Hekke
April 30, 2012 in Sonder kategorie
Hekke vertel stories.Plaashekke roep ou verlangens by my op.Kleintyd moes ons altyd beurte maak om hekke oop en toe te maak.By sommige hekke het dit gespook en almal was saans katvoet dáár.Ander het moeilike knippe gehad,of sommer net oopgeswaai en jou amper deur die gesig geslaan.Laasgenoemdes is smoelslaners genoem en was gewoonlik gemaak van draad en paaltjies.Hulle het ook nie op skarniere gedraai nie,maar sommer so los gespring en dan moes jy net koes of jy is voortydig haasbek!
Hekke speel nog steeds ‘n belangrike rol en elkeen het sy eie karakter en storie.
Hierdie een is vêr in die wêreld,en hou iemand se kosbare beeste uit die pad uit.
Party hekke verwelkom mens by vreemde plekke met pragtige name.
Iets geheimsinnigs en romanties,wag verderaan.
Sommige hekke is kunstig aanmekaar geflans en dit skep die indruk van ‘n
perfeksionistiese einaar met ‘n skeppingsvermoeë,soos min!
Dan is daar die grieselrige hekke,waar die dood as versiering dien! .
Kliphekke met interessante kennisgewings,voorspel wonderlike belewenisse vorentoe.
‘n Outydse poort met ‘n soetklinkende naam, verberg ‘n ou fort uit ‘n vergange koloniale era.
‘n Ingang met vreemde behangsels aan ‘n boom, prikkel die nuuskierigheid.
Hierdie een is my persoonlike gunsteling.
As hekke kon praat…
TS het gesê op April 30, 2012
Daardie is vriendelike hekke wat die dier moet inhou… die onvriendelikes moet die skelm uithou!
Perdebytjie het gesê op April 30, 2012
Ek probeer nie eers daaraan dink nie.Ek konsentreer maar op die vriendelikes.
rosiemetdorings het gesê op April 30, 2012
‘n Mooi of interessante ingang is soveel meer aanloklik
Carol460 het gesê op April 30, 2012
Die eerste twee is die plaashekke wat ek uit my kindertyd onthou….
Perdebytjie het gesê op April 30, 2012
Ja,ons het so lekker op hulle gery met die oopgaanslag,dan het oupa geraas,want ons rem die hekke af!
Perdebytjie het gesê op April 30, 2012
Dit vertel iets van die persoon wat daar bly.
Carol460 het gesê op April 30, 2012
Netso ! 🙂
Twaksak het gesê op April 30, 2012
Die lekkerste hek is een waarvan die heining aan weerskante lankal vergaan het…
benvanbruggen het gesê op April 30, 2012
Klomp sterretjies.
erikavz het gesê op April 30, 2012
Oe!! het ons die smoelslaners gehaat – Oupa het altyd so entjies weggery sodra jy naby die bakkie kom. So ‘n speletjie kon nogal aanhou en hoe moedeloser jy raak hoe meer het Oupa dit geniet.
frandr het gesê op Mei 1, 2012
So ‘n interessante verskeidenheid – dankie vir die deel!
HeavyHenry het gesê op Mei 1, 2012
Nice foties!
krokowaan het gesê op Mei 2, 2012
Wonderlike fotobeeld uit Suidwes!!! Jy is ‘n kunstenaar
net myself het gesê op Mei 3, 2012
Mooi! Daai boonste twee hekke lyk soos die suide van Namibië. Verlang ek nou sommer soontoe.
Perdebytjie het gesê op Mei 6, 2012
Jy is heeltemal reg.Wonderlike wêreld!
Perdebytjie het gesê op Mei 6, 2012
Kan ongelukkig net stokmannetjies teken,maar my kamera en skeppingsdrang maak op daarvoor.Baie dankie!
Perdebytjie het gesê op Mei 6, 2012
Dankie Henry.
Perdebytjie het gesê op Mei 6, 2012
Dankie vir die inloer,tannie frann.Ek waardeer.
Perdebytjie het gesê op Mei 6, 2012
Dankie Bruggie.
Perdebytjie het gesê op Mei 6, 2012
Besondere gedagte.Laat my nogal dink!
hysmal het gesê op Mei 13, 2012
smoelslaners! ook net in afrikaans.
weer goeie fotos
Perdebytjie het gesê op Mei 14, 2012
Ja,ons taal het baie blink klippies wat in ons kieste rondrol!
lisabeth het gesê op Mei 16, 2012
Oe, ek het ook ‘n gunsteling hek in die helew wereld! Mooi fotos hier en by die volgende blog.