Besondere leeus!

Julie 17, 2012 in Sonder kategorie

Tydens ons ekskursie in die Okavangomoeras,het ons die voorreg gehad om met besondere leeus te doene te kry.Omdat dit so nat en waterryk is,het hierdie leeus oor ‘n tydperk aangepas om te swem en hulle prooi bestaan hoofsaaklik uit buffels.Dis eintlik uitsonderlik dat dit hul primêre prooi is,want ‘n buffel is ‘n magtige dier en beslis nie die maklikste om te jag nie.Ons het hulle dopgehou waar hulle heeltyd ‘n trop buffels agtervolg..deur die water en onder uiters moeilike omstandighede.

Dit was ongelooflik om te sien hoe die kleingoed deur die water swem,elkeen met die voorpote gehaak aan die vorige een en hoe die twee volwasse wyfies die voor- en agterhoede vorm,om hulle te beskerm.’n Mens moet in gedagte hou dat die water vol krokodille,slange en ander onsigbare gevare is.

Hier stap hulle in gelid die water binne.’n Yslike trop buffels is pas die water in en hierdie spannetjie laat hulle nie so maklik afskud nie!

Ma stap voor en kleingoed is vol vertroue agterna.Die kleinste enetjie kyk maar bietjie onseker terug,maar sien darem vir ouma wat die agterhoede dek! 

Hier is dit al lekker diep en swem moet hulle swem!

Help Mammie,nie so vinnig nie!Kinders,klou vas en kom,daar is nie tyd om te mors nie!

Dankie tog,amper op droë grond!Babatjie bly effens agter.

Mamsie en Junior rek nou hul nekke om te sien waar daardie klomp nors buffels nou is.

Die natuur is ongelooflik!Hierdie diere moes noodgedwonge aanpas om te swem en buffels as hoofprooi te vang,of uitwissing in die oë staar.Dis waar die term “natuurlike seleksie”,tot sy volste reg kom.Net die sterkstes en aanpasbaarstes sal oorleef.

42 antwoorde op Besondere leeus!

  1. postatdo het gesê op Julie 17, 2012

    Gorgeous!!!!!!

  2. avega het gesê op Julie 17, 2012

    Wow stunning foto’s.

  3. TS het gesê op Julie 18, 2012

    Ek is een van daai volstruis mense wat nie wil weet dat leeus moet eet en dat net die sterktes van enige spesie soms alleen oorleef

  4. loudavisi het gesê op Julie 18, 2012

    Ek kry ook die buffels jammer, maar nou ja!

    Jou foto’s en die storie is amazing!

  5. Neander het gesê op Julie 18, 2012

    Korrek en goed geskryf.

  6. CBL1979 het gesê op Julie 18, 2012

    Fantastiese foto’s!

  7. hysmal het gesê op Julie 18, 2012

    mooi pics!

  8. TheGiz het gesê op Julie 18, 2012

    Moeder natuur bly fantasties! Stunning foto’s!

  9. Ek-Myself het gesê op Julie 18, 2012

    Hoe trek my hart nou ‘n punt na die nattur en die mooi! Sjoe dis pragtige foto’s!

  10. As ‘n ding moet eet en die kos swem, wat kan jy doen behalwe leer swem? Mooi fotos, baie dankie.

  11. HeavyHenry het gesê op Julie 18, 2012

    Nice foties!

  12. Dankie!

  13. Oorlewing is nie kinderspeletjies nie!

  14. Hierdie is ‘n paradys!

  15. Jip.dankie vir inloer.

  16. Dankie,Mallie

  17. Dankie!

  18. Die leeus loop oop en bloot saam met die buffels,waar hulle ookal gaan.Wanneer hulle wil jag,is geen buffel sy lewe seker nie.

  19. As jy dit in die natuur sien afspeel,is dit grusaam.Ek huil eers oor die arme prooi en as die leeu se vangpoging misluk,huil ek oor die arme leeu!

  20. Dankie,Vega.

  21. Dankie vir inloer!

  22. Neander,ek het al gewonder of hierdie leeus nie oor ‘n tydperk gewebde pote gaan ontwikkel nie.Dit behoort nogal interessant te wees om oor so ‘n paar honderd jaar te sien hoe hulle evoleer.Hulle pelse sal dalk ook dikker en waterdig word.

  23. Neander het gesê op Julie 18, 2012

    Jip, evolusie en genetika is onvoorspelbaar.
    Walvisse (50m) en see reptiele (180m)was ook eers landdiere, so die beginsel is heeltemal moontlik.

  24. Madhatter het gesê op Julie 18, 2012

    Baie mooi fotos. Ek is baie mal oor die kat familie.

  25. krokowaan het gesê op Julie 18, 2012

    jy en jou foto’s …. dankie

  26. Dankie Kroks!

  27. Interessante diere,wat eintlik ook kwesbaar is,al is hulle bo-aan die roofdierlys!

  28. lieflikke fotos!!!

  29. Dem puik fotos!!

  30. Watter kamera was dit?

  31. Ek was daar in daai omgewing in 84 en 85…

  32. Vetjan het gesê op Julie 19, 2012

    Duba Plains is sekerlik die beste konsessie in die Okavango.

    Leeus wat Buffels jag is dood normaal, hetsy Kruger, Zambesi vallei of waar ookal.

    Teen amper R 10 000 per persoon per nag om “in seisoen” by Duba Plains kamp te oornag is daardie plek vir min beskore.

  33. Jy is heeltemal reg dat leeus enige plek buffels vang,maar op Duba Plains is dit hulle primêre prooi en hulle volg heeltyd die buffels oop en bloot.Dis wat dit so besonders maak.Ook die feit dat die buffels en leeus omtrent heeltyd in water beweeg.Ek sal net die bewoording van my blog verander,anders skep dit ‘n wanindruk.Dankie dat jy my daarop gewys het.

  34. Dankie!

  35. Dankie vir inloer.

  36. Canon EOS40D.Dankie vir die inloer.

  37. Waar het jy gekamp?

  38. Carol460 het gesê op Julie 19, 2012

    Wow ! Nice ! Ek het dit nou baie geniet !

  39. het die kamera video kapasiteit?
    Hoeveel het dit gekos?

  40. Ja,dit kan videos neem,maar ek gebruik dit nooit.Ek weet nie wat dit gekos het nie,dit was manlief sn voor hy opgegradeer het.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.