Hoor my Lied

Mei 21, 2014 in Uncategorized

Leef jou reis, Litnet my ou maat,

Maar hier gaat ek jou verlaat

Sedert 2008 het ek hier geskryf en gekuier

Maar nog langer? Nee ek weier

Ons blogville word oorstroom deur onwettige immigrante

Hul arrogansie grens aan die flagrante

Om komentaar te lewer is ‘n moerse gestoei

Met Captcha se geskukkel wat ek verfoei

Die meeste van my blogmaters het reeds verkas

En nou sit ek hier soos Piet Snot op sy gat

(ok, dit  rym nou nie, maar “bas”

wat wel rym klink darem wragtig

bollie- kinderagtig)

So, liewe vriende wat steeds nog bly

Kom soek my by

Lewies Mymer.Wordpress.com

Ciao Litnet, it was nice knowing you

Toodle-doo!!

 

3 antwoorde op Hoor my Lied

  1. exionperfexi het gesê op Mei 21, 2014

    dinge lyk of dit nou weer regkom hier ? moet asb nie so haastig die hasepad vat nie . die gras aan die anderkant lyk dalk net groener . Ek merk die captcha kodes is weg en ook die meeste van die internasionale spammerige bemarkers ook .

  2. Lewies Mymer het gesê op Mei 22, 2014

    Daar is geen eenvormigheid hier nie, gister kon ek weer eens nie kommentaar lewer by jou nie. Nee wat, die gesukkel het my moer nou finaal gestrip. Ek sal nog gereeld hier inloer maar my aktiwiteit sal hoofsaaklik op WP wees.

Los ’n antwoord vir exionperfexi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.