Wonderlike woestynland vanuit die lug

April 26, 2012 in Sonder kategorie

Die Namibwoestyn fassineer my van kleinsaf en verlede week het ek die voorreg gehad om oor ‘n gedeelte daarvan te vlieg in ‘n redelike stabiele muskiet.Ek was aanvanklik vreesbevange,maar later het ek ontspan en besluit dat die waagstuk deur en deur die moeite werd was!

Met my kamera wat klik en klik,het ek die ongelooflike skoonheid probeer verewig.Ons vlug was oor die rooi duine vanaf Tsondabvallei tot by Sossusvlei,waar ons gedraai het en weer terug is vir ‘n vlug oor die Kuiseb Canyon.Dit was ‘n grootse ervaring en ek sal dit enige dag weer doen!

Lieflike rooi duine.Hierdie duine is heelwat ouer as wit en geel duine en die rooi voorkoms is vanweë die korosie van die yster in die sand.Dus hoe rooier,hoe meer geroes,hoe ouer.Wanneer mens ‘n magneet oor die sand trek,staan die ystervylsels soos hare op ‘n hond se rug daarop.

Duine naby Sossusvlei,met die rivierloop van dieTsauchab,wat lyk soos groot wit are.

Wat kan ek sê….?Gewoonlik is hierdie duine sonder plantegroei,maar na die ongewone goeie reënjaar,is dit oortrek met gras en bossies.

Versteende duine..nog ouer as die vorige rooi duine..miljoene jare se kompaksie,maak dit hard soos klip.

23 antwoorde op Wonderlike woestynland vanuit die lug

  1. frikve het gesê op April 26, 2012

    Baie great!!

  2. Dankie vir die inloer,Frik!

  3. loudavisi het gesê op April 26, 2012

    Jy maak vir my wêrelde oop!
    Hoop jy toer nog baie sodat ek dit hier kan beleef.
    Dankie
    xx

  4. Ek besef ek is uiters bevoorreg.Ek is so bang ek verveel julle met al my stories,maar dis nie die bedoeling nie.Mens kan nie sulke wonderlike belewenisse vir jouself hou nie!

  5. TS het gesê op April 26, 2012

    Wow. mooi, mooi, mooi, mooi…

  6. loudavisi het gesê op April 26, 2012

    Verveel?
    NOOIT!

    Ek wys jou foto’s vir almal wat by my deur instap.

  7. Gelukkig ken ek niemand wat my so rit in ‘n muskiet kan aanbied nie, daarom geniet ek maar jou pragtige foto’s

  8. Madhatter het gesê op April 26, 2012

    Hoe lank gaan julle nog daar wees om vir ons hierdie mooie fotos te verskaf?

  9. erikavz het gesê op April 26, 2012

    Ek geniet dit so om saam met jou te toer – jou fotos is pragtig

  10. Hou asseblief aan met die foto’s.

  11. Geitjie1 het gesê op April 27, 2012

    Mooi foto’s!

    Ek wil nie daar verlore raak of verdwaal nie……………..

  12. Toe ons so vlieg,tref dit my,dat as ons sou val,sal niemand ons kry nie..naald in ‘n hooimied!

  13. Sal so maak, Latino.

  14. Dankie Erika,ek waardeer.

  15. Solank ons gesondheid en lywe hou!

  16. Dis dalk beter.Die muskiet het net een ou skroefie en as hy faal…!

  17. Dankie Tina.

  18. HeavyHenry het gesê op April 27, 2012

    Nice!

    So as mens ‘n magneet het, en jy weet hoe om ‘n klein hoogoond te bou, dan kan jy vir jou ‘n mes maak!

  19. Skerp, Henry!

  20. Ek-Myself het gesê op April 30, 2012

    Pragtig! Ek het dit ook al ervaar, ongelooflik mooi!

  21. Ons is gelukkig ne!

  22. hysmal het gesê op Mei 13, 2012

    majestueus!

  23. Perdebytjie het gesê op Mei 14, 2012

    Dankie vir inloer.Ek waardeer dit baie.

Los ’n antwoord vir Ek-Myself. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.