Ou goed

Mei 6, 2012 in Sonder kategorie

Wêreldwyd lê ou goed rondgestrooi.Vir die kritiese oog is dit ‘n steen des aanstoots,maar vir my is daar altyd ‘n storie verbonde aan die wrak van ‘n eertydse ou motor,windpomp,plaasimplement en stuk draad.’n Mens ken nie altyd die verhale nie,maar kan maar net raai watter pad hierdie ou ding in ‘n leeftyd in mensehande gestap het.Die misterieuse agter die mense wat hierdie ou goed eens op ‘n tyd hanteer het,hou altyd vir my ‘n stukkie mistiek in en voer my mee na ‘n vervloeë tyd.

Hierdie ou waterpomp staan iewers op ‘n plaas in die suide van Namibië.

Dalk het die water opgedroog,of die einaars het uitgeboer en alles net daar gelos!

‘n Donkiekar in die dorre Kaokoland.Dalk was die wiele afkomstig van ‘n motorwrak.

Die bakwerk is van ou sinkplate aanmekaar getimmer.Dit is duidelik nog in werkende toestand,

die geheimsinnige eienaar was nêrens te siene nie.

Sink,hout en flenter kardeure is ingespan om hierdie huisie te skep.Die vertoiingde geraamte van ‘n

gevalle ou windpomp,beklemtoon die mistroostige toneel van swaarkry.

Miskien het hierdie Landrover duisende kilometer op vêr paaie afgelê,voordat

dit finaal hier tot ruste gekom het.

‘n Haasbek,skewetand windpomp..vir ewig tot stilstand geknars!

Waar sou dié lorrietjie orals gery het,voordat dit ook finaal op hierdie moedverloor

se droë vlakte gaan staan het?Dalk nou net ‘n speelplek vir maer,kaalvoet kindertjies..

Die oorblyfsels van ‘n eens deftige Singernaaimasjien.Hoeveel elegante kledingstukke is onder sy

naald geskep,voordat dit op ‘n hartseer ashoop tussen rolle doringdraad beland het?

Op sy dag,was hierdie die trotse,statige motor,van iemand met ‘n goeie inkomste

en status..gereduseer tot ‘n houer vir vuurmaakhout.

Nog ‘n nuttelose waterpomp,geroes en geskroei deur jare se genadelose son.

‘n Plaasimplement lê en vergaan in die wye ooptes.

As ou goed kon praat….

30 antwoorde op Ou goed

  1. TS het gesê op Mei 6, 2012

    Ai dis hartseer… hartseer maak egter die beste foto’s

  2. Wens ook die goed kon vertel waar hulle was en aan wie het hulle behoort.

  3. loudavisi het gesê op Mei 6, 2012

    Puik pos, Perdebytjie!

  4. avega het gesê op Mei 6, 2012

    Willie Bester sal vir elkeen van die ou goed ‘n lekker nuwe storie kon gee.

  5. HeavyHenry het gesê op Mei 7, 2012

    Nice foties – die plekke lyk so leeg – mens wonder hoe mense daar oorleef.

  6. Perdebytjie het gesê op Mei 7, 2012

    Goeie vraag.Dankie vir inloer.

  7. Perdebytjie het gesê op Mei 7, 2012

    Dis die gevolge van ‘n weggooikultuur,wat die voedingsbron vir kapitalisme is!

  8. Perdebytjie het gesê op Mei 7, 2012

    Ek klink dom..wie is Willie Bester?

  9. Perdebytjie het gesê op Mei 7, 2012

    Dankie Lou.Ek waardeer altyd jou positiewe kommentaar..op die ander blogs ook.

  10. Perdebytjie het gesê op Mei 7, 2012

    Dankie Modderkoekie.Ek hoop maar my oog hou nog lank,want dis nou ‘n soort van ‘n stokperdjie.

  11. Perdebytjie het gesê op Mei 7, 2012

    Gelukkig kan mens jou verbeelding laat gaan!

  12. Perdebytjie het gesê op Mei 7, 2012

    Ja,aftakeling deur mot en roes,is deel van die nie-lewendige wêreld.

  13. Blikskottel het gesê op Mei 7, 2012

    Ek sal betaal om van daai scrap te koop vir ons antieke winkel.

  14. avega het gesê op Mei 7, 2012

    Niemand is dom nie, as mens nie vra nie sal mens nie weet nie 🙂 Kunstenaar van die Weskus wat materiale wat herwin is gebruik vir kunswerke. Hy het ‘n ongewone huis, ontsettend kunstig, alles van ander se afval gemaak.

  15. Perdebytjie het gesê op Mei 7, 2012

    Dit klink interessant.Kan mens sy plek besoek en waar is dit presies?

  16. Perdebytjie het gesê op Mei 7, 2012

    Ongelukkig is dit alles in Namibië.Maar ek is seker dat jy op baie plase sulke ou goed sal kan kry.Julle het seker maniere om ou goed in die hande te kry.

  17. avega het gesê op Mei 7, 2012

    Ek het van sy uitstallings al in die Goodman galery gesien en sy huis al dikwels in tydskrifte gesien. Kan nie onthou waar hy bly nie. Dis sy privaat huis ek weet nie of dit oop is vir die publiek nie.
    http://www.williebester.co.za/entercvbester.htm

  18. Perdebytjie het gesê op Mei 8, 2012

    Dankie,Vega.Ek het gaan loer.Sjoe die man het omtrent sy huis met ou “scrap” versier.Ek sal nou nie sê dis mooi vir my nie,maar voorwaar kreatief!

  19. Neander het gesê op Mei 9, 2012

    Jy openbaar diep emosies. Kunstena(a)r?
    😉

  20. Perdebytjie het gesê op Mei 10, 2012

    Miskien wel.Ek merk op dat ek anders kyk na die lewe om my,as meeste mense wat ek ken.Musieklik ook.

  21. I-like-silly het gesê op Mei 10, 2012

    eks mal oor jou fotos!

  22. Ek-Myself het gesê op Mei 11, 2012

    Ek lees n stukkie nostalgie raak. Ek kan erg nostalgies raak, soms sommer n pyn in my eie gai. Mooi foto’s!

  23. Ek-Myself het gesê op Mei 11, 2012

    Antieke winkel? Waar as ek mag vra, Blikskottel?

  24. Perdebytjie het gesê op Mei 12, 2012

    Baie dankie.

  25. Perdebytjie het gesê op Mei 12, 2012

    Nostalgie is ‘n lekker menslike emosie!Dankie vir inloer.

  26. hysmal het gesê op Mei 13, 2012

    uitstekende fotos

  27. Perdebytjie het gesê op Mei 14, 2012

    Dankie vir die inloer.

  28. Carol460 het gesê op Mei 14, 2012

    Hulle sou jou ‘n paar stories kon vertel.

  29. Twaksak het gesê op Mei 14, 2012

    Mmmmm, miskien moet jy hulle stories begin vertel. En die stories van die hande wat hulle hanteer het…

  30. Twaksak het gesê op Mei 14, 2012

    Mmmmmm.

Los ’n antwoord vir Neander. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.