You are browsing the archive for 2016 January.

Profile photo of PATTY

by PATTY

Ontwaking

January 22, 2016 in Uncategorized

Letterlik en Figuurlik?

Ekt vanoggend ontwaak in normale Medusa staat – Ons gaan nie daarop in nie. 

En – ek het ontwaak uit my giftige sluimer.  – Daarop sal ek wel voortborduur tot lesers se spyt.

Kyk ,dis nie te sê omdat ek erken het ek het klein woede probleempie, dat alles soos mis voor die son verdwyn het nie – ek is nog steeds blerrie kwaad.  Om als te kroon is die HOOFpyn wat besluit het ek kort nog ‘n skaduwee die laaste ruk, ook al weer met my saam.  (Ek haat hom – net vir die rekord) (EN ek haat hierdie demm auto correct ding op die rekenaar net so baie – hy is my groot enema ENEMY – sien – daar doen hy dit weer)

Soos duidelik opgemerk kan word is daar BAIE haat, woede en frustrasie hier te bespeur.  Die Slimmes reken dis ONGESOND om so te lewe.  En al is ek nie juis gesondheids fanatikus nie – wil ek nou darem nie onnodige plooie veroorsaak deur ‘n bek wat heeltyd op stywe streep, of oë wat agterdogtig op skrefies getrek is nie julle weet.  ( Mense is klaar bang om my te benader oor ek glo so “streng” lyk – en ek wil nog kleinkinders hê wat my NIE bewend Juffrou Rottenmeier noem en die koekies en lekkers stilletjies uit vrees vir vergiftiging in die asdrom gooi nie. )

DUS – Ek sal die ou Slimmes se raad volg en ‘Gesonder’ probeer word. Die giftige “junk in my trunk”  (probeer) wegwerk stuk vir stuk.

Die Kwaadgeit het verdere negatiewe invloede op my.  Wel, vir een, ek IS Negatief – sommer in die algemeen.  Oor Alles.

Dan: Ek rook te veel.  (Goddank gebruik ek nie alkohol nie – nog nie – maar ek het so effense probleempie met die hoeveelheid hot chocolate wat ek inneem)  Ek EET te veel. Ek slaap te min.  Ek Dink te veel.  Ek stel goeters uit.  Ek vertel myself dinge wat seker nie HALFPAD so erg is as wat ek dit laat klink nie. – Dan glo ek dit.  Ek is lus vir niks. Ek dan is ek weer TE lus vir sjokelade en sulke goed.  Ek misbruik seker so klein bietjie my arme kruie kalmeer pilletjies.  En so aan en so voorts.

Nou WAAR presies begin mens nou die junk sorteer en uitgooi?  Moet mens teruggaan na die begin van die probleem?

Ek dink dit kan werk!  Gaan terug na die oorsaak en slaan die persoon in ‘n pulp in!

– Okay, die Slimmes reken dis onwettig en kan teen my gebruik word as aanranding.  So dis uit.

Maar jimmel mense!

–  Ek soek revenge!  Is dit verkeerd om so te voel?

Ek weet dis seker nie die antwoord nie maar kan mens nie net “n PERSENTASIE  revenge pro – rata uitwerk nie?

Ek sien hierdie gaan moeiliker wees as wat ek gedink het.

Ek dink ek gaan eers bietjie hot chocolate vat en my kruie pilletjies misbruik – ek skryf later weer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Profile photo of PATTY

by PATTY

Ja nee Kyk

January 21, 2016 in Uncategorized

Ek se toe vandag vir myself “Paterina – dis tyd dat jy jou prioriteite regkry.  Dié gif moet uit. – jou gat is al half gegrou – een van die dae val jy in jou eie graf”

Maar nou STRY ek. – Meskien WIL ek in my eie gat val. Ek is moeg van my eie motto “HOU NET JOU POSE” – en my kruiepilletjies wat my bloeddruk moet beheer, raak duur,. – Ek dink kruie val seker onder groente of iets. Kos ook nie meer ‘n appel en “ui” nie. (ja, ek weet dis eintlik ‘ei’ – maar ui pas mooier by die groente deel)

Om terug te kom by my gat – Eks kwaad.  Vir die hele demm wêreld.  My lewe is soos ‘n wasmasjien op die “spin cycle” – en ek dink ek het iewers my houvas verloor.  Vandaar die vrees dat ek in die gat gaan val.

Nou kyk, ek’s nie meer jonk nie, maar demmit, eks ook nog nie oud nie.  Ek’s nie naastenby ‘n skoonheidskoningin nie, maar ek het  soms nog die waagmoed om  soos ‘n pou met ‘n perm al gatswaaiend in die straat  af te stap – sonder om ‘n oog te knip oor al die opgetrekte wenkbroue  – (En – NEE ek dra nie te-klein klere of te min klere nie – ek hou van my gotiese voorkoms en er,ek oordoen dit seker somtyds so effens – mense dink seker eks verwant aan Batman, want ek dra ‘n pierts te VEEL swart en eienaardige juwele – ek kort nog net die masker effek  – maar dit daar gelaat)

Helaas na al die stryery met myself, moet ek erken ek moet die uitlaatklep oopmaak – hierdie woede in my voel al soos Etna – dit kook gevaarlik – en mens moet ook nou nie vir Beëlsebul onnodig idees gee nie.

Ek hoop my skrywery kan my greep op die uitlaatklep versterk – om hom oop te maak.

So hierdie dan die storie van Paterina, die gotiese vlermuis en haar gat.

Ek moes seker êrens begin – van hier af sal dit seker makliker gaan.

En nou gaan ek aan my grot se dak hang en slaap

Ek skryf later weer.

 

 

 

 

 

 

Profile photo of PATTY

by PATTY

Hello world!

January 21, 2016 in Uncategorized

Welcome to LitNet Blogs. This is your first post. Edit or delete it, then start blogging!