by

Wel wel waar om te begin

November 19, 2011 in Sonder kategorie

Ek het nou heeldag gedink oor die blog besigheid, waar om te begin ens.
Wel ek besluit toe maar om so iets oor my en die familie te se.
Ek werk in.Centurion, is ‘n salesman, is getroud met 2 baie gesonde kids (ek glo ‘n soet kind is ‘n siek kind)
Het onlangs huis gekoop. Ma volgens vroulief het ek vir my werk gekoop, maar nou ja dit hou my tenminste besig saterdae totdat die rugby weer begin.

Ons het nou die aand ‘n boef gehad in die nuwe huis. Dit maak my mos nou blind van befokgeid ( dis al manier om dit uit te druk) Dit kos nou duisende rande om die plek te beveilig ens ens ens. Wel my elektriese heining is vandag klaar en ek het begin met groot tralie hekke voor die skuifdeure. maar wat gelukig kan ek dit self doen.

6 antwoorde op Wel wel waar om te begin

  1. Als om boewens uit te hou…tsk…hier maak ons net die deure toe vir ingeval ‘n slang besluit om in te kom.
    Geluk met die nuwe huis.

  2. TS het gesê op November 19, 2011

    Sterkte… hoe verbetering en verbouings kos baie geld en tyd!
    Geniet

  3. Ja, ‘n nuwe huis het baie verantwoordelikheid en mens val op jou rug oor al die onvoorsiene uitgawes! Dit bly egter ‘n mylpaal om jou eie huis te besit. Geniet dit!

  4. huiskoop is en bly ‘n goeie langtermyn belegging

  5. frikve het gesê op November 20, 2011

    Ek waag dit om te vra of sekerheidsmaatskappye nie dalk ‘n “boefseksie” het om nuwe huiseienaars die skrik te gee nie. Let op: ‘n Nuwe huis staan skaars dan het hulle ‘n insident en op gaan die drade en klokke en sensors, ens. Of dalk is dit maar die regte boewe wat toeslaan op ‘n nuwe huis sonder diefwering – – weetie – – .

  6. pbroere het gesê op November 20, 2011

    ‘n Boef nogal.

    Dis heelwat meer diplomaties as wat ek dit sou beskryf.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.