Profile photo of PATTY

by PATTY

Nuwe Jaar Ou Wonde

January 24, 2017 in Uncategorized

Maande het verbygegaan.

Die nuwe jaar in.

Ek staan steeds versteen met die kis in my hande.

“Dit wag vir jou”  – Bondel-Ek se hand swaai voor my gesig.  “Om oop te maak.  Hy wag vir jou om te sê maak oop – AS jy guts het”  Die sigaretrook laat my neusvleus sper

– draai dan vreemd om die kisdeksel.  “Ek het guts.  Ek wil dit net nie sien nie.  Ek weet”

“Jy weet nog nie genoeg nie”  Bondel-Ek betrag my skewekop – skrrefoog   –   “Waarvoor so bang – jy is altyd so hardegat – nou bang vir jouself?”

“Eks gin bang nie.  Eks net nie meer lus nie.  Gee my een van jou sigarette”

“Maak eers oop”

Ek soek net genade.  Net dit.  Die deksel gaan oop.

“Dis leeg?”

“Mmmm – lyk my jy het eindelik iets reggekry prinses. – Dis agter jou.”

Sy staan weer voor my.  Haar oë is nie meer so swart nie.

“Ons was so jonk en naief – wou wegkom maar ook bly.  Wou in opstand kom maar vrede hê,  onsself gesoek maar verdwaal.”

Sy hou haar sigaret uit.  Ek vat dit dankbaar.

“En toe donner Ek alles op”

Sagte laggie. “AMPER.”

“Maar Ons was okay –  jy het gesien.  Na ons uit die put uit gekom het.  –  Liefde., Man, huis, kinders.- tot my eie hondjie. — Alles het weer opgemaak vir alles”

Sy smaal bietjie.  “Ja wel, –  weer – AMPER”

Demmit.  Ek moes geweet het.

Sy sweef verby my – wys vorentoe.  “Kyk”

Sjit.  Dis nie ‘n kissie nie.  Dis ‘n Hangkas.

“Baie jare.  Baie demons – Nê  – maak oop,  die Amper lê daar binne”

 

 

 

 

 

Profile photo of PATTY

by PATTY

Ver Ver terug

October 17, 2016 in Uncategorized

Ek het die laaste laai seker bietjie hard toegebliksem.  – Ek vra omverskoning.  – Onthou-frustrasies.

Jy onthou as jy nie WIL onthou nie.  Dan vloek mens en frustrasie lok ongevraagde hardhandigheid uit.  (Tog hoop ek die laai is so hard toegeklap hy sal nie weer KAN oop nie)

Party van ons recover nie so vining van emosionele pyn nie.

Bondel-Ek lyk min gepla.  “waarheen nou?” piep ek

‘Ons gaan vorentoe – ver terug – jy moet gaan kyk – daar.”

Ek brom nors ek wil nie – sleepvoet tog agterna.  “Hier”  Haar mou se sliert vee oor my gesig toe sy beduie na iets op die grond.  ‘n Piepklein Houtkisse.

“Sjit,, dis vrek mooi”   snak ek.  My gedagtes sê dadelik vir my dis klein – daar kan nie veel daarin wees nie.  En dis beeldskoon.

“Hmmm”   Haar aansteker kliek terwyl ek op my kniee neersak voor die kissie.  Ek gaan sit soos kind met voete agtertoe . terwyl ek die kissie optel.  “Hoe werk hy?” vra ek half oor my skouer.  Geen antwoord.  Demmit Bondel.  Dis al weer net ek met die kis in my hande.

Ek sukkel om agter te kom hoe die affêre werk wat hom ontsluit.   Draai, vroetel, skud hom langs my oor.   Beskou hom van naderby,   Aha moment. –  Daar steek klein pennetjie langs die kant uit.

Ek moes geweet het.

Klein Kissie Groot stront.

Want ek is skielik weer 13 jaar oud.  En terug in ons tuin.  Ek sit en snik voor ‘n bondel grond.  Niemand weet ek sit hier nie, dis agter die groot bos in die hoekbedding.  En ek huil oor Karel.  Hier het ek hom begrawe.  My rondloper kat.  Swart, maer verweerde Karel. En ek het die aardsonde gepleeg deur hom kos te gee.  Pappa het dadelik gesê die kat moet skoert.  Ek het geweet al was mamma streng was haar hart week vir diere.  En ek het gesmeek.  Asseblief Mamma, kan ek nie vir hom kos gee nie – ek belowe hy sal buite bly.  Hy ken my.  Hy kom sê elke dag net hallo.  Ek belowe Mamma, regtig!    En Mamma het ja gesê.

Ek het die klein pieringkie vol kos buite gaan neersit en die middag na skool gewag vir Karel om hom te vertel hy was nou myne en hy kon bly by my.

Maar Karel was dood.  Pa het vir hom gewag – en hom doodgemaak.  En mamma het geweet.  Gesê dis beter so, hy was oud en verniel.

Ek was dertien jaar oud.  Ek sou vir Karel lief wees, hom gesond kry – hy was myne.  En hulle het hom doodgemaak.  Hoe verstaan ‘n kind verraad?  Die grootmense-se-goed-bedoelde-verraad.  Ek het ‘n klein tuintjie bo-op sy graffie gemaak.  Net gesit en huil.  Oor Karel en oor Mamma se verraad.

Dit was die begin van vele verrade.  Ek was een van vier susters.  Altyd die kind wat  vir mamma wou wys ek kan ‘n gehoorsame kind wees.  Punch gevat vir my susters se rebellies teen mamma.  Onnodige slae gekry.  Geen verskoning OOIT as die waarhede wel uitgekom het nie.    Want mamma was altyd in haar kamer, met ‘n snaakse reuk as mens daar verbysluip.

Later sou ons leer dis whiskey.  En pille.  Ons mag haar nie pla nie want sy moet rus.  Maar hoekom Pappa?  vra ek.  “Sy is siek”  sê hy net.

Ek hardloop weer in TARA se gange rond – pa het ons na mamma gebring waar sy in die “hospitaal”is.  Sy is siek en moet gesond word.  Ons het ons besig gehou en gange verken en ons verkyk aan die ander “siek’ mense.  Mamma het nie gepraat nie.  Sy het soos die ander siek mense gelyk – ons het nie gedink sy weet ons is daar nie.

Ek is amoer 17.  Mamma is beter, maar sy raak nog af en toe siek en sluit haarself dae lank in haar kamer toe.  Ek verstaan nou beter.  Dis oor ons nie luister en haar gelukkig maak nie.  Die kinders by die skool lag vir my ma.  Ek vat nie meer maats huis toe nie.  My susters maak op vir my part en voer steeds rebellies teen die gesag uit met kêrels by dosyne.  Ek bly glo ek moet beter vaar – mamma sal gelukkig wees as sy sien ek probeer   – ek moet aanhou.

En dan sien ek myself.  Klaar met skool.  Wat nou.

Pa se ek moet gaan werk.  Ek gaan werk in die dorp se supermark.  En ek haat dit.  Ek haat die dorp.  Ek haat die mense. Ek haat my ma en my pa.  Maar ek bly by mamma.

Ek smyt die kis op die grond neer.  Ek wil nie verder sien nie

Want ek WEET wat kom.

“Ek wil hier uit!  Hoor jy my?” skree ek in die donker in.

Net stilte as antwoord.

Ek ruk soos ek skrik toe ek afkyk.

Die kis le weer in my hande en my keel trek toe soos die deksel weer begin oplig

 

 

Profile photo of PATTY

by PATTY

Nar-sis-me

October 16, 2016 in Uncategorized

Tyd spandeer in die hede.

Dis ‘n hele ruk sedert ek met Bondel_Ek gepraat het – en ek erken – ek mis die gevoel wat ek ervaar met haar.  Sy maak dinge duidelik?  Dalk nie

Ek moet terug.

Die laaste laai was ‘n slegte plek.  My laaste besef  – soos sy gese het – dit wat ek gedink het daar was  – was nooit daar  nie.

Ek hang oor die gat – skree  Is jy daar?  – Nie dat ek wag vir antwoord nie.  Ek het weer ver geloop in my drome.  Baie dooies besoek.  En in  verskrikte hiperventilasie besef ek is wakker.

– My gedagtes bly egter agter in die drome.    Bondel – Ek is ook terug in my kop.

Haar plek steeds misterieus en donker.  Ligte veraf in die niet.  Ek mik daarvoor.

Die nikotien reuk slaan in my neus op

“Jy’t geweet ek kom – gin mens kan jou suprize nie”‘

Die aansteker kliek.  ” Maar gewag tot jy klaar jou hede-dans dans – ekt geweet jy sou verder kom soek.”  Sy skuur verby my, lang swart slierte agterna soos hande wat wink.  “kom dan” se sy oor haar skouer.  Skapie na slagpale weer.

Sy stop so skielik slierte slaan teen my vas.  “Hier, Maak oop”   Die kas is selfs mooier as die voriges.  ” – Hoe mooier bo-op hoe leliker binnekant  ”  dink ek.

” Jy weet jy sit met ‘n narsis in jou lewe”  Stelling – dis nie meer ‘n vraag nie.  “Met ‘n narsis is alles bolängs mooi”  sigaretrook maak ‘n draaiende streep agter haar hand aan – “maak oop – kyk daar binne

Watter een?  Mak oë toe – voel voel – eerste handvatsel wat ek raakvat trek ek oop.

Terug.  Van rehab af.  Eks skoon.  Droog soos hulle sê.  Dis stil in die kar oppad huis toe.  Ek weet nie of ek wil teruggaan, aangaan nie.  Hy se net : “ons begin nou van voor af”

Tuis.  My huis. Alles is deurmekaar – lag vuilheid oor alles. Hy ry.  Los my daar – ek weet ek word “toegesluit”  –  ek mag nie alleen uit nie.  Meskien goed so.  Hy wil my help.

Vat hier, los daar.   Maak die yskas oop. Die inhoud slaan my soos vuishou.  Eks alleen.  Met ‘n hele yskas vol drank.

Ek val soos ‘n klip in ‘n put af.  Val, val, val.

Dis soos orkaan wat afwaarts werk.  En hy en sy familie is deel van die orkaan.  Stukke word uit my lyf gepluk.  My siel word verpletter.

WOU hy my help of WOU hy my net daar hou – daar waar ek moet aanhou pleit en dankbaar wees vir nog ‘n kans?

Die hele put is vol drank.

En dan slaan ek bodem.  Harde grond.

En ek kan staan.  Ek iseers verbaas want ek besef ek staan alleen en ek val nie

“was jy toe al daar?” ek draai om na haar.

Haar lip krul terwyl sy die rook uitblaas.  “Natuurlik”

“En jy het geweet ek kon alleen aangaan.  Hoekom nie toe al vir my daar uitgevat nie?”

Sy trek ‘n wenkbrou op  ” en mis al die aksie daarna?  Soveel laaie wag nog”

“Kom.”

 

 

 

 

 

Profile photo of PATTY

by PATTY

Vlug of Vlug?

August 16, 2016 in Uncategorized

“Ek wil nie sien hoe die drank die blomme doodgemaak het nie”

Bitter gal stoot steeds in my keel op as ek dit moet onthou.  NEE.  Dit was dekades gelede.   Oor en uit.  Ek het aangegaan – blerrie goed ook.

Bondel-Ek lyk effens minder hard.  “Nou goed, ons los dit daar vir eers – daar is nog baie, kom.”

Asof van nêrens is die volgende laai daar.  Hoewel mooi, is die handvatsel amper soos ‘n klou.  Ek staar nog daarna toe dit uitskiet en my hand gryp.

Ek rem aan die handvatsel.  Eks los.  – Die laai is oop.  – Bondel-Ek het iewers tussen die droewige rookkrulle verdwyn.  Sjit.  Eks alleen voor hierdie laai.

En ek sien die tyd het aansienlike vlug geneem.

Ons is in ons eerste huis.  ONS sin.  Ons is nou vier in ons nuwe huis.  Steeds ons twee en twee produkte van ons saamwees.  Met my drankduiwel verslane is ek weer op volspoed.  Ek gedy in my rol as ma.  As vrou van die huis.  Ons is nie ryk nie maar ons is gelukkig.  Ek lag vir myself.  So onkuldig steeds.  So naief steeds!    Ons gaan ons huis mooi maak.  Ek en Hy.    En Hy sê:  ”  Ons maak nou SO hier, en SO daar, en dan maak ons daardie deel sus en so aan en so voorts ”   Dit was nooit ‘n  vraag of insluiting in sy planne nie besef ek nou wrang.  HY het gesê.   HY het so gemaak.  EK het gevolg en hom aanbid vir sy knap insette.  Ek sien myself tralies aandra, Ek help dakke bou.  Ek breek mure uit.  Ek was deel van die uitvoer van die planne – dit was net nie MY planne nie.  Maar sy plan het ek saam met hom uitgevoer.  Tog was dit TOE goed so ook.  Ons kinders kry hondjies.  Ons is doodnormaal.  Werk hard vir wat ons het.  Doen alles self.  Trots.  Gelukkige gesinnetjie.  En ons vreet viskoekies want daars nie geld vir luxuries nie.  Maar ons is gelukkig.

