Waterparadys
Julie 11, 2012 in Sonder kategorie
Ons was twee jaar gelede op ‘n wonderlike plek,genaamd Duba Plains,in die Okavango Delta.Dis ‘n fantastiese waterwêreld,en by tye voel dit of jy vinne en kiewe moet groei om hier aan te pas!In Junie en Julie elke jaar,is die moeras op sy volste,wanneer die reëns uit Angola,met verskeie riviere uitmond in hierdie pragtige paradys.
‘n Mens kan nie die belewenis beskryf nie en ‘n besoek hierheen,moet op elkeen se lewenslysie wees!
Uitsig uit ons tent..water,water,water!Troppe buffels waad gedurig hierdeur en dan klink dit soos ‘n supersoniese vliegtuig,soos wat die water raas!
Hierdie is die allerdaagse pad wat ons heeltyd gery het.Nie vir die bang mens nie!
Net as jy dink jy is op droë grond,wag DIT vir jou!
Toemaar,daar is die brug,maar om daar te kom..!!
Veilig die brug bereik,nou ‘n eindelose ent oor hierdie houtbrug oor ‘n diep area in die moeras.
Dis nie ‘n boot nie,maar die voertuig se armleuning aan my kant.Bring die roeispane!
Veilig oor die brug en weer op “vaste grond”!Water,water,water!
loudavisi het gesê op Julie 11, 2012
Stunning!
Julle het guts….glo my, ek sou al lankal begin swem het.
Perdebytjie het gesê op Julie 11, 2012
Gelukkig het ons ‘n gids gehad,wat elke dag hier ry.Hy was baie rustig en ervare en het stadig gery asof dit ‘n gewone pad was.’n Mens mag nie self in hierdie area ry nie,want dis ‘n konsessie wat aan die beroemde natuurfotograwe,Derick en Beverley Joubert,behoort.
loudavisi het gesê op Julie 11, 2012
0, Ok dan!
Goed as die leier so ‘n dinamiese mens is.
Perdebytjie het gesê op Julie 11, 2012
Ek moet erken,ek was by tye doodverskrik!
hysmal het gesê op Julie 11, 2012
lekker avonturig!
sirpsa het gesê op Julie 11, 2012
Gee whiz!
TS het gesê op Julie 12, 2012
mens moet rys plant
krokowaan het gesê op Julie 12, 2012
te veel water vir ‘n wes-transvaler van geboorte en ‘n namib-woestyn fên …. sal maar die whisky skoon drink
Loergaatjie het gesê op Julie 12, 2012
Sjoe, maar daar’s omtrent vir jou water !!!!
rosiemetdorings het gesê op Julie 12, 2012
O Nee! vir my gaan jy nie daar kry as daar nie ‘n vliegveld is nie.
Moet egter byvoeg dat dit baie mooi is, sal net te senu tergend wees om daar te kom
HeavyHenry het gesê op Julie 12, 2012
Bleddie nat…
pienkvolla het gesê op Julie 12, 2012
Sjoe, net om iewers te kom (ry) was omtrent ‘n belewenis. Altans dit lyk so, volgens jou foto!
Carol460 het gesê op Julie 12, 2012
Genade, maar dis nat !!! Die muskiete is seker ook volop !
riem_mamba het gesê op Julie 13, 2012
Absoluut waar, mens kan dit nie beskryf nie selfs fotos kan nie weergee as om werklik op die plek te wees nie. Wat ‘n voorreg het ek gehad om paar jaar in Francistown te woon en Botswana werklik plat te ry!! Goeie herinneringe!
krokowaan het gesê op Julie 14, 2012
Grênd dat jou blog nou al onder die gonsblogs gelys word!!!!
lora2me het gesê op Julie 14, 2012
Ek sou heeltyd maar net my oë toegeknyp het en darem so nou en dan geloer het na die pragtige, pragtige natuurskoon. Die water is net te veel vir iemand wie se kiewetjies al kleintyd toegegroei het.
Perdebytjie het gesê op Julie 17, 2012
‘n Mens raak dit naderhand gewoond en geniet dit dan vreeslik.
Perdebytjie het gesê op Julie 17, 2012
Ek het dit nie eers raakgesien nie..te tegnologies gestremd!
Perdebytjie het gesê op Julie 17, 2012
So,jy weet waarvan ek praat..wonderlike land..ook die droë dele is net so pragtig!
Perdebytjie het gesê op Julie 17, 2012
Ja,Malaria is altyd ‘n risiko!
Perdebytjie het gesê op Julie 17, 2012
Ja,dis baie moeilik,maar ons het ‘n goeie gids gehad,dus dit was sy bekommernis.
Perdebytjie het gesê op Julie 17, 2012
Jip!
Perdebytjie het gesê op Julie 17, 2012
Jy kan net invlieg soontoe,want dis werklik amper onmoontlik om daar te kom,behalwe wanneer die moeras nie so vol is nie..dit gebeur in droë jare.
Perdebytjie het gesê op Julie 17, 2012
Dis ‘n ongelooflike plek..moeras is die regte woord.Dankie vir inloer.
Perdebytjie het gesê op Julie 17, 2012
Die rys sal gou versuip.Ha!ha!
Perdebytjie het gesê op Julie 17, 2012
Dankie vir inloer.
Perdebytjie het gesê op Julie 17, 2012
En hoe!Jy sal aanmekaar gedigte skryf as jy daar was!
Madhatter het gesê op Julie 18, 2012
Bly jou senuwees is sterk.
riem_mamba het gesê op Augustus 2, 2012
Ek weet presies ja!!