by pbur

Wel wel waar om te begin

November 19, 2011 in Sonder kategorie

Ek het nou heeldag gedink oor die blog besigheid, waar om te begin ens.
Wel ek besluit toe maar om so iets oor my en die familie te se.
Ek werk in.Centurion, is ‘n salesman, is getroud met 2 baie gesonde kids (ek glo ‘n soet kind is ‘n siek kind)
Het onlangs huis gekoop. Ma volgens vroulief het ek vir my werk gekoop, maar nou ja dit hou my tenminste besig saterdae totdat die rugby weer begin.

Ons het nou die aand ‘n boef gehad in die nuwe huis. Dit maak my mos nou blind van befokgeid ( dis al manier om dit uit te druk) Dit kos nou duisende rande om die plek te beveilig ens ens ens. Wel my elektriese heining is vandag klaar en ek het begin met groot tralie hekke voor die skuifdeure. maar wat gelukig kan ek dit self doen.

by pbur

Ditte en Datte

November 18, 2011 in Sonder kategorie

wel wel, hier is ek ook nou aan die blog. (as dit die regte woord is). elk geval soos julle seker almal weet dink jy aan mijoene goed te se, maar sodra jy moet begin slaan jy toe soos ‘n boek.

ek sal bietjie my gedagtes orden en dan met ‘n bang begin