En ek sien hom weer soos gister – hy het hard gewerk aan ons huis.  En dit IS mooi.

Dan draai dinge.  Hy – ons – maak ‘n gesamentlike  u-draai.  Want hy wil vir homself werk.  Hy KAN en hy gaan.  En ja hy het.  Hy het.  En ja die viskoekie budget het NOG gekrimp.  Nou is daar MINDER as niks.  Maar ek hou uit.  Hou my werk.  Hou ons aan die lewe en sy droom lewendig so goed ek kan.  Ek word die balk wat alles dra.  Sonder dat ek weet. leun almal op die balk.  En die balk buig en kraak – maar hy breek nie.  Hy kan nie.  – EK kan nie.  Sy droom moet lewe.  Myne kan wag.  Tog is dit steeds goed so.

En ek sien hom weer – onseker jonk – maar tog so vol missie en ambisie.  En sy skaam-eerste-trots toe erkenning en sukses begin lewendig raak in sy droom.  En my hart swel saam trots.  So trots op hom.  Ek kyk dieper in die laai.  Daars iets wat skort.  ” Hou op krap ”  –  Ek ruk soos ek skrik   –  Bondel-Ek leun teen die laaikas, beduie met die sigaret na die oop laai  “Dit WAS nooit daar nie – sien jy NOU?  – Besef jy NOU?”

En my oë begin brand want ek WEET  sy is reg.

 

 

 

 

 

 

 

Profile photo of PATTY

by PATTY

Balans ?

August 10, 2016 in Uncategorized

” Ek wil nie sien nie ”

Net ‘n sagte laggie as antwoord.  Bondel-Ek.  Nou in beheer, en Ek is nou die patetiese bondel.

” Hier ”  Dis ‘n sigaret.  Aangesteek.  Ek gryp dit amper.

” Kom.  Tyd vir jou stroll down memory lane.  Probeer byhou”  Sy lyk nie meer so dreigend nie.  Meskien omdat sy weet ek is niks in haar wêreld nie.

Tas rond en kry houvas aan een van die lang swart slierte van die rok wat sy aanhet.  Sy sweef  – ek volg.  DIe skapie na die slagpaal.

Deur digte droewige rook-krulle.

Dan lig.  Helder.

Ek staan weer in my geblomde rok in my piepklein eersste EIE-Kombuisie.  Was skottlegoed.  – Tevrede en trots.  MY klein kombuisie – MY klein huisietjie.  Alles Myne en Syne.  Ons baba doodtevrede – met sy kleinboet groeind in my.

My Ma is dood.  Ek is 25.  Tog is ek steeds vol moed – ek het vir hom en ons babas.  ONS is sterk.  Die Nuwe Kleine soos tasbare belofte binne my – Mamma is dood – maar ek het nuwe lewe om te vier.

Bondel – Ek staan skielik langs my.   ” Kyk hoe mooi is ons.  Jy dra blomme.”

Ek rol my oë as ek na ons kyk.  Nou.  Albei in Swart.  Rou ons?

” Tja, niks meer om te vier nie nê? ” voltooi sy weer my gedagtegang.  “Ons is oud.  Verniel en verweer deur ‘n leeftyd se houe”

” Eerste ding wat jy praat wat sin maak ” merk ek droog op.

“So vertel my – wat gaan aan hierso?” sy beduie na die geblomde prentjie.

Maar die blomme op my rok het verwelk sien ek.  Hulle is swart en droog.  ” Ek het nog STEEDS hoop gehad hier jy weet ”  – ek sê dit vinnig voor sy  weer sjit opmerkings kan  maak.  Maar sy doen dit in elk geval.

” Die blomme het gevrek.  Jyt hulle versuip in drank.”

JA.  Ek het, dink ek bitter.  Net EEN van die harde houe op ‘n jongvrou lyf.

“Jy kon daardeur kom?  Wat maak dinge 15 jaar later dan so anders? ”

” Kom,   Daars nog laaie.  Ons het nou eers begin ”

Die gif van al die onthou gaan my doodmaak dink ek.

 

Profile photo of PATTY

by PATTY

En SO begin dit

July 27, 2016 in Uncategorized

Ek het LANK voor die kas gestaan.

Ja want ek was bang vir die laaie.  Ek was bang vir myself in die foto.  Ek is bang vir frieken alles.  Maar – my Kwaad verdryf tog toe die Bang

Die kersrook is weer lewendig.  Krul om die handvatsel van een van die laaie.  Kan mens nie maar net bo begin en afwerk nie.?  Moes geweet het dit gaan ook weer deurmekaar-onderstebo besigheid wees.

Diep asem.  Sjit.  Ek kort een van die Bondel se cigarettes.

Asem uit.  Hand uit.  Klem om handvatsel.

Dit voel of die wêreld skielik duisel toe ek die laai ooptrek .

Die slag wat volg word opgevolg met ‘n helse bliksemstraal.  –  Eks okay!  besef ek.  Eks net nie meer voor die laai nie.

Inteendeel,  Eks in ‘n kerk.  Met my flippen trourok aan.  Droom ek?  Sjit, my ma het altyd gesê as jy droom van ‘n bruid gaan iemand dood.  Sê nou dis ek.  Dis hoekom ek droom van myself in ‘n trourok.  Die orrel ruk my terug – kliphard in my ore speel die troumars.  My pa is langs my.  Ek loop soos skaap saam met hom af in die paadjie. Dis ver.  Ek wil vinniger loop maar my pa hou my terug.  “Stadig” se hy rustig.  Watse gerustig is dit?  Flippit ek wil daar voor kom – by HOM uitkom.  DIs al wat ek sien.  Eindelik is ons daar.  HY gryo my by my pa.  Alles is so anders as wat mens gewoonlik sou doen.  Pa het nie eens tyd om my behoorlik af te gee nie. Dis nie heeltemal volgens die boek nie maar dis orraait.  Eks langs HOM en hy gryp my hand besitlik en trek dit deur sy arm.

Praat vinniger!! Dis wat ek vir die dominee wil skreeu.  Ek hoor NIKS wat hy se nie.  Ek weet net van HOM hier langs my.   Ons arms inmekaar en hy klem my hand styf vas.  Dit voel of hy ‘n reus is wat die hele plek vol staan.  Dis NET hy daar en hy is langs MY.  Twee stukke klei wat smag om een stuk te word.

Is dit liefde?  WAS dit liefde?  Op hierdie stadium voel ek “was” beskryf dit beter.  Maar hier is ek tog.  Ingesuig in hierdie helse borrel waar dit net ons twee is, – binnekort EEN..  Dis al waaraan ek kan dink.  Vir altyd saam met Hom in hierdie borrel.  Salig.  Tevrede.

Die dominee se stem kom van ver af aan “….. wat is jou antwoord? ”    “JA ek sal”   skree ek amper. So hard dit eggo terug

“Ek sal .. ek sal .. ek sal  ….. ”

Die eggo rol terug en slaan in flitse teen my vas.  Nog flitse volg.  Een op die ander.  DIt gaan vining – ek sien ‘n piepklein woonstel, ‘n baba, ons in die woonstel met die baba – dis alles mooi prente.

Dan staan ek skielik weer in die kerk se deur in my trourok.  Alleen.  En iemand is dood.

Dis my ma.

En in my groei ‘n nuwe lewetjie.

Maar ek is terselfdertyd verpletter.

Ek wil nie meer sien nie.  Ek soek na die laai om hom toe te klap.

Skreeu.  Want ek kry hom nie.

En dan staan sy voor my.  Bondel-Ek.

Sy blaas ‘n rookbol na my.

“Nou is jy in MY wêreld engel.  Ek het BAIE om jou te wys”

 

 

 

 

 

Profile photo of PATTY

by PATTY

Fassinerend

July 19, 2016 in Uncategorized

Ek sukkel steeds om my staan te hou – maar iets aan die My in die foto het my gefassineer  Wat lê in die laaie?  Herhinneringe.  Dis seker wat.

Wie wil onthou van van hulle Seer, hulle sondes, swakhede,  en wraakgedagtes? -. Maar :

Die Vrees van onthou loop soos gif deur die liggaam en vind weer lêplek in die gedagtes.  ALTYD

In die Bondel-Ek se gedagtes.  En soos ‘n Joan Clayton wil sy my herhinner aan die geveg.  Die satan het nie alleen geval nie.  Sy gesante het saam met hom geval en hulle maak jag op ons  Elke dag.

Ek wonder of sy hulle besweer met sigaretrook ?  Snaakse prentjie

Ek skud dit af en tree terug.  Vir al wat ek omgee kan daar ‘n oseaan tussen ons lê.  Ek soek haar nie in my kop nie.

Ek MOET aangaan.  En alleen.  Ek kan – kan ek nie?

Ek moet hier uit.  Weg van hierdie kas vol geheime.

Die honderde kerse lyk of hulle al helderder brand. Bolle en bolle rook trek lug op.  Ek kyk gefassineerd daarna.

Krul en draai.  Soos wit ink.  Borrel en draai.  Al vinniger.

Ek knip my oë

Sien dit dan – woorde.

“Dis Tyd”

“Dis Tyd om die laaie oop te maak”

 

 

 

Profile photo of PATTY

by PATTY

Misleidende Vrede?

July 18, 2016 in Uncategorized

Ek besef skielik sy antwoord nie

Kyk af, sien water.  Nee.  Dit LYK soos water.  – ‘n Spieël?

Sy is nie daar nie.  Flippen hel.

Ek dink weer aan my oorweging. – Sjit.  Het sy gaan voorberei op ons hereniging?

Onder lyk alles stil.  Geen rimpel op die water-spieël nie.

Dan, ‘n Bevlieging – ek kan af.- kan gaan kyk waarmee sy haar besig hou.

Versigtig, gefokus waaksaam.  Af, af en nog af.  Ek raak die water.  Dis hard en solied-koud, – moet ‘n spieël wees.  Maar ek sien nie myself daarin nie. Van bo af het dit donker gelyk – tog is dit nie.  Daar is wel lig – dynserige lig.  Aanloklike lig?  Dis mooi.  Hier moet IETS wees – waarmee sou sy haar besig hou? – Behalwe vir die ewige sigarette.

My oë raak gewoond aan die dynserige lig.  Een voet voor die ander.  Doodstil.  So anders as daar bo.  Fassinerend anders.  Een voet voor die ander, my geskreefde oë trek nog nouer – ek sien iets.  – Meskien moet ek eerder terug?  Nee sjit.  Ek is nou hier.  En ek wil sien.

‘n Kas?  – Nee, dis ‘n laaikas. En dis beeldskoon!  Effens antiek?  Ek weet nie of dit moontlik is nie maar daar is honderde goed bo-op.  Kerse.  Tussen die flikkering daarvan maak ek fotos uit.  Net soos die kerse meen ek dis hopeloos te veel vir die spasie waarop dit uitgestal is.  Flippit, sy IS anders as ek met die wanordelikheid.  Tog, vreemd maak dit ‘n mooi prentjie.

Elke laai het sy eie unieke handvatsel.  Een mooier as die ander.  Ook antiek.

Die fotos lyk lewendig tussen die flikkerende kerslig.  Kinders, diere, plekke.

Ek grawe een tussen die lot uit.  Dis Ek.  Pragtig in swart.  Groot silwer oorbelle en my mondhoek trek effens op met herkenning aan die bekende silwerketting om my nek.

Dan ruk paniek aan my keel.  Ek in die foto kyk na stip na my.  Ek laat val die foto klaterend op die “spieël” maar niks breek nie.

Alles is nog heel.

Maar ek sukkel om my staan te hou.

Want die Foto-EK het vir My gesê:   “Dis tyd”

“Dis tyd om die laaie te begin oopmaak”

 

 

 

 

Profile photo of PATTY

by PATTY

Die Donkerte Roep

July 16, 2016 in Uncategorized

Ek hang steeds bo – in twee

My donker Bondel-Ek daar onder – ek weet sy wag vir my

Was ek al ooit goed met die REGTE reaksies? Seker nie – te oordeel aan my huidige septic-tank gedagtes nie – soos dit gesê word – niemand weet wat daar gaan uitpeul nie maar jy kan weet dit gaan nie iets moois wees nie

Wanneer presies het sy daar beland? My ander-bondel-ek – die Donker een wat smaal en te veel rook?  Ek hou nie van haar nie.

Maar ek hou ook van haar.  En sy weet dit. Gebruik dit. – Teen my. Sy hou nie van my nie maar steeds hoop sy om my aan haar kant te kry –  EEN te word.  Op te tree.  Sy glo SAAM is ons sterker teen dit wat ons uitmekaar hou.

