Motorwrakke

Junie 6, 2012 in Sonder kategorie

Motorwrakke lê gestrooi oor die hele bar Namibiese landskap.Dis ook glad nie vreemd nie,want die ongelooflike afstande en onherbergsaamheid,sorg gereeld vir nóg ‘n voertuig om in sy spore tot stilstand te knars.

Elke ou karkas vertel sy eie storie van glorieryke dae,met ‘n gesonde brommende masjien,onder ‘n blinkgevryfde enjinkap tot by die treurige toestand van verval,langs vêr afgeleë paaie.

Hierdie ou Fordbakkie,met die Brandberg in die agtergrond, lê langs ‘n stil murasie..wuiwende grasse,sy enigste geselskap.

Staangemaak op klippe,staan slegs die raam van ‘n eens hardwerkende vragmotortjie oppad na nêrens.

Op sy dag,’n spogmotor! (ek dink dis ‘n Valliant)Net die wind verbreek die stilte en suis deur die stukkende sitplekke.

In my verbeelding sien ek ‘n gesin met gepakte tasse en ‘n piekniekmandjie vol padkos,oppad na die vêrre onbekende.

‘n Baie ou ryding,seker uit die dertigerjare.Moontlik ‘n ou Citroën?Ek kan maar net raai dat dit die motor van ryk Duitse kolonialiste kon wees.

 ‘n Ou vragmotorkajuit…met ‘n gekraakte voorruit wat lyk soos die web van ‘n spinnekop.

Hierdie ou wrakke sal seker nie meer lank rondlê nie,want die waarde van skrootstaal sal sorg vir ekstra geldjies in iemand se sak.

Dis nogtans so ‘n nostalgiese blik op ‘n tyd wat vir ewig verby is en dit laat mens besef hoe verganklik alles is!

17 antwoorde op Motorwrakke

  1. TS het gesê op Junie 6, 2012

    Ek is dol oor sulke ou wrakke … veral as hulle al ‘n rukkie op een plek lê.
    Mooi foto’s

  2. HeavyHenry het gesê op Junie 6, 2012

    Nice foties!

  3. Vetjan het gesê op Junie 6, 2012

    Bietjie baie wyd gestrooi ou Pêreby. Daar ry hoeka ‘n skrootmetaal spedialis saam met my deur Namibië, maar vir die natuur, niks met afval metaal te doen nie, en nee niemand gaan daai voertuise herwin vir die staal nie.

  4. Perdebytjie het gesê op Junie 6, 2012

    Ek is bly om dit te hoor,want die wrakke sorg ook vir atmosfeer.Miskien het dit net vir my bekoring.

  5. Perdebytjie het gesê op Junie 6, 2012

    Dankie Henry.

  6. Perdebytjie het gesê op Junie 6, 2012

    Ek het soos ‘n mal ding aangegaan,moes by elke wrak stop en het selfs eenkeer in moederaarde in verdwyn,toe ek in ‘n grondeekhoring se gat getrap het..my vrek geskrik!

  7. TS het gesê op Junie 6, 2012

    Het jy daai by Solitaire ook gesien?

  8. Perdebytjie het gesê op Junie 6, 2012

    Ja,maar oor hulle so baie gefotografeer word,het dit nie vir my dieselfde trefkrag as ‘n wrak op ‘n uiters verlate plek nie.

  9. Blikskottel het gesê op Junie 6, 2012

    Ek sal graag ‘n paar van daai na my plek toe wil bring…sal lekker geld maak met dit.

  10. Perdebytjie het gesê op Junie 6, 2012

    Die goed is vêr in die wêreld en sal baie kos om te herwin!

  11. Perdebytjie het gesê op Junie 6, 2012

    Ek neem net nie motors af,wat in ongelukke was nie.Daar is baie van hulle ook.Ek wil nie tragedie vaslê nie.

  12. loudavisi het gesê op Junie 6, 2012

    Lieflike versameling!

    Jou blog is altyd so mooi.
    Dankie

  13. krokowaan het gesê op Junie 7, 2012

    nogal hartseer!

  14. Perdebytjie het gesê op Junie 7, 2012

    Dankie Lou!

  15. Perdebytjie het gesê op Junie 7, 2012

    Ja,dit is,veral as mens so by die wrak staan met net die wind en son en stilte om jou.Dis ‘n anderster atmosfeer.

  16. Madhatter het gesê op Junie 8, 2012

    Ek sal altyd wonder wat was die storie agter die wrak. Mooi fotos.

  17. Perdebytjie het gesê op Junie 8, 2012

    Dankie vir inloer!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.