Profile photo of PATTY

by

Fassinerend

July 19, 2016 in Uncategorized

Ek sukkel steeds om my staan te hou – maar iets aan die My in die foto het my gefassineer  Wat lê in die laaie?  Herhinneringe.  Dis seker wat.

Wie wil onthou van van hulle Seer, hulle sondes, swakhede,  en wraakgedagtes? -. Maar :

Die Vrees van onthou loop soos gif deur die liggaam en vind weer lêplek in die gedagtes.  ALTYD

In die Bondel-Ek se gedagtes.  En soos ‘n Joan Clayton wil sy my herhinner aan die geveg.  Die satan het nie alleen geval nie.  Sy gesante het saam met hom geval en hulle maak jag op ons  Elke dag.

Ek wonder of sy hulle besweer met sigaretrook ?  Snaakse prentjie

Ek skud dit af en tree terug.  Vir al wat ek omgee kan daar ‘n oseaan tussen ons lê.  Ek soek haar nie in my kop nie.

Ek MOET aangaan.  En alleen.  Ek kan – kan ek nie?

Ek moet hier uit.  Weg van hierdie kas vol geheime.

Die honderde kerse lyk of hulle al helderder brand. Bolle en bolle rook trek lug op.  Ek kyk gefassineerd daarna.

Krul en draai.  Soos wit ink.  Borrel en draai.  Al vinniger.

Ek knip my oë

Sien dit dan – woorde.

“Dis Tyd”

“Dis Tyd om die laaie oop te maak”

 

 

 

2 responses to Fassinerend

  1. As mens sou wou sou mens met passie wou haat – onderving leer
    egter dat geen haat of volharding of afstand of tyd, water of vuur die verlange wat binne jou borrel kan stil of stuit- weet dat dinge wat jy nie verstaan nie vir jou tyd gekoop het om te weet regtig egtig is …

  2. More Rageltjie, dit stem ek mee saam 🙂 tyd het my gehelp om te probeer om die tweespalt wat ek in myself voel nou nog soms bietjie te kan verbaliseer. Ek geniet die skrywes dit laat my ligter voel 🙂 Lekker dag daar, groete Patty

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *