Profile photo of PATTY

by

Nog ‘n Ontwaking

February 3, 2016 in Uncategorized

Goeiemore mense.

Ek is sover half-Patty-nog-half-Medusa  – Ek het al hare gekam, helaas, ek is niks sonder grimering nie

My ADSL modem ding is weer in een van sy lollerige buie, dan is hy af, dan is hy aan.  Op die net, dan weer af van die net.

NES ek dink:  “Ek ruk NOU die drade uit en gaan koop ander een darnit ”  –  Woeps – werk Ta skielik weer.  – Ek dink hy lees my wraakgedagtes : /

Dus!  – Hy werk.  – Ek skryf.

Terug by MY.

Ek is nog steeds kwaad. *gaap!!*  maar ek voel darem al meer gemotiveerd om iets daaraan te doen.

My eerste stap  – Ek het my senuweepille versterk – so ek is kwaad maar ek is kalm.  Is dit goeie teken?  NEE.  As ek kalm is is ek gevaarlik.

Ek is steeds besig om aan ‘n wraakplan te werk.  Ek kan myself nie help nie, ek het al alles probeer –  Bloedoortappings, Enemas – ek bly dieselfde voel.

Wat bydrae tot my woede is die feit dat ek NIE ‘n wraaksugtige mens was nie.  En ek se vir myself “Jy is NIE so soort mens nie – laat dit gaan en beweeg aan”  Helaas Pyn het my verander.  Ek WIL nog nie laat gaan nie.  Ek soek ‘n verduideliking.  Ek soek ‘n verskoning.  Nie ‘n “dit-kon-erger-gewees-het-nie”

Want dit was nie nodig nie. Ek het nie gevra vir dit nie.

En ek weet ek is nie die eerste of laaste een nie, maar ek is HIERDIE een en ek moet nou daarmee deel en dis moeilik.

Almal se tyd sal dit beter maak, ek voel al ‘n jaar so.  Hoeveel tyd dan??  Ek gaan na alles plastiese snykunde nodig he om die 10 jaar se veroudering in een jaar weer te herstel demmit.  En ek het nie geld vir plastiese snykunde nie – eks klaar Medusa – hoeveel tyd gaan ek nou moet bestee om in die openbaar te verskyn sonder dat kinders begin huil?

Ek is nie seker of ek gaan beter voel as ek weet die partye  is gestraf nie – vir nou laat die vooruitsig daaraan my ietwat beter voel.

Is ek verkeerd om so te voel?

Dalk.

Dalk nie.

Ek gaan nou huis skoonmaak en daaroor dink.

Ek skryf later weer.

 

 

 

 

3 responses to Nog ‘n Ontwaking

  1. Hi Patty,
    Ek ken nie jou hele storie nie – wie gestraf moet word en waaroor nie – maar ek deel iets met jou: Jare gelede het iemand my sleg te na gekom – my beroof van ‘n stukkie van my onskuldige kindwees. Deur die jare het ek baie gewens ek kan die person beetkry en sy knaters stadig, met ‘n stomp snoeiskêr afknaag! Altyd gepaardgaande met baie emosie en woede. En lank gelede eendag het ek weer so in my gedagte met die stomp snoeiskêr gewerk, en toe click ek: Hierdie man is al lankal dood en begrawe en hier sit ek nog met die snoeiskêr en wroeg! – met al die negatiewe emosies. Dit was nie maklik nie maar uiteindelik het ek die man in sy doderyk-afwesigheid vergewe en die hele petalje laat gaan. Ek voel of hierdie besluit en aksies ‘n hele klompie aangename jare by my lewe gevoeg het.
    Ek het besef: Wraak put uit; woede breek af – dit doen jou oor die jare meer skade as die oorspronklike gemors wat jou aangedoen is.
    So Patty: Praat met ‘n vertroueling hieroor – vergewe en vergeet – en lewe!
    Genoeg gepreek
    Baie groete
    Frik

    • middagse Frik!
      Baie dankie vir die deel. Ek weet wat ek aan myself doen is nie gesond nie – soos ek gese het ek IS nie so tipe mens nie. Ek weet nie, op vreemde manier laat dit my beter voel om dit neer te pen – laat ek wel aan myself erken dat ek KWAAD is. Meskien ook omdat ek vir so lank probeer voorgee het alles is net reg en ek is reg. Ek is nog nie. Maar ek glo ek sal wees. Jy is reg, die woede maak my baie moeg. : / Weereens dankie, ek is bly jy kon jou slegte gebeurtenis agter jou laat en dat jy gelukkig is 🙂 Groetnis
      Patty

  2. Thanx Patty. Sterkte verder.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *