Profile photo of PATTY

by

Die Bondel Trag – om te Verduidelik

July 14, 2016 in Uncategorized

Dreigende Interrogasie

VOOR ek die Cracker brand steek sou ek die Bondel-Ek kans gee om te verduidelik.

Ek sê ook so.

Die Bondel-Ek rol nors om na my.  Sakke onder die oë. Vaal vel en ongekamde hare. – lyk ma bra  kakkerig

Ek sê dit nie hard nie – ek dink dit net – vergetende dat ek en Bondel EEN is.  Klaar my gedagtegang gehoor.

Die Bondel knor  “so what”-  en trek ‘n sigaret nader.  Steek dit langsaam aan met afgeslaande oë.  Trek in, en met die uitblaas van ‘n rookbol skiet die oë boontoe.  Reg in myne in.  Uitdagende woede en afkeer.

Ek se – gmph – dit praat!  Nog iets wat jy wil sê vir jouself?

Bondel-Ek skuifel regop.  Half op een arm lê dit – beduie dan na my met die sigaret.  “Jy weet, – Jy, is erger as ek  – Fladder daar bo rond en kyk neer op my – OORDEEL my.  Oordeel my woede oor die Pyn  Maar die Pyn bestaan.  DIs hier” – en asof in bewys van waar ” hier ” is, word die as op die vloer afgetik.  Dit val en spat uitmekaar.  Bondel blaas dit weg.  “Dink net as mens Pyn so kon wegblaas ne?”  Dis meer ‘n stelling as ‘n vraag.

Ek hang.  Luister.

“Okay Engel-daar-Bo, wat wil jy hê van my? – Ah.  Laat ek sien, hoekom worry ek nie, hoekom is ek nie meer soos JY ne.  Hoekom lê ek net?”

“n Minagtende rookbol word uitgeblaas na my.  Bondel sit nou heeltemal regop.  Kruis bene.  “Ja.  Was ons nou nie ‘n wenpakkie nie?  Altyd reg vir alles.  Positief.  Ons motto: – Moenie panic nie – hou net jou pose!  This too shall pass – ons sal hierdeur kom … bla bla al daai crap”

Tik weer as af.  Blaas  weg.  “En toe die panic slaan – wil ek fight en JY wil Gods Water oor Gods Akker laat loop – wys ONS is die beter mens.  ONS kan pose hou.  Aangaan. Vergewe en Vergeet.  Want ons is ONS”

Die sigaret word weggeskiet.  Dan Afgemete  “JY was JY.  EK is EK.  Ons haat altwee gekoekte drade ja, –  inherent is ons EEN.  Jy sê Ontkoek, sort.  Wil JY?  Of moet net EK?  Die drade is gekoek in ons altwee.se koppe.”

Bondel beduie na die grond

“Wat sê jy Engel?  Kom af as jy guts het – dan ontkoek en sort ons bietjie saam”

 

 

 

 

 

2 responses to Die Bondel Trag – om te Verduidelik

  1. Laat my dink aan my buurtannie wat so gefrustreerd geraak het met die deurmekruis lyne en koeke dat sy terwille van selfbehoud haarself uit die situasie gehaal het deur in ‘n oomblik van waansin ‘n byl te gryp en die hele spul stukkend gekap en op die ashoop loop smyt.
    Haar kinders en vriende glo sy kom nie meer
    op FB omdat tyd ontbreek en sy is te skaam om hulle die waarheid te vertel. Haar keerpunt was die 20ste Nov verlede jaar.

  2. Laat my dink aan my buurtannie wat so gefrustreerd geraak het met die deurmekruis lyne en koeke dat sy terwille van selfbehoud haarself uit die situasie gehaal het deur in ‘n oomblik van waansin ‘n byl te gryp en die hele spul stukkend gekap en op die ashoop loop smyt.
    Haar kinders en vriende glo sy kom nie meer
    op FB omdat tyd ontbreek en sy is te skaam om hulle die waarheid te vertel. Haar keerpunt was die 20ste Nov verlede jaar.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *