!!!!

  10. Thanks!:-)

  11. TS het gesê op Oktober 11, 2012

    Sjoe dit lyk droog!
    Pragtige foto die laaste een.

  12. Kurkdroog!

  13. Nice!

  14. Dit is werklikwaar ‘n geskenk van bo om hierdie gesig in lewende lywe te aanskou…Dankie vir die deel…

  15. frandr het gesê op Oktober 11, 2012

    Hoe lekker lek die laaste ou sy bek af!

  16. LEKKER NAWEEK!

  17. Dankie,jy ook!

  18. Dankie vir inloer!

  19. Lekker dat jy op my blog kom kuier het!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.