Goeters

Junie 18, 2012 in Sonder kategorie

My oorlede pa sou nou gesê het,dat dit swak taalgebruik is om van “goeters” te praat.Maar ek is rêrig nou toé onder “goeters” en dik vir al my “goeters!”

Miskien is dit ‘n stadium in mens se lewe,waar jy besef dat aardse besittings eintlik nie meer belangrik is nie.Daar is ‘n tyd om op te gaar en ‘n tyd om weg te gooi.As jy ‘n opgaarder is,is dit ‘n pynlike proses.

Aangesien die winter nou in alle felheid toegeslaan het,gaan ek stuk vir stuk hierdie huis takel en elke dag iewers begin opruim.Ek gaan sommer by my waskamer begin.

Daar is ‘n lekker werksblad met jarre se ou stokperdjies..dis nou materiale,ritssluiters,knope,gare..toe ek nog self gedink het tuisskeppings is beter as gekooptes!Dan is daar ook ‘n borduurmasjien en alles waaraan jy kan dink..prentjies van vlinders,feetjies,beertjies,karretjies,babas..goeie ou dae toe ek nog waslappies en handdoeke met name op geborduur het!Die hekel-en breinaalde,saam met al die duisende patrone,gaan ook waai.Ag,dan is daar nog die spul krale,tangetjies,drade,hakies en ogies,waarmee ek halssnoere en armbandjies gemaak het.

Tussen alles is daar nog ‘n spul kampgoed van manlief en my oorlede woef se bedjie en kombersies,wat ek nou nog nie uitgegooi het nie!Hemel,dis nog net die waskamer en ek is al klaar moeg om net daaraan te dink!

Verder is daar vier kinderkamers om op te ruim.Die klompie is alreeds so met die jare hier uit met meeste van hulle goed,maar daar is steeds dinge wat hardnekkig hier vassteek,soos verouderde skool-en universiteitsboeke,kinderboekies en prentjies wat hulle geteken het.Natuurlik hang die kaste ook vol matriekafskeidrokke en aandrokke,wat nie meer gebruik word nie.Ek pleit skuldig,daar is ‘n tas bo-in ‘n kas,met al my ou aandrokke van lank gelede.Ek dink ‘n museum sal die spulletjie nie eers wil hê nie!

Dan kom ek by die papierwerk..wil nie eers daaraan dink nie!Al die ou bankstate,rekenings, versekerings- en belastingpapiere,gee my skoon ‘n hol kol op die maag.Die snippermasjien gaan oortyd werk en nes ek alles verwoes het,gaan ek iets daarvan nodig kry!

Laastens kom ek by my boeke.Ek gaan alles in bokse pak,net die mooistes uithou,die bokse in die garage bêre en oor ‘n maand weer al my boeke terugpak..swak plek..ek en boeke!

Die winter gaan lank wees en ek dink klaar ek moet liewer wag tot volgende jaar!

31 antwoorde op Goeters

  1. HeavyHenry het gesĂȘ op Junie 18, 2012

    🙂

    P K Dick het die goed wat so opgaar “kipple” genoem…

  2. sirpsa het gesĂȘ op Junie 18, 2012

    Ek se^ gereeld goeters. En daai pleks van daardie. En nog vele meer. Lekker ou kombuistaal.

  3. Ou-Top het gesĂȘ op Junie 18, 2012

    Wag tot volgende jaar. Naderhand bly net n ou se bed, jou kassie langsaan met jou brille en pille oor. Goeters is n ou se verlede, hede en miskien kry mens dit tog nodig vorentoe.

  4. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 18, 2012

    Oulik!

  5. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 18, 2012

    Ai,ek wens dit was so maklik!

  6. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 18, 2012

    Ja wat,mens kan maar soms so praat..net nie skryf nie!

  7. sirpsa het gesĂȘ op Junie 18, 2012

    Bahalwe oppie blogs. Hier wil ek ontspan.

