Miere,miere miere!

Januarie 30, 2012 in Sonder kategorie

Hier by my is sulke fyn klein miertjies.Ek hou hulle nou al geruime tyd dop,seker so ses maande al.Eers was dit net een so ‘n oulike rytjie miere wat in my kamer teen die muur uitstreep.Omdat ek nie glo in doodmaak of gifspuit nie,het ek ‘n beleid van “leef en laat leef”!Hier is oral spinnekoppe en geitjies in my huis en die balans word netjies gehou..altans so het ek gedink!

Hierdie skepseltjies vermeerder nou by die dag.Dis amper soos daai advertensie van die mense wat so vermeerder.Gee my skoon ‘n knop op my maag van angs! (nie die mierteelt nie,wel die mensteelt!) Die kêreltjies dolwe orals die sement tussen die vloerteëls en vensterbanke uit. Elke dag vee ek ewe moedig die nesgoed waaraan hul vier-en-twintig uur gewerk het,by die deur uit.

Nou het die knapies in my koskas ingetrek en sit selfs BINNE-IN verseëlde pakkies soutbeskuitjies hulle en dikvreet!My heuningbottel se bek moet elke oggend skoon gevee word voor ek ‘n telepelvol  in my tee kan drup.

Snags voel ek hoe goedjies bo-oor my kriewel en as ek die lig aansit,is dit ‘n verdwaalde wesentjie,wat seker die pad byster geraak het slaapplek toe,want daar is nou baie neste!

Hierdie miertjies is piepklein,amper onsigbaar.Hulle het nou selfs in my tuin ingetrek.Oral op die plaveisel slaan klein sandduintjies soos varkmasels uit.Ek het al vrese begin ontwikkel dat ons huis in ‘n sinkgat gaan verdwyn!

Nou wonder ek net..is die natuur se balans so versteur,dat ons dalk nie deur rotte en muise verswelg gaan word nie,maar wel deur piepklein,amper onsigbare,slim,hardwerkende,klein sieletjies?! 

23 antwoorde op Miere,miere miere!

  1. Tot jou fondasie begin sak dan gaan jy ‘n ander “tune” sing, hoor!

  2. lora2me het gesê op Januarie 30, 2012

    Party mense glo dat as jy iewers vir jou mierinwoners ‘n pierinkie heuningwater neersit, hulle van jou ander goed sal wegbly, maar ek weet darem nie, want hier by my is dit ook ‘n plaag. Die goed val sommer so uit die lug uit. Koop “bait stations” – hulle dra die gif na die neste en so word hulle minder. Oppas net vir troeteldiere – gooi dit agter kaste of onder yskaste in.

  3. Spuit maar sipermetrien, dit is nie so giftig nie en is die chemiese namaaksel van die piretroide blom.

  4. Baba-poeier werk vir my – dit ruik lekker en dis nie giftig nie, so aan die buitekant van die huis om jou deure en vensters. Dit hou die outjies weg 🙂

  5. Vang hulle een vir een aan die linkeragterpoot en dra hulle buitetoe…

  6. Briljante idee..dit sal my vir ewig besig hou!

  7. Sal dit definitief probeer!

  8. Gaan dit ook beproef.

  9. Klink omgewingsvriendelik.Dankie vir die raad!

  10. Dankie vir die raad!

  11. Sal enigiets probeer.Dankie vir die raad!

  12. Klink amper soos doepa of muti!

  13. Ek sing al klaar ‘n ander tune!!

  14. Dankie Faansie.

  15. Klink goed.

  16. “Steek” hulle gatte toe met gif. Die Boere korporasies het net die medisyne vir hulle.

  17. Gie,gie,maar jy kan lekker die draak steek!

  18. Trakie het gesê op Januarie 31, 2012

    Oor die algemeen gun ek ook lewende wesentjies ‘n plekkie onder die son, maar wragtag ….

    http://blogs.litnet.co.za/Trakie/oorlog-teen-sekere-goggas

  19. Het die miere jou weggedra dat jy so stil is?

  20. Ai Celeste,ek het iets simpels aangevang en my rekenaar se stellings heeltemal opgedons..sou graag ‘n sterker woord hier wou gebruik.Gelukkig het my seunskind dit nounet vir my reggestel!Ek was meer as ‘n week van die lug af.Bewe skoon van die onttrekkingssimptome!

  21. Trakie het gesê op Februarie 11, 2012

    Hoe gaan dit met die miere?

    En die rekenaar?

  22. Ag hoe lekker laat jy my lag!Miskien kan ek ‘n kokkerot en vismot of twee ook ingooi en natuurlik ‘n paar krieke ook!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.