Ore

Junie 8, 2012 in Sonder kategorie

Ek sit nou die dag op ‘n lughawe en doen die gewone ding wat ‘n mens op lughawens doen..WAG!Om die tyd om te kry,sit ek in ‘n lekker posisie waar ek die mensdom kan dophou.Wat ‘n interessante spulletjie!

Dikkes,graatjies,langes,kortes,selfversekerdes,skames..almal loop en tik met vingertjies op elektroniese ware.Jissie,die moderne mens is só gekonnekteerd,dat hy eintlik gediskonnekteerd is.

Nietemin,naderhand begin ek die klomp om my dissekteer in kleiner stukkies.Ek begin by die ore.Ek kyk net na almal se ore.Wat ‘n openbaring!Skielik besef ek dat ‘n oor eintlik ‘n vreeslike eienaardige ding is,veral as jy hom losmaak van die lyf waarop hy vasgeplak is.

Sommige lyk soos netjiese pienk klein skulpies.Dan is daar die piepkleintjies,wat soos moesietjies langs die kop sit.Die groot,vlesiges met sulke lang harde hare wat soos Medusa-slange uitkrul,is die grillerigstes.Verskeie ore is dun en deurskynend,met blou are wat soos padkaarte daarop uitgedruk is.

Hier en daar doen ek ‘n meting met die oog saam en sien dat sommige gehoorskulpe van die kakebeen tot by die bokant van die draer se kop strek..verstommend!Dan is daar nog die assimetriese ore,waar elke oor aan dieselfde kop,totaal verskil.

Ek het heerlike binnepret en is maar te bly dat niemand besig is om ‘n studie van my twee bakoortjies te maak nie.

Volgende keer kyk ek net na neuse!

35 antwoorde op Ore

  1. daancoetzee het gesê op Junie 8, 2012

    Jy weet seker dat mens se ore en neus aanhou groei.

  2. loudavisi het gesê op Junie 8, 2012

    😀
    Lughawens kan mens snaakse goed laat uitdink!

  3. Perdebytjie het gesê op Junie 8, 2012

    Ek hoor die ding.Daarom moet mens seker nie te lank lewe nie!

  4. Perdebytjie het gesê op Junie 8, 2012

    Lekker plek om meegevoer te raak in verspotte gedagtes.

  5. lora2me het gesê op Junie 8, 2012

    My kind sê party mense se ore lyk soos gedroogde pere en dis nogal waar. Dis maar goed party mense het hare oor hul ore. Daar was ‘n skoolhoof by ‘n sekere skool wat H2O genoem is – Helse Twee Ore. Jy kan dink hoe hy aange”vlieg” gekom het in die oggende.

  6. Perdebytjie het gesê op Junie 8, 2012

    Jip,gelukkig kan ek myne onder hare wegsteek.H2O! haha!

  7. oulik! vandag was almal die ene ore , ander dag die ene neuse .

  8. Ek-Myself het gesê op Junie 8, 2012

    Ek kan my ook verkyk aan mense, ek is mal daaroor! Sien gewoonlik die hare raak of mal om op ‘n dansbaan mense dop te hou… entlik oral, self in ‘n mall, ‘n restaurant, ag enige plek ek vergaap my behoorlik

  9. TS het gesê op Junie 8, 2012

    Gha is jy die vrou wat my so aangestaar het!!!!

  10. Perdebytjie het gesê op Junie 8, 2012

    O,was dit jy met die pragtige pienk skulpies?

  11. Perdebytjie het gesê op Junie 8, 2012

    Mens hoef nooit alleen te voel in ‘n massa nie.

  12. Perdebytjie het gesê op Junie 8, 2012

    Sal eers ‘n studie van die neuse moet maak.

  13. TS het gesê op Junie 8, 2012

    I wish…sug…

  14. Madhatter het gesê op Junie 8, 2012

    En is die mens nie ‘n lelike ding as jy hom so stuk vir stuk ontleed nie?

  15. pienkvolla het gesê op Junie 8, 2012

    Pleks jy kyk eerder na iets veel mooier as ore – like die mond!

  16. Ore is baie belangrik…jy kan basies alles van mens se toekoms aflei uit hul ore uit…ek het bv groot ore…bietjie soos Boeddha bv gehad het…maak maar jul afleidings…

  17. Perdebytjie het gesê op Junie 8, 2012

    Dit kom volgende keer as ek weer iewers moet wag.

  18. Perdebytjie het gesê op Junie 8, 2012

    Jy kan dit weer sê!Daar is maar bitter min mooi mense.

  19. as jy my linker en regteroor apart bekyk, sal jy dink dis twee verskillende mense se ore.
    🙁

  20. Perdebytjie het gesê op Junie 8, 2012

    Mens kan hoor ook met ore!

  21. Perdebytjie het gesê op Junie 8, 2012

    Dat ‘n eenvoudige ding soos ore,’n mens so aan die dink en praat kry!

  22. pasella het gesê op Junie 8, 2012

    Blerrie onnies op skool het ‘n field day met my ore gehad, lekker geruk en gepluk!

  23. Carol460 het gesê op Junie 8, 2012

    He- he, ek het een keer gelees dat ‘n mens se ore bly groei……

  24. Perdebytjie het gesê op Junie 8, 2012

    Dis seker hoekom ek twee sulke skepskottels het!

  25. As jy na iemand kyk en die bokant van sy ore sit laer as sy oe moet jy weet……….hiers n paar varkies missing

  26. smella het gesê op Junie 9, 2012

    Ek kan my ook verkyk aan mense, baie interessant.
    Nog nooit na ore gekyk nie, dalk volgende keer!

  27. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Rêrig??

  28. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Maak die ore los van die persoon..nogal ‘n eienaardige gevoel wat mens kry.

  29. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Siestog Lewies!Die seuns in my klas het ook goed deurgeloop,maar dan was dit oor hulle vrek stout was!

  30. krokowaan het gesê op Junie 9, 2012

    oë —- dis die eerste waarna ek kyk, maar net na meisies se oë, stel regtig nie belang in mans se anatomie nie, nie eintlik ook in my eie nie, ek is darem al lankal daaraan gewoond …

  31. HeavyHenry het gesê op Junie 9, 2012

    🙂

  32. Perdebytjie het gesê op Junie 9, 2012

    Hehe!Ja,dis die volgende ding naas neuse,waarop ek my in ‘n volgende wagtyd sal toespits!

  33. Carol460 het gesê op Junie 9, 2012

    Nee man, he – he, kan nie so erg wees nie!

  34. As ek te oud word gaan hulle op die grond sleep!

  35. Carol460 het gesê op Junie 10, 2012

    He – he ! Myne dalk ook

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.