Gautrein =Goutrein

Junie 26, 2012 in Sonder kategorie

Vanoggend het ons weer vir die eerste keer in ‘n jaar met hierdie heerlike trein Sandton toe gery.Ons was werklik verbaas om te sien dat die parkeerarea by Rhodesfieldstasie tjok en blok vol geparkeer was.Toe ons laas gery het,was daar baie oop parkeerspasies..dit was ook in die middel van ‘n werksweek.

‘n Ou galbraker het in gister se Beeld ‘n brief geskryf waarin hy vreeslike ingewikkelde somme maak wat bewys dat dit onmoontlik die tienmiljoenste passasier kon wees,wat verlede week op die trein gery het.Ek erken somme is nie my sterkste punt nie,maar dit smaak my,daar moet altyd een of ander ou suurknol wees wat naar word,wanneer iets ‘n sukses is.

Sulke mense kry jy oral.Selfs voor die treinprojek aan die gang gekom het,was ons eenkeer in geselskap waar hierdie doemprofeet,met OUTORITEIT, let wel, vertel het wat ‘n mislukking dit gaan wees.Ek wens ek kan die omie in die hande kry en hom saamsleep op die trein.

Wanneer ons Sandton toe ry,neem dit ons soms meer as ‘n uur-en-‘n-half,afhangende van die verkeer.Vanoggend het ons binne twintig minute stasie toe gery,twee minute vir die trein gewag en by tye teen honderd-en-sestig kilometer per uur Sandton toe gejaag.Ons is half-elf hier by ons huis weg en kwart-oor-elf in Sandton City..dis die loop na die sentrum ook ingesluit!

Op die trein is daar twee sekuriteitsbeamptes per wa en almal is baie vriendelik.Die instruksies is ook baie duidelik en ‘n mens kan nie maklik verkeerd gaan nie.

Nadat ons ons besigheid gedoen het,toebroodjies en koffie geniet het,was ons kwart voor twee alweer tuis.

Dis nou wat ek noem ‘n GOUTREIN! 

26 antwoorde op Gautrein =Goutrein

  1. avega het gesê op Junie 26, 2012

    Gaan julle Engeland toe?

  2. Hoekom vra jy dit?Was dit jy daar by die Britse Ambassade?

  3. TS het gesê op Junie 26, 2012

    Ek is paslik beïndruk met die trein… wat die kostes betref kan ek nie ‘n uitspraak lewer maar as mens aan tyd en stres dink is dit uit en tuit die moeite werd.

  4. Die koste aan risiko,wanneer ‘n mens met die kar ry,is amper nie meetbaar in geldterme nie!

  5. Carol460 het gesê op Junie 26, 2012

    Of suurknollie dit nou wil erken of nie, die stelsel is ‘n sukses. Hulle kan gerus die diens uitbrei na ander stede toe ook.

  6. pasella het gesê op Junie 26, 2012

    Gaan hom binnekort ry.

  7. Suid-Afrika kan doen met goei publieke vervoerstelsel

  8. avega het gesê op Junie 26, 2012

    Al wanneer baie mense Sandton toe gaan en koffie drink en nie lank bly nie is as hul hul visumaansoeke daar inhandig 🙂

  9. sirpsa het gesê op Junie 26, 2012

    Dis regtig ‘n plesier om met die goutrein te ry. Nou moet die gautrainbusdiens ook net reggeruk word.

  10. Nee ons gaan nie,net banksake daar gaan doen.

  11. Ek wens dit ook.Al daardie honderde geparkeerde karre by die stasie,sou ook op die pad gewees het,as dit nie vir die trein was nie!

  12. Lekker Lewies!

  13. Ek dink die busroetes is nie mooi deurdink nie,en baie mense wil letterlik by die stasie parkeer.Dit gaan nie meer lank werkbaar wees nie,want die stasies se parkering is beperk.Hulle sal dalk moet dink aan Park ‘n Ride op ander sentrale plekke.Dan sal die busse werk.

  14. Dis darem die eerste stap.

  15. Carol460 het gesê op Junie 26, 2012

    Verseker kan mens doen sonder al daardie karre op die pad. 🙂

  16. Ek wil nog die Gautrein sommer vir die lekkerte gaan ry !

  17. Doen dit,maar onthou,die rit is GOU verby!

  18. louisna het gesê op Junie 27, 2012

    Ek het gister in Gautrein gestaan as gevolg van te min sitplekke vanaf die lughawe. Eers in Midrand kon ek weer sit

  19. Jy kannie inhalige en ngeteelde witmense se klapperdop koppe ooit sense inkry nie…gotsonmogentlik…

  20. fok die fokkein engelse…

  21. krokowaan het gesê op Junie 28, 2012

    Sal seker nooit ooit in my lewe Gautrein ry nie, treinrydae vir my verby, maar die afgelope 10 jaar baie in Europa gery, fantastiese treine, oor lang afstande; net tussen Wene en Budapest was dit so-so, maar die omgewing het opgemaak. Terloops, jou ssssspyyyker-storie by die water-storie is mos die rede vir die populution, nie waar nie? :-)) Groente

  22. Netso.Dankie vir inloer!

  23. En jou punt is..Fransie?

  24. Dis nou wat mens ‘n “flop” noem!

  25. Dit is hoor!

  26. louisna het gesê op Junie 28, 2012

    yes

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.