Profile photo of PATTY

by

Die Donkerte Roep

July 16, 2016 in Uncategorized

Ek hang steeds bo – in twee

My donker Bondel-Ek daar onder – ek weet sy wag vir my

Was ek al ooit goed met die REGTE reaksies? Seker nie – te oordeel aan my huidige septic-tank gedagtes nie – soos dit gesê word – niemand weet wat daar gaan uitpeul nie maar jy kan weet dit gaan nie iets moois wees nie

Wanneer presies het sy daar beland? My ander-bondel-ek – die Donker een wat smaal en te veel rook?  Ek hou nie van haar nie.

Maar ek hou ook van haar.  En sy weet dit. Gebruik dit. – Teen my. Sy hou nie van my nie maar steeds hoop sy om my aan haar kant te kry –  EEN te word.  Op te tree.  Sy glo SAAM is ons sterker teen dit wat ons uitmekaar hou.

Maak dit sin?  Natuurlik nie.

Hoekokm dink ek nog daaraan?  Dit maak natuurlik ook nie sin nie.

Ek was nog altyd positief.  Hoopvol.  Sien die beste in almal.  Sien die slegte oor en vervang dit met die moontlike beste.

“En dit maak jou swak”  Ek haat haar onderbrekings in my gedagtegang.  “Ek is die beter een!”

Sy lag sag en ek hoor die aansteker se wieletjie draai.  Flikkering – dan die nikotienreuk wat in my neus opslaan.

“Jy rook te veel”

Ek kry ‘n diep intrek as antwoord.  dan – “Jy doen te min”

“Wat de hel wil jy hê ek moet doen?  Soos jy ‘n bitter pil raak, wat in die donker sit en broei op jou wraakgedagtes? – Dis nie EK nie”

“Dis nie wraak nie.  Dis opstaan vir jouself”

“Sê die een wat daar lê”

Sy antwoord nie dadelik nie. Nog ‘n intrek en uitblaas. Dan –  “Raak jou engelvlerkies nooit moeg nie? Moet baie vat om heeltyd pose te hou daar bo”

“Eks sterk genoeg vir so lank as wat dit nodig gaan wees.”

“Dis al meer as ‘n jaar – Jy hang nog steeds – ons kan hier uit as jy afkom – SAAM”

Sy is reg.  Ek is moeg.  Regverdig dit dat ek los?  Wat as ons NIE hier kan uit nie? Wat as ons wel KAN?

Wat dan.

1 response to Die Donkerte Roep

  1. Genadiglik sal die seisoene die natuur se onbevrugte
    embrio’tjies wat aan die wolke hang op eie tyd verdroog en deur die
    die wind as kompos vir nuwe lewe oor sy reikwydte heen verstrooi !

    in eie tyd) sy o

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *