You are browsing the archive for 2016 April.

Profile photo of PATTY

by PATTY

Om te dink of Nie te dink nie. Dis die vraag.

April 18, 2016 in Uncategorized

So ja.

Hallo mense,

Lang stilswye – ek was in my huilhoek

Maar, ek is bly om aan te kondig dat ek intussen die Snolle en trane afgevee het na my traumatiese ondervinding (sien vorige pos)

Dank tog die Vader vir die vooruitgang van menslike moontlikhede om gemorse reg te maak. Te wonderlik hoe slim die mensdom geraak het

(net jammer hulle is so dom op sekere ander gebiede – maar hierdie pos is oor MY so kom ons laat dit daar)

In elk geval, waar was ek nou – ja, die huilhoek en die vooruitgang.

My huilhoek vergader weer stof en ek is weer aan’t stof maak op ander plekke.

My Brein het weer ‘n idee uitgebroei – nooit ‘n goeie ding nie.  My idees is gewoonlik vol missie – maar ten uitvoere kortwiek die heelal my gewoonlik.  Ek is egter baie positief oor my nuutste idee en wil dit doen!

Nou het ek gewonder.  Hoe hou ander mense al die balle in die lug ?  ‘n Juggler ( – wat is die afrikaanse woord daarvoor? – ‘n Goeters-in-die-lug-gooier? ) – wel, die is ek nou NIE.  (En ek dink in elk geval ek sal ‘n slegte naam gee aan die beroep as ek sou probeer)  – maar dis gelukkig net in die sin van die woord julle verstaan mos nou

Nou kyk ek is nou nie Super Ma of Super Dit of Dat nie, ek het net baie goeters om te doen deur die dag – uhm, en ek balanseer dit met so 40%   ‘dink werk’ tussenin.  –  ….. uh … Ag goed dan, seker 40% leeglê.   – Selfde ding.  : |  – die punt is, ek is besig!  Of ek nou leeglê en of ek nou  besig is met uh, goeters, – ek is Besig.  En tussen al die besigheid val my idees op die vloer.

Sover het ek vandag al gedink of ek nie minder moet dink nie?

Wat dink julle?

Ek gaan nou verder dink.

Ek skryf later weer.

😀