Jy blaai in die argief vir 2012 Januarie.

Dorslandfoto’s

Januarie 11, 2012 in Sonder kategorie

Die afgelope drie jaar is ons besig om Namibië van hoek tot kant te deurkruis. Hierdie droë land het soveel aantrekkingskrag vir ons, dat ons besig is om elke pad, onder ons “wa” se wiele probeer inwerk. Dis ongelooflik bevredigend en die kameras kliek heeltyd.

Ons was al by fantastiese plekke, waar min mense kom.Ons basis is Swakopmund en vandaar het ons nou al verskeie paaie Noorde toe gevolg en Desember is ons af Suide toe tot by Lüderitz.Ons het vreeslik gery en sowat sesduisend kilometers afgestof!

Hierdie reise is vreeslik bevredigend, want ‘n mens is die heeltyd met jouself en mekaar gekonfronteer en daar is geen afleiding soos rekenaars, nuus, TV en al die ander kommunikasiemiddele, wat jou heeltyd bombardeer met negatiwiteit nie!Vir vyf weke was ek salig onbewus van wat daar “buite” aangaan.Noudat ek terug is, besef ek, ek het NIKS gemis nie! 

Homeb, blyplek van die Toppenaars. Dis in die Kuisebrivier in die Nauklooft Nasionale Park.

Homeb

Grasveld in die Nauklooft.. jy sien sewe dae in die toekoms in!

    

Tsondabvallei…gasteplaas net noord van Solitaire

Die volgende drie foto’s is almal op Tsondab geneem.