Snaakse Kontrepsie

Februarie 22, 2012 in Sonder kategorie

Hierdie snaakse affêre staan langs die pad tussen Helmeringhausen en Aus,in die suide van Namibië.Van ver af lyk dit soos ‘n groot krismisboom.Dit lyk soos ‘n radiomas,maar daar is definitief ‘n watertenk op die een platvorm.Weet iemand dalk wat dit is?

13 antwoorde op Snaakse Kontrepsie

  1. Kretiewe boer?
    kontrepsie is ‘n baie goeie beskrywing hiervoor

  2. TS het gesê op Februarie 22, 2012

    Dit moet iets met radio of tv te doen hê

  3. Ek het vir my huismense gewys.
    Die een sê dis net ‘n kunswerk en die ander een se dit kan ‘n antenna wees…ek weet regtig nie!

  4. Dis naby ‘n plaashuis en doer agter is vyf windpompe.So dis definitief op iemand se plaas.

  5. Snaakse gedoente.Ons het al vir Namibiers gevra,maar dit lyk ook nie of baie mense van die ding weet nie!

  6. Dis nogal heel kunstig en mens kan dit van ver af sien.Nogal ‘n verrassing toe ons naby kom.Miskien ‘n skip van buiteruimtelike proporsies!

  7. Waar skynlik ‘n windpompwrak…

  8. Dis ‘n massiewe struktuur.Dit lyk nie so op die foto nie.

  9. He!he!Heel moontlik..die luiraak-deel,want dis hel-warm daar.Mens wil net platle en niks beweeg nie.

  10. Dit klink na die beste moontlikheid.

  11. Sulke goed maak die lewe interessant!

  12. Geen idee… moet seker n doel dien, niemand gaan soveel ysters aanmekaar “plak” as daar nie n doel voor is nie, sou ek se.

  13. Jip,en daar IS BAIE yster in die kontrepsie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.