Dinges

Februarie 24, 2012 in Sonder kategorie

“Dinges” is so ‘n lekker woord,veral as mens vergeetagtig raak.Hierdie ou woordjie kom soms handig te pas.

Dink daaraan as jy iemand se naam vergeet.Dan is dit sommer “Dinges Watsenaam”.Wanneer ek kwaad is en ek kan nie sê ek is die m@..r in nie (vanweë die geselskap waarin ek my bevind),dan is “de dinges in” net so lekker om te gebruik.

Vergeet jy wat jy wou sê,dan is “ag dinges,jy weet mos” ook goed genoeg vir die toehoorder!

“Wat de donner” kan ook versag word met “wat de dinges”.

Nou ja,voor ek meegevoer raak met dinges praat,laat ek gou vir my ‘n dingestoebroodjie vir middagete maak voordat die Dr.Dinges Show op die dinges begin.

15 antwoorde op Dinges

  1. TS het gesê op Februarie 24, 2012

    Ja voorwaar ‘n heerlike woord

  2. Ek dink mens moet juis partykeer sê: “Ek is nou die MOER in!” 🙂

  3. Ja,dis so ‘n lekker stresontlader!Maar ek kan nou nie so praat voor my skoonma of een van ons ouer familielede nie.Dan moet “dinges” maar doen.

  4. die Engelse woord vir de dinges in, is demurin

  5. Dinges is my woord. Dis soos die joker in ‘n pak kaarte. Pas enige plek in.

  6. Dis sommer dinges – jy weet mos!

  7. Ag ja,Henry Dinges!

  8. Nee man..party “dinges” maak jou de dinges in..lekker dinges

  9. Lekker woord!Een van my gunstelinge.

  10. Seker net ‘n SA Engelsman sal dit verstaan!

  11. Ek dink ons taal is uniek met al goedjies wat ons so maklik gebruik.

  12. soms, ja soms, is daar te min dinges in dinges… hehehehehe

  13. Ag Dinges,jy’s so dinges!He!he!

  14. Aag Blikkie,ek is bly ons dinges nie meer met mekaar oor die dinges watsenaam nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.