Wonderlike waterval

Junie 9, 2012 in Sonder kategorie

Die Epupawaterval in Namibië is die moeite werd om te besoek.Weggesteek in die Noord-Westelike hoek van hierdie uitgestrekte land, druis dié redelik onbekende waterval die dieptes in oppad na die koue Atlantiese-oseaan.Hierdie waterwonder is in die magtige Kunenerivier wat die Noordelike grens met Angola vorm.

Dis vêr om soontoe te ry en in die reëntyd is die pad daarheen baie sleg.Daar is ook nie veel om verder in daardie omgewing te doen nie en twee nagte se oorbly is genoeg om van ‘n lang reis te herstel.Die hitte en muskiete maak ook ‘n mens se wiele pap,maar die prag van die waterval kanselleer al die negatiewes uit.

Daar is ‘n pragtige herberg waar ‘n mens kan bly en verder is daar verskeie Himbakrale in die omgewing.Hier kan mens die Himbas se unieke leefwyse waardeer.

Missproei en ‘n gedruis prikkel die reisiger se nuuskierigheid.

Laatmiddagfoto vanaf die netjiese herberg teen die Kunenerivier

Ons moes ‘n hele entjie langs die rivier afstap vir hierdie uitsig oor die hoofwaterval.

Nogal interessant dat ons verby vrolike baddende Himba jongmanne moes loop..sommerso

daar in die rivier.

Die waterval maak verskillende vertakkings en dreun oor ‘n wye gebied in ‘n reuse skeur in.

Die waterval is te wyd om op een foto vas te lê.Oorkant lê Angola.

‘n Massiewe Geelriviervy en drie Kremetartbome klou verbete aan die verwerende rotswande.

Die natuur is die doepa wat my aan die gang hou!

22 antwoorde op Wonderlike waterval

  1. HeavyHenry het gesê op Junie 9, 2012

    Jis dis lekker foties!

  2. louisna het gesê op Junie 9, 2012

    Ongelooglike pragtige natuurskoon

  3. loudavisi het gesê op Junie 9, 2012

    Ek is baie beindruk, Bytjie!

  4. Loergaatjie het gesê op Junie 9, 2012

    Dis ongelooflik mooi ! Wow !

  5. Carol460 het gesê op Junie 9, 2012

    Liewe aarde maar dis pragtig ! Wat ‘n ervaring !

  6. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Dankie,die atmosfeer daar,was ‘n belewenis.

  7. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Kannie in woorde omsit nie.Mens moet self daar wees.

  8. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Dankie Lou vir jou altyd positiewe kommentaar.

  9. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Dankie vir inloer Ouboet.

  10. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Dankie man van vele woorde!

  11. Baie, baie mooi!

  12. TS het gesê op Junie 9, 2012

    mmmmm…. die eerste keer dat ek van so plek hoor.

  13. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Dis so afgeleë dat baie mense nie regtig daarvan weet nie.

  14. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Dankie vir inloer.

  15. avega het gesê op Junie 9, 2012

    Sjoe dis absoluut pragtig en ongerep. Sekerlik te ver vir die ‘gewone’ toeris

  16. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Jy het ten minste vier dae nodig om vanaf Johannesburg soontoe te ry.Dis nogal ‘n uittog hoor!

  17. eerste maal wat ek hiervan hoor!
    Pragtige foto’s

    ons aardbol bied ons so veel om te verken en te bekyk.

  18. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Om elke draai iets nuuts en wonderlik!

  19. krokowaan het gesê op Junie 12, 2012

    jy laat my verlang …

  20. wil nog eendag so ver ry en SA sien!!!

  21. Jy moet!

  22. Maak mens se hart week!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.