  8. TS het gesĂȘ op Junie 18, 2012

    Nou praat jy… sug…

  9. frandr het gesĂȘ op Junie 18, 2012

    O, ek identifiseer heelhartig! Natuurlik gaan jy iets nodig kry sodra jy dit weggemaak het, maar as jy dit nog het, gaan jy dit nooit nodig kry nie – hmm, miskien is dit ‘n nuwe uitbreiding van Murphy se wet? Sterkte…

  10. benvanbruggen het gesĂȘ op Junie 18, 2012

    Ja, wag tot volgende jaar.

  11. loudavisi het gesĂȘ op Junie 18, 2012

    Ek gaan deur sulke stadiums wat alles net te veel word, en op die einde sien ek dat alles (meeste)net verplaas is. Het wel laas vakansie bakkievragte weggery hopland toe. Matrasse en lakengoed ens.. Sal maar nuwes koop as ek iets mis.
    Ek begeer minimalisme!

  12. shlwanjan het gesĂȘ op Junie 18, 2012

    sterkte! Daai ‘goeters’ kry mos kleintjies en vermenigvuldig totdat mens eendag nie kan glo hoeveel daar is nie…

  13. my goete is ook geheel en al te veel. besef dit veral hier waar ek tydelik met die absolute minimun klaarkom

  14. pienkvolla het gesĂȘ op Junie 19, 2012

    Hoe gouer jy begin, hoe gouer is jy klaar. En glo my, actually is dit heel lekker. Mens ontdek weer dinge waarvan jy heel vergeet het.

    Ek het so paar maande gelede getrek en SKOONgemaak. Die heel beste deel daarvan is daardie gevoel na die tyd! Wow, jy is so trots op jouself en voel sommer “lig”!

    Sterkte met jou taak…

  15. monicahaddad het gesĂȘ op Junie 19, 2012

    Dit klink besonders bekend!

  16. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 19, 2012

    En Hoe!

  17. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 19, 2012

    Driekwart is gans onnodig!

  18. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 19, 2012

    Dankie,jy moedig my nou aan om te begin.

  19. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 19, 2012

    Die storie van die verbruiker,of hoe sĂȘ ek?

  20. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 19, 2012

    Mens verf jouself vas in al jou goeters!

  21. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 19, 2012

    Nee,dan is daar nog meer om weg te gooi!

  22. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 19, 2012

    Murhy moet nou maar bietjie gaan vakansie hou!

  23. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 19, 2012

    Ons almal se storie!

  24. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 19, 2012

    Die winter is nog lank.Sal my tyd vat.

  25. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 19, 2012

    Ja wat,hoekom nie?

  26. avega het gesĂȘ op Junie 19, 2012

    Ek het met ons laaste twee trekke, uit Jhb en weer terug; goed skoongemaak. Die kinders se aandrokke van al die skool en universiteits danse is na die kinderhuis toe en my patrone en materiaal na ‘n vrou wat vroue leer naaldwerk doen. (My ma se aandrokke van die 1950-60’s wat sy vir my gegee het jare terug, het ek gehou.) My kinders se konsertklere is lekker dress up speelgoed en ek hou dit ook. Maar dis bevrydend om so skoon te maak. My skoonma het juis vanaand vir my haar oorlede skoonma se Sheffield beenhefmesse en vurke gegee. Eendag gaan ek seker ook maar dit net aangee na die kinders.

  27. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 20, 2012

    Klink na goeie planne!

  28. katrina het gesĂȘ op Junie 23, 2012

    Nee, hou op, jy maak my moeg! Dit klink veels te veel na my, opgaarder, se buitekamers. Ek dink net ek het baie meer gemors. Vir manlief gese dat ek hierdie vakansie ‘n plan moet maak. Hoe eet ‘n mens ‘n olifant???? Happie vir happie… hopelik.

  29. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 23, 2012

    Ek het al die papierwerk klaar en is besig om dit te versnipper.Ek dink ek is nou sommer klaar tot volgende keer!

  30. pasella het gesĂȘ op Junie 25, 2012

    Klink soos die Lewies-woning! Ons gee klere vir Solidariteit en goeters vir Hospice–hulle lyk heel happy daarmee.

  31. Perdebytjie het gesĂȘ op Junie 25, 2012

    Dis die dilemma van oordaad,wat ons so verstrengel!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.