Maak dit sin?  Natuurlik nie.

Hoekokm dink ek nog daaraan?  Dit maak natuurlik ook nie sin nie.

Ek was nog altyd positief.  Hoopvol.  Sien die beste in almal.  Sien die slegte oor en vervang dit met die moontlike beste.

“En dit maak jou swak”  Ek haat haar onderbrekings in my gedagtegang.  “Ek is die beter een!”

Sy lag sag en ek hoor die aansteker se wieletjie draai.  Flikkering – dan die nikotienreuk wat in my neus opslaan.

“Jy rook te veel”

Ek kry ‘n diep intrek as antwoord.  dan – “Jy doen te min”

“Wat de hel wil jy hê ek moet doen?  Soos jy ‘n bitter pil raak, wat in die donker sit en broei op jou wraakgedagtes? – Dis nie EK nie”

“Dis nie wraak nie.  Dis opstaan vir jouself”

“Sê die een wat daar lê”

Sy antwoord nie dadelik nie. Nog ‘n intrek en uitblaas. Dan –  “Raak jou engelvlerkies nooit moeg nie? Moet baie vat om heeltyd pose te hou daar bo”

“Eks sterk genoeg vir so lank as wat dit nodig gaan wees.”

“Dis al meer as ‘n jaar – Jy hang nog steeds – ons kan hier uit as jy afkom – SAAM”

Sy is reg.  Ek is moeg.  Regverdig dit dat ek los?  Wat as ons NIE hier kan uit nie? Wat as ons wel KAN?

Wat dan.

Profile photo of PATTY

by PATTY

Die Bondel Trag – om te Verduidelik

July 14, 2016 in Uncategorized

Dreigende Interrogasie

VOOR ek die Cracker brand steek sou ek die Bondel-Ek kans gee om te verduidelik.

Ek sê ook so.

Die Bondel-Ek rol nors om na my.  Sakke onder die oë. Vaal vel en ongekamde hare. – lyk ma bra  kakkerig

Ek sê dit nie hard nie – ek dink dit net – vergetende dat ek en Bondel EEN is.  Klaar my gedagtegang gehoor.

Die Bondel knor  “so what”-  en trek ‘n sigaret nader.  Steek dit langsaam aan met afgeslaande oë.  Trek in, en met die uitblaas van ‘n rookbol skiet die oë boontoe.  Reg in myne in.  Uitdagende woede en afkeer.

Ek se – gmph – dit praat!  Nog iets wat jy wil sê vir jouself?

Bondel-Ek skuifel regop.  Half op een arm lê dit – beduie dan na my met die sigaret.  “Jy weet, – Jy, is erger as ek  – Fladder daar bo rond en kyk neer op my – OORDEEL my.  Oordeel my woede oor die Pyn  Maar die Pyn bestaan.  DIs hier” – en asof in bewys van waar ” hier ” is, word die as op die vloer afgetik.  Dit val en spat uitmekaar.  Bondel blaas dit weg.  “Dink net as mens Pyn so kon wegblaas ne?”  Dis meer ‘n stelling as ‘n vraag.

Ek hang.  Luister.

“Okay Engel-daar-Bo, wat wil jy hê van my? – Ah.  Laat ek sien, hoekom worry ek nie, hoekom is ek nie meer soos JY ne.  Hoekom lê ek net?”

“n Minagtende rookbol word uitgeblaas na my.  Bondel sit nou heeltemal regop.  Kruis bene.  “Ja.  Was ons nou nie ‘n wenpakkie nie?  Altyd reg vir alles.  Positief.  Ons motto: – Moenie panic nie – hou net jou pose!  This too shall pass – ons sal hierdeur kom … bla bla al daai crap”

Tik weer as af.  Blaas  weg.  “En toe die panic slaan – wil ek fight en JY wil Gods Water oor Gods Akker laat loop – wys ONS is die beter mens.  ONS kan pose hou.  Aangaan. Vergewe en Vergeet.  Want ons is ONS”

Die sigaret word weggeskiet.  Dan Afgemete  “JY was JY.  EK is EK.  Ons haat altwee gekoekte drade ja, –  inherent is ons EEN.  Jy sê Ontkoek, sort.  Wil JY?  Of moet net EK?  Die drade is gekoek in ons altwee.se koppe.”

Bondel beduie na die grond

“Wat sê jy Engel?  Kom af as jy guts het – dan ontkoek en sort ons bietjie saam”