Besondere mense

Maart 30, 2012 in Sonder kategorie

Die volgende dag besoek ons ‘n Himba gemeenskappie naby Purros. Hulle huisies van stokke,modder en mis,staan in ‘n sirkel. Die beeskraal se hek is reg oorkant ‘n heilige vuurmaakplek,waar die hoofman heeltyd moet sorg,dat die vuur bly brand,al is dit net ‘n paar rokende stokkies.

Hierdie mense is eintlik Hereroveewagters wat jare gelede deur die Namas die wildernis ingedryf is.Die meeste Hereros het ‘n Westerse leefwyse aanvaar en sommige van die vroue dra nog steeds die veelkleurige uitrustings vanuit die vroeë Duitse koloniale tydperk.

Die Himbas klou egter nog aan hul ou leefwyse en hul groot trots is hul vee. Die karigheid waarmee hierdie mense in die ongenaakbare Kaokoland bly, grens aan die verstommende.

Met ons aankoms by die kraal,betaal ons dertig Namibiese Dollar vir ‘n toer deur hul kraal en ons kry toestemming by die hoofman om foto’s te neem.

Hierdie ou vroutjie was so vriendelik en bly om ons te sien.Sy het heeltyd loop en giggel.

Kombuishut,waar hul karige eetgerei in sakkies opgehang word, met emmers,

swartsakke en dromme vir stoorplek.

‘n Pragbees.In droogtetye trek die Himbas rond op soek na beter weiding.

Hulle is een van die min oorblywende nomadiese volke op aarde.

Hierdie vrou suig lustig aan haar pyp.Sy was nie baie vriendelik nie en hier het ek

 meteens besef dat ons eintlik die mense se waardigheid aantas.

Hierdie ou klein seuntjie met sy lang wimpers,het dadelik my aandag getrek.

Hierdie knapie was hoeserig, met ‘n vreeslike loopneusie en rooi ogies.

Die hare op sy kop word op ‘n spesifieke manier laat groei.

Die hoofman met een van sy vrouens en hul twee kleingoed.Die vrouens dra vreeslike

 interessante kopstukke en smeer hul lywe met oker,gemeng met dierevet.

Dit gee aan hulle die rooi-blink voorkoms.

Toe ons later vertrek,was ek effens uit die veld geslaan.Dit was voorwaar ‘n verskriklike kultuurskok!

Besondere mense,hierdie Himbas!

24 antwoorde op Besondere mense

  1. TS het gesê op Maart 30, 2012

    Voorwaar besondere mense… en mooi foto’s soos gewoonlik

  2. loudavisi het gesê op Maart 30, 2012

    Dankie vir warm water en ‘n oordentlike dak oor my kop!

    Ek het ook eers die baba se wimpers opgemerk – amazing!

  3. causerie het gesê op Maart 30, 2012

    Ek het in die Namib by ‘n lendelam tafeltjie vol klippe gewag vir ‘n ou vroutjie om nader te draf van haar gehuggie af daar doer om haar ware te verkoop, daar waar die mense meer westers maar baie armoedig aantrek. Gevra watter soort mense is hulle, bedoelende watter stam/nasie. Sy antwoord, “Sommer woestynmense, Mevrou.”

  4. pragtig en natuurlik…so raar in hieride plastiese wereld met sy speelpop mense…

  5. avega het gesê op Maart 31, 2012

    Die Himbas het my nog altyd gefassineer. Mens wonder hoe lank sal hul nog so kan lewe?

  6. avega het gesê op Maart 31, 2012

    Weet jy van die film ‘Babies’ waar hulle vir 2 jaar die lewe van 4 babas; 1 Himba, 1 Japanesie, 1 van Mongolie en 1 van Amerika verfilm het? Dit was briljant en wys hoe babas oral oor die wereld maar dieselfde is, al word hulle in radikaal verskillende kulture grootgemaak. http://www.youtube.com/watch?v=1vupEpNjCuY

  7. Ongelukkig word hulle ook gekommersialiseer.Deesdae is daar ‘n hele groepie in Swakopmund,wat daar rondsit om deur die toeriste afgeneem te word.

  8. Ek sal dit kyk,dankie.Daar is natuurlik donker dinge ook in die Himbakultuur, bv kinderhuwelike.Kyk hier:http://www.youtube.com/watch?v=9nre4ds39Uger Dis baie ontstellend!

  9. Dis kosbaar!Dankie vir die inloer.

  10. Ek stem Lou!

  11. Dankie,Tina.Hier kan jy lekker portretstudies doen met jou nuwe kamera!Ek het my mik en druk gebruik en bietjie ongemaklik gevoel oor ek die mense se privaatheid so skend.So daar was nie baie beplanning in nie.

  12. Die pyproker lyk soos ‘n skuinsbevoeterde ou vrou

  13. HeavyHenry het gesê op Maart 31, 2012

    Moeilike lewe!

  14. Ja,ek dink die lewe het haar al bedonnerd geskuur!

  15. Dankie vir inloer,Henry.

  16. dis goed om sensitief teenoor mense se privaatheid te wees, en jy het toestemming gevra. enkelinge voel wel seker anders. dankie vir die deel van jou ervaring. dit is ongelooflik dat hul so kan lewe, en mens kan baie daaruit leer, maar ek is bly dis nie ek nie. tog wil mens sien dat so ‘n ou kultuur en lewenswyse nie tot niet gaan nie.

  17. palamino het gesê op April 2, 2012

    Hulle is vir my pragtige, statueske wesens. Dankie vir die post

  18. Perdebytjie het gesê op April 2, 2012

    Ek hou van jou woord..statueske..

  19. Perdebytjie het gesê op April 2, 2012

    Ek hoop ook nie dit gaan tot niet nie.Maar solank hulle daar in Kaokoland bly,is hulle baie afgesonder en sal die moderne lewenswyse hulle hopelik nie te gou bereik nie.

  20. Hulle skop vas teen die aanslag van moderniteit. ‘n Laaste vesting, ‘n vasbyt in hulle kultuur. Mooi fotos. Interessant.

  21. Perdebytjie het gesê op April 8, 2012

    Dankie vir die inloer.

  22. Ek-Myself het gesê op April 11, 2012

    Maak my bietjie hartseer…

  23. Trakie het gesê op April 12, 2012

    Pragtig! Ek’s mal oor daai eerste een se skaam-skaam glimlag.

  24. Madhatter het gesê op April 19, 2012

    Nice. Baie interessant. Dankie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.