Profile photo of PATTY

by

Aai Jaai

February 12, 2016 in Uncategorized

Goeienaand mense.

Jimmel – my lewe voel alweer soos die uitlaatpyp van ‘n septiese tenk – julle weet, mens weet nie WAT daar gaan uitkom nie – maar jy weet ook dit gaan niks goeds wees nie.

Die hoof van ons huis is ………. uhm ek weet nie waar nie. Ek wag in spanning om die verduideliking te hoor dié keer.

Wil ek regtig weet? – nee, weet julle wat – ignoreer daardie vraag heeltemal – hoe minder ek weet, er,  hoe beter

Dis vir almal se beswil, maar eintlik meer vir my eie.

Midde my woede-opbouing het ek my resepteboek nadergeruk.

Ek weet wat dink julle.  Sy wou een of ander giftige brousel aanmekaarslaan en dit vir die hoof van die huis ingee.  (Alhoewel ek wens ek HET sulke resepte gehad, is dit NIE wat ek gedoen het nie.)

Ek het Kaas Muffins gemaak – veerlig en sag.  – Uhm.. oraait, meskien was hulle dalk bietjie hard. Maar ek kan verduidelik.

Die resep het gesê   Vinnige MAKLIKE, kaasmuffins.  Dit was toe vining.  Maar die maklike deel was nie so maklik nie.  Veral nie toe die resep my bedag maak op die feit dat die deeg “slap”moet wees nie.  – My deeg was styf.  Soos die deegband om my  middellyf.  – Ouderdom is ‘n liederlike ding.

Nietemin, ek  het die harde bolle in die muffinpanne ingeforseer en gebak.  Die kinders ken die dril – as ma iets bak, sal hulle dit eet en daarrvan HOU.

So ek het nou saam met die kinders die rots-kaasmuffins verorber, en nou gaan ek bad en dan gaan ek in die bed le en horror fliek huur op Box Office.

Dit behoort my voor te berei aan die Hoof se inval later.

Ek skry dan later weer

 

 

 

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *