Interessante waarskuwing.

Februarie 20, 2012 in Sonder kategorie

Oppad vanaf Kaap Kruis na Brandberg,het ons hierop afgekom.Kan iemand dalk

vir my sê watse kar dit is?

Laat mens nogal dink, né!

21 antwoorde op Interessante waarskuwing.

  1. my raai – ‘n stukkende ene.
    mooi foto’s

  2. Is daai nie BMW gaatjies daar voorop nie? ‘n Ou 80’s ene ?
    Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar daai ronde gaatjies lyk baie suspect…..shooting range?

  3. TS het gesê op Februarie 20, 2012

    ‘n Mafia een… oooo ek het vergeet hulle is nie in die woestyn nie!

  4. Ek het ook gedink dis ‘n BMW,maar agter lyk dit soos ‘n bakkie.Mens weet egter nooit,iemand het dalk die kar omskep in ‘n bakkie.

  5. Ja-nee,daai ryk,vet,gemaksugtige Mafiosi sal nie in daai dor plek aard nie!

  6. Ek dink ook so.Daai halfmaan-roostergate laat dit so lyk.

  7. Definitief vol gate geskiet!

  8. Nou lyk dit mos vir my ook so!Dalk een van daai opgezoeptes van die laat sestigerjare?

  9. Isse vodde een…

  10. He!he!Dis ‘n oulike een !

  11. Jy kan nie stry nie,sy aircon werk goed!

  12. OK, ernstig. Eerstens is dit die kajuit van ‘n bakkie. Tweedens, te oordeel aan die hoekigheid van die neus gedeelte en die dun vensterrame aan die deure, is dit heel waarskynlik ‘n Ford Cortina bakkie gewees.

  13. Ek dink ook dis die kajuit van ‘n Cortina bakkie.

  14. Jis,ja,ek sien nou ook eers hoe dun die vensterrame is.Wonder wat die geskiedenis agter die bakkie is.Moontlik gerol en iemand dalk dood. Die skietgate is seker deur jagters gemaak toe die voggies lekker gevloei het.Maar dis in die middel van nerens hoor!

  15. Jong,Namibie le vol sulke wrakke.Afstande is so ver,dat jy maar jou skedonk net daar sal los as hy breek.Te veel moeite om hom te laat insleep,veral as jy weet hy’s op sy laaste bene.

  16. DIs eintlik moer snaaks hoe elkeen wat verbykom, die ding verder stukkend skiet!

  17. Skyfskiet in die woestyn!

  18. sirpsa het gesê op Februarie 21, 2012

    Dis nou vir jou ‘n klomp ventilasiegate daai.

  19. He!he!Dankie vir inloer.

  20. Oud en opgeroes, die lyk van n eens deftige motor.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.