‘n Geoloog se droom

Mei 28, 2012 in Sonder kategorie

Wanneer ‘n mens in die Ugabrivier se sandbedding ry,begroet hierdie wondertonele jou.Die rivier is een van verskeie riviere in Damaraland in Noord-Wes Namibië.Hierdie riviere loop onder die sand en kan in die reënseisoen gevaarlik afkom en het alreeds verskeie kampeerders onkant gevang!

Dis ook die wandelbane van die Woestynolifante en verskeie ander droëveld diere.Dis egter ‘n lus vir die geologiese oog en het my miljoene jare teruggevoer.In my verbeelding kon ek seebeddings vol vreemde kreature sien en toe weer gletsers wat diep kepe in die landskap sny.Dan was daar weer ‘n groot binnelandse meer en ‘n aardskudding,wat alles omkeer.

Die twee ou kraters (Messum en Doros) in die omgewing het ook gesorg vir skouspelagtige uitbastings en lawaneerslae wat honderde kilometers verder nog waargeneem kan word.

Zebrastrepe in die Ugab,in die Brandbergomgewing

Wat het alles hier gebeur om sulke mooi bruin- en wit- sjokolade formasies te vorm?

Lyk soos ‘n marmerkoek..opgebou uit verskillende lae.

Ons kon hier nie verder,want hier was baie water en plantegroei.

En die aarde het opgerys,gekantel,afgesak en weer opgestoot..

Elke lagie vertel ‘n storie van katastrofes van  vervloeë tydperke, eeue voor Homo Sapiens.

Dis Moeder Natuur op haar rouste!

24 antwoorde op ‘n Geoloog se droom

  1. hysmal het gesê op Mei 28, 2012

    pragtig

  2. Perdebytjie het gesê op Mei 28, 2012

    Dankie,laasweek daar gewees..leef nog steeds in ‘n droomwêreld!

  3. loudavisi het gesê op Mei 28, 2012

    Sjoe dis mooi!

  4. sirpsa het gesê op Mei 28, 2012

    Jip, op haar rouste.

  5. Senna_Wann het gesê op Mei 28, 2012

    You take AMAZING photos!! I love them.

  6. Perdebytjie het gesê op Mei 28, 2012

    Thanks!

  7. abrham het gesê op Mei 28, 2012

    moeder aarde is huisvlytig – laag op laag – pannekoek

  8. Perdebytjie het gesê op Mei 28, 2012

    Dankie vir inloer.

  9. Perdebytjie het gesê op Mei 28, 2012

    Dankie Lou!

  10. Perdebytjie het gesê op Mei 28, 2012

    Goeie beeld!

  11. dit is werklik uniek pragtig

  12. daancoetzee het gesê op Mei 28, 2012

    Baie, baie mooi!!!

  13. monicahaddad het gesê op Mei 29, 2012

    Daardie land fassineer my eindeloos.
    Pragtige foto’s, dankie!

  14. krokowaan het gesê op Mei 29, 2012

    jaloers op jou Namibiese reis … bly jy is terug; sal weer kontak oor NKP

  15. HeavyHenry het gesê op Mei 29, 2012

    Nice – mens staan stom voor die kragte wat die klip so buig!

  16. Perdebytjie het gesê op Mei 29, 2012

    Dankie vir inloer.

  17. Perdebytjie het gesê op Mei 29, 2012

    Daar is dit so duidelik,want alles is so rou,sonder plantegroei,wat dit versag.

  18. Perdebytjie het gesê op Mei 29, 2012

    Dankie vir inloer,Latino!

  19. Perdebytjie het gesê op Mei 29, 2012

    Dankie ,Rosie.

  20. Perdebytjie het gesê op Mei 29, 2012

    Dankie Monica..my hart is daar verloor!

  21. HeavyHenry het gesê op Mei 29, 2012

    Jip!

  22. Perdebytjie het gesê op Mei 30, 2012

    Sal interessant wees om ‘n geoloog se stories te hoor!

  23. Madhatter het gesê op Junie 8, 2012

    Net gisteraand ‘n program op Kyknet gewees oor daardie gebied. Ek het geluister en gedink dit moet ‘n baie spesiale mens vat om in daardie wereld te bly. Mooi fotos.

  24. Perdebytjie het gesê op Junie 8, 2012

    Daar woon nie baie mense nie,maar die wat wel daar is,is vrek taai!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.