Profile photo of PATTY

by

Ontwaking

January 22, 2016 in Uncategorized

Letterlik en Figuurlik?

Ekt vanoggend ontwaak in normale Medusa staat – Ons gaan nie daarop in nie. 

En – ek het ontwaak uit my giftige sluimer.  – Daarop sal ek wel voortborduur tot lesers se spyt.

Kyk ,dis nie te sê omdat ek erken het ek het klein woede probleempie, dat alles soos mis voor die son verdwyn het nie – ek is nog steeds blerrie kwaad.  Om als te kroon is die HOOFpyn wat besluit het ek kort nog ‘n skaduwee die laaste ruk, ook al weer met my saam.  (Ek haat hom – net vir die rekord) (EN ek haat hierdie demm auto correct ding op die rekenaar net so baie – hy is my groot enema ENEMY – sien – daar doen hy dit weer)

Soos duidelik opgemerk kan word is daar BAIE haat, woede en frustrasie hier te bespeur.  Die Slimmes reken dis ONGESOND om so te lewe.  En al is ek nie juis gesondheids fanatikus nie – wil ek nou darem nie onnodige plooie veroorsaak deur ‘n bek wat heeltyd op stywe streep, of oë wat agterdogtig op skrefies getrek is nie julle weet.  ( Mense is klaar bang om my te benader oor ek glo so “streng” lyk – en ek wil nog kleinkinders hê wat my NIE bewend Juffrou Rottenmeier noem en die koekies en lekkers stilletjies uit vrees vir vergiftiging in die asdrom gooi nie. )

DUS – Ek sal die ou Slimmes se raad volg en ‘Gesonder’ probeer word. Die giftige “junk in my trunk”  (probeer) wegwerk stuk vir stuk.

Die Kwaadgeit het verdere negatiewe invloede op my.  Wel, vir een, ek IS Negatief – sommer in die algemeen.  Oor Alles.

Dan: Ek rook te veel.  (Goddank gebruik ek nie alkohol nie – nog nie – maar ek het so effense probleempie met die hoeveelheid hot chocolate wat ek inneem)  Ek EET te veel. Ek slaap te min.  Ek Dink te veel.  Ek stel goeters uit.  Ek vertel myself dinge wat seker nie HALFPAD so erg is as wat ek dit laat klink nie. – Dan glo ek dit.  Ek is lus vir niks. Ek dan is ek weer TE lus vir sjokelade en sulke goed.  Ek misbruik seker so klein bietjie my arme kruie kalmeer pilletjies.  En so aan en so voorts.

Nou WAAR presies begin mens nou die junk sorteer en uitgooi?  Moet mens teruggaan na die begin van die probleem?

Ek dink dit kan werk!  Gaan terug na die oorsaak en slaan die persoon in ‘n pulp in!

– Okay, die Slimmes reken dis onwettig en kan teen my gebruik word as aanranding.  So dis uit.

Maar jimmel mense!

–  Ek soek revenge!  Is dit verkeerd om so te voel?

Ek weet dis seker nie die antwoord nie maar kan mens nie net “n PERSENTASIE  revenge pro – rata uitwerk nie?

Ek sien hierdie gaan moeiliker wees as wat ek gedink het.

Ek dink ek gaan eers bietjie hot chocolate vat en my kruie pilletjies misbruik – ek skryf later weer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

3 responses to Ontwaking

  1. hehehehe… nou is my kop ook seer! Eish… die lewe is nie vir sissies nie

  2. Hallo Tina 🙂 Nee wat – moenie oor die kopseer bekommer nie – ek dink ek het dalk kruiepilletjies daarvoor ook. … ek stem heelhartig saam met jou – maar ons is taai.ne?

  3. @parerina Ratel taai!

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *