You are browsing the archive for 2016 February.

Profile photo of PATTY

by PATTY

Korttermyn Planne

February 18, 2016 in Uncategorized

 

 

Middag Mense

Ek het ‘n paar korttermyn planne wat ek in werking wil stel.

My Nog-Nie-Dwalende-Seun het getrou sy skoolloopbaan voltooi en is nog knus onder my dak. Ek het toe besef ons kan ‘n paar randjies maak uit die bloedjie. (Nee – ek gaan hom NIE inskryf vir Noot vir Noot waar hy paar randjies kan wen nie – ek vermoed in elk geval sy kennis van musiek is nie heeltemal op standaard nie. Deurslaggewende faktor vir NIE-Deelname natuurlik die feit dat EK op die Tee-Vee sal moet waai vir die kamera as hy se wie hy wil groet – en ek verskyn NIE op Tee-Vee nie, ALMAL weet dit)

Nee. Ek het meer in die rigting van Losies gedink.  –   R10 000 per maand is seker bietjie baie in ag genome dat hy nog nie werk nie?

Maar kyk nou Losies hoef nie noodwendig GELD te wees nie. Hy kan mos WERK by die huis terwyl hy wag om te begin WERK in die buitewereld dan nie?

Kom ons neem byvoorbeeld Honde-Bollies optel. Dis ‘n gagga werk en Niemand wil dit eintlik doen nie – en AS jy iemand gaan laat UITKOM om dit te doen, gaan jy jou gat afbetaal. – Dus, daar het ons klaar een werkie wat konsidirerende bedrag gaan aftrek van die R10 000.

‘n Ander opsie is Drywer. Al die sinnelose geryery heen en weer vir melk, brood, skool, ens ens. Hoekom moet die MA al die ryery doen? Die Nog-Nie-Dwalende-Seun kan dit doen. Jongmense hou van sinnelose ryery vir ‘n doel.

Dan het ons ook in elke huis die “au-pair” funksie. Elke ouer kind het jonger sibbe. Die ouer kind is vars klaar met skool en die brein nog (hopelik) redelik aktief wat skoolwerk betref. Ouer kind kan dus jonger kinders Help met Huiswerk, Opwindende Nimmereindigende Skooltake, Opstelle, Vraestelle – die moontlikhede is legio.

En dan is daar natuurlik ook Kosmaak vir die gesin – Dit sal hom BAIE help – vroue soek mans wat kan kook – En ek dink vir nog ‘n paar rand van die R10 000 af kan hy sommer die skottelgoed ook oorneem as taak. Vroue hou MEER van mans wat kan kook EN die skottelgoed was. Dis dus nie harteloos nie, ek doen hom eintlik ‘n guns.

Ek weet ek is seker te sag op die bloedjie maar dis darem al ‘n begin of hoe?

Ek moet nog take gaan soek wat hy kan verrig – bogenoemde is nie naastenby R10 000 werd nie.

Ek skryf later weer.

Profile photo of PATTY

by PATTY

Aai Jaai

February 12, 2016 in Uncategorized

Goeienaand mense.

Jimmel – my lewe voel alweer soos die uitlaatpyp van ‘n septiese tenk – julle weet, mens weet nie WAT daar gaan uitkom nie – maar jy weet ook dit gaan niks goeds wees nie.

Die hoof van ons huis is ………. uhm ek weet nie waar nie. Ek wag in spanning om die verduideliking te hoor dié keer.

Wil ek regtig weet? – nee, weet julle wat – ignoreer daardie vraag heeltemal – hoe minder ek weet, er,  hoe beter

Dis vir almal se beswil, maar eintlik meer vir my eie.

Midde my woede-opbouing het ek my resepteboek nadergeruk.

Ek weet wat dink julle.  Sy wou een of ander giftige brousel aanmekaarslaan en dit vir die hoof van die huis ingee.  (Alhoewel ek wens ek HET sulke resepte gehad, is dit NIE wat ek gedoen het nie.)

Ek het Kaas Muffins gemaak – veerlig en sag.  – Uhm.. oraait, meskien was hulle dalk bietjie hard. Maar ek kan verduidelik.

Die resep het gesê   Vinnige MAKLIKE, kaasmuffins.  Dit was toe vining.  Maar die maklike deel was nie so maklik nie.  Veral nie toe die resep my bedag maak op die feit dat die deeg “slap”moet wees nie.  – My deeg was styf.  Soos die deegband om my  middellyf.  – Ouderdom is ‘n liederlike ding.

Nietemin, ek  het die harde bolle in die muffinpanne ingeforseer en gebak.  Die kinders ken die dril – as ma iets bak, sal hulle dit eet en daarrvan HOU.

So ek het nou saam met die kinders die rots-kaasmuffins verorber, en nou gaan ek bad en dan gaan ek in die bed le en horror fliek huur op Box Office.

Dit behoort my voor te berei aan die Hoof se inval later.

Ek skry dan later weer

 

 

 

Profile photo of PATTY

by PATTY

Nou Wonder ek net

February 8, 2016 in Uncategorized

Goeiemore  Mense

Ek was vanoggend by die Dermatoloog – ek het ‘n aaklige sweer op my gesig.  – Ja, dit lyk vrek lelik en ek kry vrek skaam om so in die openbaar te verskyn.

Dus, as laaste alternatief is ek dokter toe  (- en die skoonmaak met die alkhohol deppers was ‘n traumatiese ondervinding net vir die rekord)

In elk geval, ek skrywe nie vandag oor swere en martelings aan die hande van ‘n dermatoloog nie – nee.  Ek skrywe oor wat VOOR dit gebeur het.

