Sonne meddie diere

Junie 12, 2012 in Sonder kategorie

Pas tans iemand se woef op.Ek noem liewer nie name nie.Mensig,maar hy is ‘n handvol!Ons is lief vir honde en vandat ons twee ou viervoete na ‘n beter plek vertrek het,is ons lekker los om te gaan waar ons wil en af en toe ‘n welwillendsheid oppassingtjie van ander viervoete te doen.

Maar nou kyk,hierdie oppassingtjie is nie net sommerso nie,dit veroorsaak ‘n gekners van tande en ek is alreeds op die”gums”!

Liefste dier,so pragtig,so lewendig, so ongedissiplineerd!Al wat hy reg doen is om buite te piepie en dan is dit ook bo-oor al die mooiste struike en tuinstoele.

Gaan wandel Sondag met hom,knapie hurk op iemand se mooi gemanikuurde sypaadjie en…daar lê my vermiste kous tussen bruin sousies!Gelukkig was dit bitter koud en met niemand in sig,kies ek die hasepad huis toe!

Vanoggend vroeg,is my pantoffel se hak omgesit in hondekos en my TVkamer se bank het skielik ‘n skeur in,waaruit die sponsrubber peul en oral soos ryskorrels gesaai lê!G’n mens weet wanneer hy dit gedoen het nie,want hy word uitgegooi en moet heeldag buite bly.

Buite is hy net so stout,hol soos ‘n beserker deur die tuin,met ‘n ou plastiekbottel,wat hy in die lug opgooi.Al die deure en vensters is vol krapmerke,want hy loods verwoeste aanvalle,wanneer hy jou binne sien.Weet nie hoe gaan ek ooit weer die merke uit die vensters kry nie!Die deure sal maar afgeskuur moet word.

Hy word elke dag vir ‘n laaang wandeling geneem,die tuin lê vol speelgoed,maar genugtig,die knapie bereik nooit zero nie.

Ek tel die slapies af…het nie meer energie vir jong honde nie! 

31 antwoorde op Sonne meddie diere

  1. lora2me het gesê op Junie 12, 2012

    So ‘n klein brakkie kan verskriklik baie skade aanrig en party honde kan mos nie geleer word nie. Sterkte. Gelukkig kan hy darem in die tuin rondhol. Gaan koop maar solank die vernis vir die deure. ;D

  2. Hy is al twee jaar oud,’n middelslaghond,maar met energievlakke wat deur die dak gaan!Dalk moet ek hom op Rittelen sit?

  3. avega het gesê op Junie 12, 2012

    Dit klink soos my vriende se hond, hy is ‘n handvol en moet die hele tyd van sy energie ontslae raak. Sterkte

  4. Dankie,ek het krag nodig.Hy is tans besig om die agterplaas se hekkie af te breek!

  5. TS het gesê op Junie 12, 2012

    ooooooo ek ken dit ook Ek bied nou liewer aan om na die honde by die mense se eie huis op te pas.

  6. Carol460 het gesê op Junie 12, 2012

    Gee vir die hond Ritalin ! He – he !

  7. zephur het gesê op Junie 12, 2012

    Meer skade as binnegoed

  8. Is dit dalk ´n Labrador??

  9. Berwick het gesê op Junie 12, 2012

    Watse hond?

  10. Airedaleterrier.Pragtige hond,maar hiper-hiperaktief!

  11. Airedaleterrier.

  12. Ek het dit oorweeg,maar dit het dalk die teenoorgestelde uitwerking.

  13. Jip,ek is al moereloos!

  14. Bietjie vêr van ons af.

  15. Carol460 het gesê op Junie 12, 2012

    He – he ! Arme jy !

  16. sirpsa het gesê op Junie 12, 2012

    Skielik waardeer ek weer ons rustige, bejaarde hond.

  17. Geitjie1 het gesê op Junie 13, 2012

    Hoop vir jou sy ouers kom gou terug!

    Pas skade beheer toe of is hy dalk buite beheer?

    Sterkte

  18. net myself het gesê op Junie 13, 2012

    Sjoe dis erg! En mens kan seker ook nie van die eienaars verwag om al die skade reg te maak nie. Ek bly nou maar eenmaal ‘n kat mens, al moet ek erken dat my gordyne ook maar lekker deurloop onder hulle.

  19. HeavyHenry het gesê op Junie 13, 2012

    Watse brak is dit?

  20. HeavyHenry het gesê op Junie 13, 2012

    O ek sien ‘n terrier – sterkte, terriers is terrors!

  21. Diere kom maar met ‘n prys!

  22. My huis lyk reeds soos ‘n fort binne..Orals toe deure en tafels in die gate waar ons nie kan toemaak nie!

  23. Ou honde is ‘n aanwins.

  24. Terreur..jy kan dit weer sê!

  25. HeavyHenry het gesê op Junie 13, 2012

    🙂

  26. honde kan mens erge skade berokken – my skades was meestal myse eie brakke

  27. Woeste dier..hierrie ene!

  28. Vir jou eie vrede, sit hom in ‘n kennel.

  29. Gelukkig waai hy vandag.Skoonmaak en regmaakoperasie lê voor hierdie week.No more deugs for me,thankyou!

  30. pgjonker het gesê op Junie 17, 2012

    Nie geweet Airedales is so lewendig nie. My JR is ook so, gelukkig is die pakkie bietjie kleiner.

  31. Ons het ook ‘n JR gehad.Hy was erger,maar soos jy sê,hy was heelwat kleiner.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.