Snaakse mense met vreemde uitkyk op die lewe

September 15, 2011 in Sonder kategorie

Ek sit gister in ‘n geselskap waar iemand vol bravade vertel hoe sy haar wynpapsakke dokter voor sy dit weggooi. Blykbaar het sy eendag gesien hoe ‘n bedelaar in haar swartsakke krap en toe die laaste droesempies uit ‘n leë papsak suig. Dit het haar woedend gemaak, want hoe durf hy aan hààr papsak suig, nogal uit hààr vuilgoedsak!

Nou het sy hierdie asemrowende gelykmaker uitgedink. Sy maak ‘n soutwatermengsel en spuit dit by die kraantjie in. In haar geestesoog verlustig sy haar aan die arme drommel, wat ‘n klein knertsie uit ‘n weggegooide wynsak neem, se ellende. Hel, ek het nie geweet ‘n mens kry sulke kleinlike mense nie. Raai wat? Hulle sit Sondae in die voorste gestoeltes van die kerk!

Wys jou net…godsdiens is nie ‘n waarborg vir deemoed, medemenslikheid, liefde, respek en al die ander kleims wat die kerk maak nie.

5 antwoorde op Snaakse mense met vreemde uitkyk op die lewe

  1. Jy is heeltemal reg…. Jy kry snaakse mense. Ek sou natuurlik vir die klong ‘n ekstra slukkie gelos het, maar dis maar hoe ek is…

  2. Dankie dat jy ingeloer het. Ek is maar nog nuut hier en dis lekker as iemand reageer!

  3. Inhaligheid is ‘n slgte genetiese eienskap.
    Jy kan net by reply antwoord, anders kry die persoon dit nie.

  4. Jy kan dit weer se. Hier lyk dit my gaan dit meer oor ‘n soort neerkyk op minderbevoorregtes

  5. Dankie Neander, ek is nog dom met al die goete op rekenaars. Nou weet ek waar om te antwoord!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.