Terwyl ek toe nou so sit en wag met my ou bewerige broek – gryp ek die naaste boek op die ou tafeltjie om my aandag van my vrees af te trek.

Dié handel toe oor “Champions for Christ” – Prag boek, – mooi fotos en beskrywings van ons eie, en ander lande se sportlui met hulle geloof sterk geanker in Christus

En, soos dit met bekendes saamgaan ken ek nou meeste van die atlete.  EN soos ek blaai deur die boek vang my oog hier en daar ‘n persoon wat met die jare saam – wel – seker so effens afgewyk het van sy sterk geankerde geloof?

Toe sit dit my aan die wonder.  HET hulle afgewyk van die geloof, of was dit bloot die LEWE en sy euwels, omstandighede en dalk gebeurtenisse  wat gemaak het dat die anker bietjie losgekom het?

Ek veroordeel nie.  Ek het te veel foute myself.

Ek loop rond met so piertsie wraak in my hart – ek is allesbehalwe ‘n voorbeeld soos ‘n voorbeeld behoort te wees.  Maar ek WONDER.

Hoekom dan?  Faal jou geloof jou?  Het dit nie meer dieselfde waarde as voorheen nie?  Dink mens jou geloof is so onwrikbaar dat, al doen jy hier en daar iets  verkeerd, dit tog aanvaarbaar sal wees as jy om vergiffenis vra?

Ek het altyd geglo die Vader stuur dinge oor die wee omdat Hy weet ons kan dit Hanteer en Oorkom.  Ons is sterk so gemaak, in staat.

Meskien is dit toetse vir ons geloof?

Meskien is dit om ons juis bewus te maak dat ons enigiets kan oorkom met die krag wat ons van Hom en Sy genade kry.

Ek weet nie.  Maar ek wonder.  (Bygesê ekw onder  met die grootste respek – vergewe my dus as ek iemand aanstoot gee met my gewonder)

– Op ‘n ligter noot, ek sien myself vandag as ou Job.

Ek is nou oppad om ‘n ashoop en ‘n potskerf te loop soek om die sweer op my gesig mee te krap.

Ek skryf later weer.

 

 

 

 

 

 

 

 

Profile photo of PATTY

by PATTY

Nog ‘n Ontwaking

February 3, 2016 in Uncategorized

Goeiemore mense.

Ek is sover half-Patty-nog-half-Medusa  – Ek het al hare gekam, helaas, ek is niks sonder grimering nie

My ADSL modem ding is weer in een van sy lollerige buie, dan is hy af, dan is hy aan.  Op die net, dan weer af van die net.

NES ek dink:  “Ek ruk NOU die drade uit en gaan koop ander een darnit ”  –  Woeps – werk Ta skielik weer.  – Ek dink hy lees my wraakgedagtes : /

Dus!  – Hy werk.  – Ek skryf.

Terug by MY.

Ek is nog steeds kwaad. *gaap!!*  maar ek voel darem al meer gemotiveerd om iets daaraan te doen.

My eerste stap  – Ek het my senuweepille versterk – so ek is kwaad maar ek is kalm.  Is dit goeie teken?  NEE.  As ek kalm is is ek gevaarlik.

Ek is steeds besig om aan ‘n wraakplan te werk.  Ek kan myself nie help nie, ek het al alles probeer –  Bloedoortappings, Enemas – ek bly dieselfde voel.

Wat bydrae tot my woede is die feit dat ek NIE ‘n wraaksugtige mens was nie.  En ek se vir myself “Jy is NIE so soort mens nie – laat dit gaan en beweeg aan”  Helaas Pyn het my verander.  Ek WIL nog nie laat gaan nie.  Ek soek ‘n verduideliking.  Ek soek ‘n verskoning.  Nie ‘n “dit-kon-erger-gewees-het-nie”

Want dit was nie nodig nie. Ek het nie gevra vir dit nie.

En ek weet ek is nie die eerste of laaste een nie, maar ek is HIERDIE een en ek moet nou daarmee deel en dis moeilik.

Almal se tyd sal dit beter maak, ek voel al ‘n jaar so.  Hoeveel tyd dan??  Ek gaan na alles plastiese snykunde nodig he om die 10 jaar se veroudering in een jaar weer te herstel demmit.  En ek het nie geld vir plastiese snykunde nie – eks klaar Medusa – hoeveel tyd gaan ek nou moet bestee om in die openbaar te verskyn sonder dat kinders begin huil?

Ek is nie seker of ek gaan beter voel as ek weet die partye  is gestraf nie – vir nou laat die vooruitsig daaraan my ietwat beter voel.

Is ek verkeerd om so te voel?

Dalk.

Dalk nie.

Ek gaan nou huis skoonmaak en daaroor dink.

Ek skryf later weer.

 

 

 

 

Profile photo of PATTY

by PATTY

‘n Dom Patty

February 2, 2016 in Uncategorized

Ek IS toe so dom soos ek lyk, en ek is lyk my nog hopeloos  met die blog gedoente

Ek wil graag ander mense se skrywes ook onder oog kry – maar waar kry ek dit? (Moenie lag nie)

Ek was so vol mission toe ek nou begin skryf het – tot op hede het ek dit darem reggekry om al 2 poste die lig te laat sien – helaas is dit AL

Hier is so baie goed op die ‘dashboard’ ek voel verlore

Enige raad waar ek meer kan leer ?

Intussen sal ek hier rondstrompel en kyk of ek iets regkry

Ek skryf later weer.

 

 

 

 

.